Amplats veroordeel moord op myner

Argieffoto

Argieffoto

Anglo American Platinum (Amplats) het die moord op een van sy werknemers ten sterkste veroordeel.

“Ons spreek ons innige simpatie uit en gee ons innige meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van die oorledene,” het Chris Griffith, uitvoerende hoof van Amplats, in ‘n verklaring gesê. “Ons sal voortgaan om nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens te werk om te verseker dat diegene wat verantwoordelik was vir hierdie daad voor die gereg gebring word.”

Amplats kon nie bevestig aan watter vakbond die oorledene behoort het nie en sê ondersoeke duur voort. Die mynmaatskappy het alle vorme van intimidasie en geweld veroordeel maar sê hy erken nogtans werknemers se reg om te staak. Amplats sê die werknemers wat graag wil terugkeer werk toe moet toegelaat word om dit te doen.

NUM het vroeër gesê dat dit een van sy lede is wat vermoor is. Volgens die vakbond is die mynwerker met messe doodgesteek in Sondela buite Rustenburg. Hy is glo vermoor omdat hy wou terugkeer werk toe.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het intussen ook die moord veroordeel en sê die dood van een mynwerker is een te veel. “Veragtelike dade van geweld en intimidasie teen nie-stakende werkers noodsaak die betrokke partye in die loongeskil om mekaar te vind en die staking tot ‘n einde te bring.”

Mahumapelo het ‘n beroep gedoen op die publiek om die polisie by te staan in hulle ondersoek. Hy het ook ‘n beroep gedoen op die platinummyne om veiligheid by die werkplek op te skerp.

Meer as 70 000 Amcu-lede wat vir Lonmin, Implats en Amplats werk, het op 23 Januarie begin staak. Die werknemers eis ‘n minimum basiese salaris van R12 500 per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jannie ·

Opregte meegevoel aan die familie. Ek is ook n shop steward maar ek dink die unies moet die werkers op die vloer laat besluit wat die way forward gaan wees omdat n strike begin in sy 7 de dag die werker finansieel uitput. Laat hulle besluit want dit gaan net meer en meer lewens verlies veroorsaak as dit so aangaan. Dink aan die kinders,vroue werkers self al hulle skulde wat gaan nou gebeur. Ek hoop en bid die hemelse vader sal by maandag n oplossing in al die onder handelaars se koppe sit.

jannie ·

Wie is jy wat se ek moet my opmerking verander ag go to hell man

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.