Amplats-werker sterf ná voorval by raffinadery

ʼn Werknemer van Anglo American Platinum (Amplats) is dood nadat hy chemiese brandwonde opgedoen het tydens ʼn ongeluk by die maatskappy se raffinadery vir edelmetale in Rustenburg.

Amplats het gesê die voorval het op 21 Augustus plaasgevind, maar hy het vandeesweek Dinsdag aan sy beserings beswyk.

Ian Botha, finansiële direkteur van Amplats, het sy meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van die oorledene betuig.

“Ons verskaf ondersteuning en bystand vir alle betrokkenes tydens hierdie moeilike tyd. ʼn Onafhanklike en omvattende proses duur voort om die omstandighede te verstaan,” het Botha gesê.

Volgens die departement van minerale hulpbronne is altesaam 73 sterftes in 2016 aangemeld in vergelyking met 77 die vorige jaar. Van die 73 sterftes wat in 2016 aangemeld is, het 27 sterftes by platinummyne plaasgevind en 30 by goudmyne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reinette ·

Sterkte aan die familie. Ons innige meegevoel. Hy was ‘n goeie mens en ‘n goeie kollega

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.