Amptelik: Parlement gaan Nkandla-verslag ondersoek

Nkandla homesteadMax Sisulu, speaker van die parlement, het amptelik aangekondig dat ʼn veelparty-parlementêre komitee aangestel gaan word om die openbare beskermer se Nkandla-verslag te ondersoek.

Die parlement het ʼn kort ruk gelede in ʼn verklaring bevestig dat die komitee uit 12 lede sal bestaan en tot 30 April sal hê om aan die parlement terug te rapporteer. Die komitee sal bestaan uit sewe ANC-lede, twee DA-lede, een Cope-lid, een IVP-lid en een lid wat die ander agt politieke partye in die parlement verteenwoordig. Die komitee kan glo selfs vir president Jacob Zuma roep om te getuig.

Sisulu het besluit om ʼn veelparty-parlementêre komitee aan te wys om Thuli Madonsela, openbare beskermer, se bevindinge oor opgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla te ondersoek. Madonsela het haar finale verslag, genaamd “Secure in Comfort”, op 19 Maart vrygestel. Sy het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings. Sy het ook bevind dat Zuma die land se Etiekwet vir Uitvoerende Lede oortree het. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn persentasie van die geld moet terugbetaal.

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het die aankondiging verwelkom. “Die dapper stap deur die speaker is ʼn oorwinning vir die parlement, die grondwet en verantwoordbaarheid. Dit is iets wat die DA spesifiek verwelkom aangesien Suid-Afrikaners antwoorde kort voor hulle op 7 Mei gaan stem, ” het sy gesê. Die DA en ander opposisiepartye het vroeër versoek dat ʼn ad hoc-komitee gestig word om die “Nkandla-skandaal” te ondersoek.

Intussen het die DA en die Vryheidsfront Plus die aankondiging verwelkom. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.