Amptelike begrafnisse vir Meyiwa en Mulaudzi

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, en Olimpiese silwermedalje-middelafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi sal amptelike provinsiale begrafnisse kry, het president Jacob Zuma gesê.

“Die twee sportsterre het die land besonders goed verteenwoordig by nasionale en internasionale sportgeleenthede en sodoende enorme nasionale trots en eenheid bewerkstellig,” het Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

Zuma het ook beveel dat nasionale vlae Saterdag halfstok hang in KwaZulu-Natal en Limpopo waar die begrafnisse sal plaasvind. Jeff Radebe, minister in die presidensie, sal ʼn huldeblyk lewer by Meyiwa se begrafnis terwyl Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, ʼn huldeblyk by Mulaudzi se begrafnis sal lewer.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroeër gesê hy sal gratis vervoer verskaf aan diegene wat die begrafnisse wil bywoon.

Meyiwa se begrafnis word by die Moses Mabhida-stadion in Durban gehou terwyl Mulaudzi in Muduluni in Venda begrawe sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marco Pretorius ·

Omdat hulle sportsterre was en Suid-Afrika verteenwoordig het, moet hulle amptelike provinsiale begrafnisse kry.

Wat van die plaasboere wat in die afgelope week vermoor is, voorsien hulle nie voedsel aan die hele land nie ? Is hulle lewens so min geag dat die president van Suid-Afrika hom nog nooit daaroor uitgelaat het nie ?

Dit laat ‘n bittter smaak in die mond.

Grassie ·

Ek wag nog steeds op Afriforum om hul skok en medelye uit te spreek t.o.v. die boere wat die afgelope paar dae vermoor is, soos wat hulle met die sokkerspeler gedoen het.

Daar is in my mond ook ‘n bitter smaak.

Babs ·

Hier betaal die belastingsbetalers weer vir die sirkusse wat die begrafnisse voorafgaan. Verniet treindienste, busdienste en seker nog die kos ook. Vir sommige mense is ‘n begrafnis mos ‘n paartie. Een was by sy vriendin en kind terwyl sy ander kind en die ma seker ook vir ‘n besoek gewag het. Die ander een was in ‘n ongeluk, vermoedelik self veroorsaak. Onskuldige boere word sommer net vermoor (miskien deur iemand wat die begrafnisse bywoon) en die regering doen niks daaromtrent.
. .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.