Amptelike brandstofprysverhogings aangekondig

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die amptelike brandstofprysverhogings vir Maart 2019 is bekend gemaak.

Die departement van energie het Maandagoggend bekend gemaak dat petrol van alle grade Woensdag met 74c per liter styg.

Die groothandelprys van diesel styg met 91c per liter vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% en 93c per liter vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005%. Die prys van paraffien styg met R1,02 per liter en die prys van gas met R1,01 per kilogram.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het vroeër gesê stygende internasionale oliepryse het tot gevolg dat Suid-Afrikaners in Maart aansienlik meer by die petrolpompe sal moet opdok.

“Die rand-dollar-wisselkoers het effens in Suid-Afrika se guns gewerk in Februarie en sal motoriste tot sowat 9c per liter bespaar. Dié verligting is egter vertrap deur die aansienlike styging in brandstofpryse ná die plato van Januarie.”

Die brandstofheffings en koolstofheffing wat onderskeidelik in April en in Junie in werking sal tree, maak die prentjie vir motoriste nog donkerder.

Die algemene brandstofheffing gaan met 15c per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met 5c. Die algemene brandstofheffing verhoog tot R3,52 per liter petrol en R3,37 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog tot R1,98 per liter vir petrol én diesel. Die heffingtoenames sal op 3 April in werking tree.

Koolstofbelasting op brandstof van 9c per liter op petrol en 10c per liter op diesel sal op 6 Junie in werking tree.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Chris Ws ·

Gelukkig kan mens die Pad Ongelukke Fonds se werk SIEN maar die res van die heffings gelde gaan na die anc comrades se sakke toe.Dit terwyl ons buurlande geen heffings betaal nie en ONS brandstof in buurlande BAIE goedkoper verkoop word.Dit maak my mond bitter!

Basjan ·

Ek wonder net watter invloed hierdie styging op verkiesingsuitslae gaan hê. Die ANC gaan spyt wees.

lee ·

Ek verstaan tog nie AL die rand-dollar-wisselkoers-brent-ru-olie-koolstofheffing
Goete nie – MAAR- ek wil my verstout om te sê, EN dit ook graag wil sien, of die pryse weer gaan verminder so met ingang van Mei maand as die verkiesing nader.

Alida 2 ·

Lee ek wil met jou saamstem.
Stewige verhoging nou dan is daar ruimte vir verkiesingsdaling later.

Wyk julle branstofprysverhoogeraars!!! ·

Eina!! Skoert julle brandstofprysverhoogeraars!!! En dit voor ons Kaapse vakansie!

Helen ·

Met die prys want brandstof en al die tolgelde word dit nou goedkoper om op vakansie te vlieg en ‘n motor te huur dit is ook baie veiliger. Dit is dalk nou die tyd om presies dit te doen en baie minder brandstof te koop, tipe van “boikot” want al die heffings en tolgeld is net om Jan Publiek droog te melk?

Ai.. ·

Genade maar iemand skep lekker ne…Nie n styging met 10 c of 20c sommer net so duskant n rand… nie net n verhoging…sommer n kwantumsprong…Wow…

Realis ·

Is daar nie iemand soos OUTA wat ‘n forensiese ondersoek kan aanvra oor wat met die brandstof belastings gebeur nie? Enige iemand? Solidariteit, Afriforum, Sakeliga? Dit beloop biljoene en jy kan nie dit in werking sien nie.

Jordaan ·

Dit is nie nodig om ‘n forensiese ondersoek te doen nie, die heffings gaan mos net in die staatskas in (dit is nie vir ‘n spesifieke doel geoormerk nie), dus vul dit net die staatskas aan sodat die ANC maters dit lustig kan plunder vir hulle en hulle families.

Judge Dredd ·

Lekker man, Lekker – die prys moet sommer nog baie styg voor die verkiesing.

Sakkie ·

Koolstof heffing. Wat is die volgende heffing? Vloeistof of suiker of iets. Hulle sal verseker aan iets dink. As jy met ‘n kannetjie daar aankom ‘n heffing op die kannietjie?

Db ·

Hulle gaan nog suurstofheffing instel. Dink net hoe lekker gaan hulle dan skep

Netta van der Westhuizen ·

Wat help dit tog om kommentaar te lewer Besluite is geneem..!!.Niks gaan verander nie.!!.Die Kospryse en alle verwante dinge gaan maar net weer styg en ons verdienstes krimp maar weereens net meer en meer… !Daar is seker nou niks meer wat verhoog KAN word nie…en die hartseerste is….Alles gaan agteruit…….en Misdaad vier hoogty..!!!

Ben ·

Almal praat net van die styging in sente 74c, maar niemand noem die finale pryse nie. Sien dat n liter Petrol in Namibië net R 12.13 kos en in Lesotho R 10.82. Artikel onvolledig.

Hannelie ·

My sentiment exactly!!! Ek wil ook bitter graag weet WAAR word al hierdie heerlike maklike geld aangewend!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.