Amptelike ondersoek na stormloop gestaak

ENB-stadion (Argieffoto)

Die departement van sport en ontspanning het ʼn kennisgewing uitgereik van sy voorneme om die kennisgewing wat vroeër in die staatskoerant geplaas is oor ʼn ministeriële komitee van ondersoek na die dood van toeskouers by die ENB-stadion tydens ʼn wedstryd tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs in 2017 terug te trek.

Minstens twee mense is dood en talle ander ernstig beseer in dié stormloop in Julie 2017. Die stormloop het vermoedelik gebeur toe ondersteuners probeer het om in groot groepe by die hekke van die ENB-stadion buite Johannesburg in te kom.

Die destydse minister van sport het ná die voorval bevestig ʼn komitee is op die been gebring om die voorval te ondersoek.

Alec Moemi, woordvoerder van die departement, het egter die afgelope naweek gesê die departement het met kommer kennis geneem van die gebrek aan samewerking om die mandaat van so ʼn ondersoek deur sleutelrolspelers uit te voer.

“Aangesien ondersoeke van dié aard grootliks steun op die samewerking van die betrokke belanghebbendes en daar aktiewe teenstand oor dié ondersoek was, het die departement dit nodig geag om die huidige kennisgewing te onttrek om ander wetlike instrumente te oorweeg en die saak deur ander wetstoepassingsagentskappe verder te voer om te verseker dat geregtigheid vir die families van die oorledenes geskied, asook om te verseker dat die relevante wette van die land gehoorsaam word,” het Moemi gesê.

Die departement sal na ander maatreëls binne die regering kyk om te verseker dat die saak steeds volledig ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Ek kan ‘n staking van ‘n ondersoek verstaan as die slagoffers wit was, maar hulle was nie. Hulle was van dieselfde ras as die minister, die 2 sokkerspanne en al die ander rolspelers. Baie vreemd.

Gerrit ·

Net soos vroeë jare by Ellis park maar ek wonder hoekom altyd net met sokker wedstryde en nie by rugby wedstryde nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.