Amptenaar betaal haarself glo lank tweede salaris

(Argieffoto)

ʼn Amptenaar by die Newcastle-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy glo jare lank maandeliks ʼn tweede salaris aan haarself oorbetaal het.

Dedre van Rooyen is Donderdag deur die Valke in hegtenis geneem en is Vrydag in die gespesialiseerde handelshof in Durban op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Lt.kol. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, het gesê Van Rooyen, wat in die departement begrotings en finansies van die munisipaliteit werk, het na bewering tussen Februarie 2012 en Junie 2020 ʼn tweede salaris aan haarself oorbetaal wat die munisipaliteit R3,1 miljoen gekos het.

Van Rooyen was in dié tyd verantwoordelik vir die betaalstaat se funksies en dit het die betaling van salarisse deur die gebruik van die betaalstelsel Sage VIP ingesluit.

“Sy het glo die stelsel gemanipuleer om salarisbetalings te doen aan werknemers wat nie meer in die munisipaliteit se diens was nie. Behalwe vir een van dié betalings, is al die ander na haar persoonlike bankrekening gemaak.”

Die saak teen Van Rooyen is tot 1 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Welgedaan Valke. Net jammer sy kon so lank wegkom daarmee. Ek stel voor Alle ANC munisipaliteite moet aan forensiese oudits onderwerp word!!!

johanf ·

Hulle moet elke jaar Finansiële state aan die OG vir Oudit voorlê…..maar deesdae is dit nie meer snaaks as ń Munisipaliteit 6 plus jaar agter is nie, wonder of die Munisipaliet ook dalk een van daardie is, bitter min kry deesdae skoon Oudit Verslae……

Persheks Adri ·

Goeie genade wat nog? Slim vang sy baas en die blinde sambok slaan lekker! Regtig R50 000 borg vir R3,1 miljoen rand se korrupsie? Wat gaan aan met die regstelsel? Hoop van harte sy moet elke sent met rente terug betaal en gaan sit klaar

JohanR ·

Is daar nerens in enige goverment departement “checks en balances” nie. Seker nie want dit is belastingbetalers se geld, so who cares!

Strandloper ·

Dink hul sukkel nog biekie met die telraam…dalk oor so paar duisend jaar…

PieterP ·

Goed, laat jy sit. Maar diefstal en bedrog is skynbaarbveel erger as moord waar borg maar slegs R1000 – R5000 is. So ek verstaan glad nie, verduidelik weer asseblief.

koos10 ·

Haar bestuurder en hoof moet ook na gekyk word. Maandeliks, in die staat, moet die payrol mos afgeteken word, nie waar nie?

Yvonne ·

Gierigheid is n gevaarlike siekte…..kry net nooit genoeg nie…..tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.