Amptenaar geskors oor Facebook-uitlating

velaphi-khumalo-facebook-post

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het bevestig dat ʼn werknemer geskors is na aanleiding van uitsprake op sosiale media.

Nomazwe Ntlokwana, woordvoerder van die departement, het gesê Velaphi Khumalo is Vrydag geskors. “Die aantygings teen hom word in ʼn ernstige lig beskou. Die departement sal die nodige prosesse volg ten einde die saak te finaliseer.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn klag van crimen injuria is teen Khumalo aanhangig gemaak nadat hy op sy Facebook-profiel gesê het wit mense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word” en dat hy Suid-Afrika wil “reinig van alle wit mense soos wat Hitler met die Jode gemaak het”.

Die Suid-Afrikaanse Joodse raad van afgevaardigdes hulle ook teen Khumalo se Facebook-kommentaar uitgespreek en gesê hy sal ʼn formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gallie ·

Wikus, soos dinge nou staan sal ek nie verbaas wees as hy dalk binnekort ‘n ministerspos beklee nie. Die ANC sal beslis toesien dat hy beloon word.

braam maree ·

Hy behoort om na die Dept van Korrektiewedienste oorgeplaas te word met onmiddelike effek

Nerine ·

Hoekom is daar nêrens ‘n foto van die man nie? Word hy beskerm? Kan Maroela Media vir ons ‘n foto van hom plaas asseblief?

Delia ·

Nerine, daar is ‘n gesigfoto van hom op Praag as jy wil sien hoe hy lyk..

Christine ·

Geskors beteken TYDELIK VERBIED OM N AMP UIT TE OEFEN, UITSTEL, JOU OORDEEL SKORS. Vir hoe lank? Water verder stappe gaan die Maatskappy uitvoer? Weer in diens neem tot hy weer so iets doen en sy “OORDEEL” weer SKORS? Afdanking – UIT SY DIENS ONTSLAAN. M.a.w. die ou kan weer terug gaan werk toe, het weer sy werk terug met n GROOT salaris om sy familie te onderhou (swart). Die ander is n werk,sy/haar salaris kwyt wat nie meer sy/haar gesin kan onderhou (wit). Daar is n GROOT verskil. Wonder vir hoe lank gaan die ANC Facebook versoek om aan te hou “spy”

Berhalet Beukes ·

So lank as wat hulle deur VSA aangehits word… Hierdie tipe taktiek is eg CIA

ig ·

Nee wat,hy stap net oor na Julias toe waar hy met ope arms verwelkom sal word

MJL ·

Ek sien in ‘n berig van News24 hy het apologie aangeteken teenoor die Gautengse Regering en die ANC. Wat van ‘n apologie aan die witmense? Daar sal niks kom van sy skorsing nie. Hy is binnekort weer terug by die werk.

Marisa ·

Ek het ook die verskoning gesien maar dit het my dadelik opgeval dat hy teenoor die verkeerde mense ‘n verskoning aanbied!! So afgewaterde verskoning!!!

HEVW ·

Die Suid Aafrikaanse Joodse raad is op die regte pad. Hierdie saak moet hof toe.

Berhalet Beukes ·

Die Jode is besonders invloedryk… Dit s interessant wees om te sien wat gebeur

Kaspaas ·

Hy het geen berou aangesien hy net die Gauteng regering en die ANC sy baas om verskoning gevra het. Nie sy eintlikke slagoffers nie

Dee ·

Maroela, ten spyte van ons (somtyds hewige) verskille in opinie oor wat diplomasie beteken, is ek verras en ek plak 5 Goue Sterretjies by jul naam. Dankie dat julle die klag aanhangig gemaak het teen Khumalo. Julle word dikwels gekritiseer en alhoewel ek dit nie prominent doen nie en waarskynlik dopgehou word by kommentare, is ek trots op julle en my opinie het verander. Tot nou toe was julle ooglopend bloot toeskouers maar nou is julle ook vegters – welkom!

Dee ·

If you’ve got a cleaning wipe, yes of course! I dirt I clean 2 dirts 2 cleans.

danie ·

ons moet maar al die mense wat so uitgesproke is van alle partye op n eiland gaan sit met kameras, jis dit sal n interesante reality show wees.

Marinda ·

Skorsing is tydelik sodat die stof gaan le, dan kry hy sy pos terug of dalk hoër pos!!!! Hul wil ons net flous.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.