Amptenaar in die sop vir tweedehandse Mercedes

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Albert Vincent/Unsplash)

Die voormalige munisipale bestuurder van die Nkomazi- plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga het in die sop beland nadat hy glo die munisipaliteit se geld gebruik het om ʼn tweedehandse motor te koop.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Muzi Daniel Ngwenya (55) is Vrydag deur ʼn ondersoekspan in Malelane in hegtenis geneem.

Ngwenya staan nou tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Volgens Sekgotodi het die Valke ʼn omvattende ondersoek na Ngwenya se beweerde misdadige aktiwiteite van stapel gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat hy in Desember verlede jaar ʼn luukse motor aangeskaf het.

“Die verdagte het ʼn tweedehandse Mercedes-Benz van ʼn motorhandelaar in Bedfordview, Johannesburg, gekoop en glo die munisipaliteit se geld daarvoor gebruik.”

Hy het glo die motor in sy persoonlike hoedanigheid geregistreer, wat die munisipaliteit sowat R900 000 uit die sak gejaag het.

Ngwenya het dieselfde dag van sy inhegtenisneming in die hof verskyn en is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

“Die saak is tot 25 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek,” sê Sekgotodi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hasie ·

Borgtog van R10 000 vir voertuig van R900 000 ….belaglik !

Henker ·

Presies. Tien teen een ook nie n sent betaal vir brandstof nie.

Nie Verbaas ·

Maar hy mag mos dit doen. Dit is dan sy ANC “reg” om iets te kry met geld wat nie aan hom behoort nie. Die ander kaders doen dit dan.

Lourens ·

Hopelik is daar op die motor beslag gelê ook? Of mag die kader maar rustig voortgaan om die gesteelde geld se opbrengs te gebruik??

Lillian ·

Hy is nie die eerste een nie en ook nie die laaste nie. Gaan doen maar ondersoek by hierdie bankrot munisipaliteite, julle sal wys word …

Henker ·

O genade, ek weet nie of ek wil huil of lag nie…
Tipies !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.