Amptenaar se skuldigbevinding aan rassisme verwelkom

Die DA het die bevinding van ʼn tugverhoog verwelkom dat die hoof van die eThekwini-munisipaliteit se regs-en-voldoeningseenheid, Gideon Phungula, skuldig is aan rassisme, growwe oneerlikheid en haatspraak.

Nicole Graham, DA-leier in eThekwini, het daarop aangedring dat Sipho Nzuza, stadsbestuurder, Phungula skors nadat ʼn opname bekom is van hoe hy Krish Kumar herhaaldelik ʼn “k**lie” noem.

Graham het ook die voorval by die Menseregtekommissie aangemeld as ʼn skending van Kumar en ander Indiese amptenare van die stadsraad.

“In die opname kan ook gehoor word hoe Phungula erken dat hy ʼn politieke aanstelling is en dat hy probeer het om ʼn ‘inskiklike’ prokureur aangestel te kry om ʼn amptenaar van aanvoerkettingbestuur se tugverhoor te behartig,” sê Graham.

“Dié amptenaar is onder verdenking in die sogenaamde lemoensakskandaal, maar Phungula het gemeen sy moet om die ANC se onthalwe beskerm word.”

Sy sê die manier waarop die skandaal gehanteer is, is “absoluut skandalig en die Phungula-opnames wys hoekom. Tenderprosedures is duidelik ondermyn om vriende en diegene wat ontvanklik is vir ANC-skendings te verryk”.

Graham het gesê dis ondenkbaar dat die hoof van die regs-en-voldoeningseenheid so diep gekompromitteer kan word.

Die DA dring daarop aan dat Phungula van sy amp onthef word weens sy skuldigbevinding.

“Ons eis ook ʼn ondersoek na presies wie Phungula aangestel het en hoe die proses behartig is,” sê Graham. “Phungula se gedurige verwysing na ‘Mama’ in die uitgelekte opname dui op niemand anders nie as die burgemeester, Zandile Gumede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

James ·

2 jaar tronk straf dan soos ander? Of is daar verskillende wette vir elke ras?

Hennie ·

Ek twyfel, sal herontplooi word iewers anders met ‘n stewige verhoging.

zoom zoom ·

Die persoon gaan sekerlik ‘n vet bonus kry asook ‘n goue handdruk en 6 mmande vakanie op ‘n eksotiese eiland ipv 2jaar tronkstraf soos wat wiites kry.

juan ·

Hoop dieselfde straf word uirgedeel as wat vick momberg gekry het

Gollie ·

Ek weet nie gaan hy tronkstraf kry nie,hy is van die regerende party.

ne ·

Wat goed is vir die een persoon, is ook goed vir die ander. Dan het hy nog sy vriende ook bevoordeel. Tronk toe asb. Skade vergoeding vir die ander ras.

marous ·

Geniet mekaar liewe self aanwysende voorheen benadeeldes wat julself in een raskleur toegedraai het . Geniet mekaar vir ewig!

Hanna Hoekom ·

Het nie geweet swartmense kan ook rassisties wees nie! Was onder die indruk dat daardie term net op blankes van toepassing is. Nou ja, toe! Ek dink die meneer verdien n bietjie “bed and breakfast” aka tronkstraf.

jean ·

Hoekom word daar nie opgetree teen die rassisme en haatspraak teenoor wittes nie?….Hier is dit ‘n Indiër ………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.