Amptenaar skiet homself by parlement

Die toneel by die parlement in Kaapstad. Foto: ANA

ʼn Werknemer van die parlement het homself vanoggend in sy kantoor op die parlementsterrein in Kaapstad doodgeskiet.

Die man, wat ʼn senior amptenaarspos aan die parlement beklee het, se naam is in parlementêre kringe bekend, maar sy naam word weerhou tot sy familie volledig in kennis gestel is.

Die voorval het laatoggend in Pleinstraat 90, ʼn gebou op die parlementêre perseel, plaasgevind.

Tans is verskeie noodvoertuie op die leiklippe voor die gebou geparkeer.

Volgens kollegas het die man, wie se pos uiters stresvolle werk insluit, gekla oor erge werksdruk.

Die toneel by die parlement in Kaapstad. Foto: ANA

Dit is nie seker wanneer die oorledene die vuurwapen by die gebou ingesmokkel het nie. Die gebou is aan streng veiligheidsmaatreëls onderworpe, maar omdat die man baie senior veiligheidsklaring gehad het, is dit moontlik dat hy nie persoonlik ondersoek is nie. Soortgelyke voorvalle van mense wat wederregtelik vuurwapens by die parlement inneem, het ook al voorgekom.

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, het haar medelye uitgespreek en sal die familie besoek nadat die man se naam amptelik bekend gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alida ·

Dit is tragies. Ek hoop nie die Zondo kommissie het by die amptenaar gespook nie.

koos ·

stress oor erge werksdruk en hy werk in die staatsdiens??? Iets maak definitief nie sin nie. daar MOET n ander, dalk meer huislike rede wees. NIEMAND in die staatsdiens se werk is stresvol en vol druk nie. Dis n geagteroorsittery die hele dag, meld laat aan vir werk, waai vroeg op n vrydag en bly maandag weg en NIKS word daaraan gedoen nie. diegene wat nog verantwoordelik is en oor oor sulke gedrag kla, moet gedurig hoor “but you don’t understand our culture”. Dis hoekom ek weg is uit die staatsdiens.

Max ·

Stress word ook veroorsaak deur frustrasie. Om in vandag se staatsdiens te probeer werk is net frustrasie.

IK ·

Gebruik tussen die ore dat Tsafendas ook die parlement in is en Verwoerd vermoor het. Dus en m.a.w. kan sekuriteit omseil word. Tevrede?
My oorspronklike kommentaar het gesneuwel.

Speedguard ·

Baie streng veiligheids maatreels????? Niks werk indien dit nie behoorlik toegepas word nie !!

Se maar net. ·

Met respek gese. Hoekom het amptenaar nie vir Malema vir tee genooi nie.

Thinus ·

Hierdie onbevoegde en patetiese ANC regering frustreer en stres almal uit. Die amptenaar was seker so gefrustreer om met die klomp lui gatte in die parlement te werk dat dit hom tot die daad gedryf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.