Amptenaar van Kaapstad verkrag glo jong meisie

Argieffoto

ʼn Senior amptenaar van die Stad Kaapstad het Maandag in die landdroshof verskyn op aanklag van statutêre verkragting.

Die beskuldigde, ʼn 54-jarige man, het vlugtig om die landdroshof in Mitchells Plain verskyn en sal na verwagting volgende week formeel om borgtog aansoek doen. Hy is ʼn familievriend van die slagoffer, ʼn 13-jarige meisie van Strandfontein.

Volgens die polisie is die man Vrydag in hegtenis geneem nadat die meisie oor die beweerde misdaad gepraat het. Kapt. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê die omstandighede rondom die saak word steeds ondersoek en daarom kan geen verdere besonderhede bekendgemaak word nie.

Luidens berigte in Daily Voice het die slagoffer beweer sy is oor ʼn tydperk van drie jaar verkrag en gesodomiseer, maar het niemand daarvan gesê nie omdat sy bang was dit sou tot ʼn bakleiery aanleiding gee. Toe die beskuldigde egter twee weke gelede in die kombuis inkom terwyl sy skottelgoed was en homself glo op haar afdwing, het sy genoeg gehad. Sy het hom toe na bewering met ʼn vurk gesteek om uit sy greep los te kom.

Eric Ntabazalila, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het die man se verskyning bevestig en sê die beskuldigde sal weer op 29 Junie in die hof verskyn. “Die beskuldigde bly tot dan in aanhouding.”

Die Stad Kaapstad wou nie bevestig dat een van sy senior amptenare van statutêre verkragting aangekla word nie, en het die media na die polisie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Porseleintjie ·

Vandag die 3e artikel wat ek oor verkragting lees. Nuwe pandemie?

Pieter ·

Volgens Net Nuus is die verkragter ‘n vorige bevelvoerder van die ANC se MK. Wys net van watter stofasie die sogenaamde vryheidsvegters en nou ons leiers gemaak is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.