Amptenare geskors ná Digital Vibes-sage

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Sewe amptenare in diens van die departement van gesondheid wat in die verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verbind word met die Digital Vibes-skandaal, sal teen vanmiddag nog geskors word. Dit sluit dr. Sandile Buthelezi, die direkteur-generaal wat reeds vroeër geskors is, in.

Só het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, Donderdagoggend tydens ʼn mediakonferensie van die departement aangekondig. Die amptenare sal teen die einde van die dag hul skorsingsbriewe ontvang, waarna die dissiplinêre proses dan sal begin.

Phaahla sê die departement hoop om die proses so gou moontlik af te handel.

Die VF Plus het die besluit dat die amptenare geskors en strafregtelik teen opgetree sal word, verwelkom.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, sê die party stem saam met Phaahla dat die aantygings teen die betrokke amptenare ernstig is en daarom moet hulle strafregtelik vervolg word.

“Die bewyse wat die SOE ingewin het, is van ʼn ernstige aard en moet deel vorm van die dissiplinêre proses,” het Van Staden gesê.

“Die minister se onderneming dat niks rakende die aangeleentheid in die doofpot gestop sal word nie, word ook verwelkom.”

Van Staden sê die departement se ontkenning dat die Digital Vibes-sage enigsins ʼn negatiewe invloed op die departement se werksaamhede of in die bekamping van Covid-19 gehad het, is nie eerlik nie.

“Die waarheid is dat die departement nie genoeg geld gehad het vir sy kommunikasieveldtogte oor inentings nie en dit het grootliks daartoe bygedra dat lede van die publiek uiters gebrekkig hieroor ingelig was en steeds is.

“Die reg moet nou sy gang gaan en diegene wat beskuldig word in die SOE-verslag moet hul dag in die howe kry asook die straf wat hulle toekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Wat dan nou van die uwe en sy seun waarteen daar konkrete bewyse is dat hulle ook voordeel getrek het uit hierdie tender skandpaal.

Dup ·

Die skelmstreke begin by die Minister en loop regdeur tot by die skoonmaker.Die verrotting kan nie meer gestuit word nie.

Jacobus ·

Die effek van die Digital Vibes debakel plus die hooggeplaaste beskuldigdes is eksponensieel meer ernstig as wat ons sou dink. Suid Afrikaners, ek inkluis het totale vertroue verloor in enigiets wat uit die regering voortvloei. By verskeie geleenthede was data so ver van die merk dat mens wou huil. Hierdie skandaal het sentraal in die hele pandemie chaos gestaan waar letterlik biljoene Rande eenvoudig verdwyn het – dat twee weke se”lockdown” in 540 dae verander het. Suid Afrika se ekonomie is vernietig tesame met tiene van duisende werksgeleenthede en verarming van die armstes – dit het ons nou ‘n twyfelagtige wêreldleier gemaak daarin.
As mens na die breë prentjie kyk is ons huiwering vir inenting bevestig. Negatief? – dalk nie genoeg nie. En nog niemand, niemand is nog aangekla nie.

gatgogga ·

Ramaphosa het die verslag vir drie maande vasgehou op sy lessenaar. Hoekom?
As die druk nie te veel geword het om die verslag te openbaar nie, sou hy die ding vir altyd weggesteek het?

Petrie ·

Hierdie skorsing beteken NIKS totdat hulle krimineel aangekla en in n hof skuldig bevind is nie. Intussen kry hulle vol salaris en voordele. Ons weet dat hulle die hofsake gaan beveg tot uiteindelik by die konstitusionele hof en dan kry hulle mediese parool.
Ek hou nie my asem op vir geregtigheid nie.

Anel ·

Sê ek ook, Petrie. Dis lekker om hier geskors te word. Dis net ‘n ander woord vir betaalde vakansie tot in ad finutum!!

Yvonne ·

So gou as moontlik af te handel……hulle kan die woorde nie eers spel nie…pfff

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.