Amptenare ‘met dood gedreig’ oor tenders

(Foto: SA Polisie)

Sewe mense is in Noordwes in hegtenis geneem vir beweerde intimidasie en afpersing nadat provinsiale staatamptenare glo met die dood gedreig is oor die toekenning van tenders.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die groep is in Mmabatho en Majemantsho aangekeer.

“Die verdagtes se inhegtenisnemings volg ná ʼn indiepte-ondersoek oor amptenare wat tussen September en Oktober vanjaar glo geïntimideer is,” het hy gesê.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die verdagtes, wat aangevoer het dat hulle lede van die Mahikeng Business Forum is, glo kontrakteurs verhoed om hul werk te doen en in sommige gevalle staatsamptenare geïntimideer.

“In een van die voorvalle op Dinsdag 8 Oktober was ʼn amptenaar in ʼn vergadering by die departement van openbare werke, toe ʼn groep mense in sy kantoor ingestorm het. Hulle het geskree en gekla dat die departement nie tenders aan hulle toeken nie. Een van die verdagtes het gedreig om die amptenaar te skiet voordat hulle uit die kantoor is,” het Mokgwabone gesê.

In nóg ʼn voorval, op 10 Oktober, is die groep glo weer na die departement waar hulle neerhalend met ʼn amptenaar oor die toekenning van tenders gepraat het.

“Die amptenaar is met die dood gedreig en veiligheidsbeamptes moes ingryp.”

Die mans, tussen 31 en 53 jaar oud, verskyn na verwagting Maandag in die Molopo-landdroshof in Mmabatho.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Feite ·

Hierdie is net nog n uitstekende voorbeeld van georganiseerde misdaad (the will of the people). Politici en beide misdadigers gebruik “the will of the people” om hulle “mob justice” arrogante intimidasie tipe dade te regverdig, want om die eerlike waarheid te se, dat dit al manier is van hoe die “struggle” hulle geleer het om op te tree om deur intimidasie en geweld hulle sin te kan kry!

Hans ·

CONTINUA ALUTHA – verbaas ons glad nie: die Supra Mahepelo tydvak waarin SIU provinsiale en Munisipale bedrog bevind het het het mooi niks gekom.

Kraaibakke ·

As hulle nie hul sin kry moet hulle altyd met dood dreig ,dreigings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.