Amptenare móét voortaan paartjies van selfde geslag trou

Argieffoto

Huweliksbevestigers van die staat mag nie meer weier om mense van dieselfde geslag in die eg te verbind nie, maar binnelandse sake word ʼn oorgangstyd van 24 maande vir opleiding gegun.

Die nasionale vergadering het Donderdag die Wysigingswetsontwerp op Burgerlike Verbintenisse aanvaar wat artikel 6 van die wet herroep wat huweliksbevestigers die reg gegee het om nie selfdegeslagpaartjies in die huwelik te bevestig nie op grond van “gewete, godsdiens en geloof”.

Die meeste partye het die wysigingswetsontwerp gesteun, maar sommige parlementslede het beswaar gemaak teen die lang oorgangstydsperk voor die wet verandering word.

Die Cope-LP Deidre Carter het die wetsontwerp voorgestel. Sy het Donderdag gesê: “In ons grondwetlike demokrasie kan dit nie geduld word dat staatsamptenare die reg gegun word om te besluit wie hulle wil dien en wie nie.”

Die ANC het ook die wysiging gesteun. Die ANC-LP Hlomani Chgauke het gesê van die 409 kantore van binnelandse sake landwyd bedien die meeste nie selfdegeslagpaartjies nie. “Wat ontstellend is,” het hy gesê, “is dat amper 88% van die huweliksbevestigers in dié departement daarvan vrygeskeld word selfdegeslagpaartjies te trou.”

Hanif Hoosen, DA-LP, het gesê die 24 maande lange oorgangstyd is “problematies” en het gevra dat dit geskrap word. “Hoekom moet enige amptenaar die reg hê om te kies en keur watter wet hy of sy wil gehoorsaam of nie? Dis verkeerd. As jy in die staat se diens is, moet jy alle burgers dien. Wat mense in hul slaapkamer doen, het niks met jou uit te waai nie.”

Drie partye, die ACDP, die NFP en die African Independent Congress het die wetsontwerp teengestaan.

Kenneth Meshoe, ACDP-leier, het gewaarsku dis die eerste stap in die staat se beheer oor kerke. “Ons Grondwet beskerm vryheid van gewete, godsdiens en geloof en dis die parlement se plig om toe te sien dat mense nie in die werkplek teen hul gewete optree nie. Niemand moet gedwing word om iets te aanvaar wat moreel verkeerd is nie.”

Die EFF-LP Hlengiwe Mkhaliphi het van hom verskil en gesê Suid-Afrika is ʼn “grondwetlike demokrasie, nie ʼn godsdienstige demokrasie nie”. “Amptenare wat namens die demokratiese staat optree, moet alle Suid-Afrikaners gelyk bedien.”

Die VF Plus se vier LP’s was almal afwesig en het dus nie hul mening uitgespreek nie, maar die party se hoofsweep, dr. Corné Mulder, het gesê sy party het nie ’n probleem met die wysiging van die wet nie, berig Jan-Jan Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Schalk ·

Dis baie duidelik watter partye nie n Christelike agtergrond het nie! Satan loop Los!

Koos wk ·

En dit is hoekom ek nie stem nie…watse party se waardes is reg..

Pieterd ·

Ek veroordeel nie een sonde bo ‘n ander nie en my sonde is nie kleiner as iemand anders s’n nie. Hierdie wysiging noop my egter om my lisensie as huweliksbevestiger in te dien aangesien ek nie meer my geloofsoortuiging mag volg nie en in gehoorsaamheid aan God mag optree nie.

AmY ·

Ek stem saam jou. Ek veroordeel ook nie gay en lesbieërs nie, maar wanneer hulle mense wil begin dwing om hulle in die huwelik te bevestig, raak dit ernstig.

Pieterd God sal dit raaksien ·

Pieterd ons sal bid vir versterking en dat God sal voorsien want as jy dit doen wys jy dat jy nie gaan compromise nie. God se Woord staan vas en mag elke predikant dit openlik begin doen en so wys. Die tyd is min, ons kan nie meer net in die middel staan nie.

Jannie ·

GOD is nou ondergeskik aan die ANC regime!!! Dit is tog sekerlik ook elke amptenaar se keuse of hy/sy hulle siele wil verkwansel ten einde die wêreld ter wille te wees!! Wat van hulle “menseregte” of word dit deur wetlike afpersing van hulle ontneem? Onthou, dit bly ‘n gewetensaak!!

Franna ·

Ja doen soos julle wil.. Eendag is eendag wanneer ons almal moet rekenskap gee van ons doen en late

Prieser ·

Ek dink dit is ‘n goeie wysiging. Ekself is ‘n predikant wat nie sulke verbintenisse sal bekragtig nie a.g.v. my eie geloofsoortuigings. ‘n Huwelikseremonie binne ‘n kerk/geloofsgemeenskap is iets anders as ‘n huweliksbevestiging voor die “magistraat” (ander burgerlike huweliksbevestigers). Jy het reeds die keuse gemaak om nie hierdie deel van jou lewe binne God se wil aan te pak nie (teenoor huwelikseremonie in kerk/met God se seen). En as jy dan reeds aangedui het dat jy dit op ‘n sekulere wyse wil aanpak, is daar geen rede meer om die spel volgens God se reels te speel nie. Dus glo ek ‘n Christen gelowige (indien hy wel gekant sou wees tussen dieselfdegeslag huwelikke) kan steeds met ‘n goeie gewete hierdie deel van hul dagtaak as staatsamptenaar uitvoer. Die godsdienstige aspek is nie meer op die tafel nie. Dis ‘n sekulere verbinding. My opinie sal drasties verskil indien dit afdwingbaar sou word dat geen predikante/pastore godsdienstige huweliksluitingseremonies tussen dieselfde geslag mag weier nie.

Geregtigheid ·

Ek self as huweliksbevestiger sal nooit so verbintenis magtig nie. As God dit nie goedkeur nie, kan mens niks doen nie. Al het die heidene wat gese.

AW ·

“You will continue to suffer if you have an
Emotional reaction to Everything that is said to you.
True power is setting back and observing
things with logic.
True power is Restraint.
If words control you
that means everyone else can
Control you.
Breath and allow things to pass.”
– Warren Buffett

John ·

Een van die vele wonderlike aspekte van die Hemelvader is dat niemand sy arm kan draai nie en dat hy vir ewig die Groot Regter en Heerser is. Niemand vertel storietjies vir hom nie en niemand maar niemand gee hom advies nie. Ek lief dit! Amen.

Callie ·

In die Ooste word Christene vermoor oor hul weier om hul Christenskap op te gee. Hier sal mense dit opgee om hul werk te behou. Is daar nog Christene in SA. Hier word die Bybel aangepas om menseregte te vereer. Glo my, God pas niks aan nie, nie op die oordeelsdag nie

HF Lottering ·

Geen predikant kan verplig word alvorens hy/sy nie die kursus mbt burgerlike verbintenisse (gay huwelike) deurloop het nie. Jy kry n spesiale magtigingsnommer van die Minister soos in die geval van die BD nommer wat aan huweliksbevestigers toegeken word. Sonder daardie aanstelling mag jy geen verbintenis onderteken nie.

Jors ·

En waar was die VF+? Al vier afwesig? En die een ou se dis maar olraait! Wonder julle dan waarom so min Afrikaners vir julle stem!

Henk ·

Menseregte is n tweesnydende swaard. Oor die algemeen het ek nie veel ooghare vir menseregte nie. Ek vermoed daar is dalk effens meer nadele as voordele verbonde aan menseregte.

Pierre ·

God het Sy eie wette, soos duidelik gemaak in Sy woord. Bose mense maak hul eie wette (soos die bose demokrasie in SA) . Die land het oor die 70% mense wat se hulle is Christine maar minder as 1% stem vir partye wat Christelike waardes handhaaf (geen wonder die land is in so ‘n gemors nie). As dit wel waar is dat die VV hulle skaar by die ‘Sodom Gemorra ‘wet, sal ek bitter teleurgesteld wees. Ek wag op ‘n antwoord van hulle af. Ware Christinne, ‘put your money (and vote) where your mouth is’ of aanbid ‘n ander god.

Totsiens VF+ ·

Mens het dit van die DA verwag.
Die VF+ laat sy stemmers in die steek. Waar is die verteenwoordiging? Seker jaareind gevier. Boonop is die gevolgtrekking dat die VF+ dit ook nie sou teenstaan nie. Teleurstellend om die minste te sê.

vissie ·

Wonder wat sou Sadrag ,Mesag en Abednego sal antwoord op die regerings wette? SEKERLIK NIE DIESELFDE AS 70% SOGENAAMDE CHRITENE in die land nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.