Amptenare skep geld wat arm kinders moet help

geld 4 kontant rand

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Honderde miljoene rande in welsynstoelae word maandeliks aan meer as 170 000 staatsamptenare oorbetaal. Meeste van dié geld kom armes toe, wat nie behoorlik vir hul kinders of hulself kan sorg nie.

Die toelae wat aan amptenare uitgedeel word, sal egter binnekort opgeskort word.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het in Julie vanjaar R200 miljoen aan altesaam 177 108 staatsdienswerkers betaal, berig Times Live.

Meeste van dié begunstigdes (143 081) het kindertoelae ontvang wat in een maand die staat R122 miljoen uit die sak gejaag het.

Altesaam 11 589 amptenare het toelae vir pleegsorg, ter waarde van R20,7 miljoen ontvang, terwyl meer as 12 000 amptename onderskeidelik ouderdom-, ongeskiktheid- en versorgingtoelae vanaf die staat ontvang het.

Volgens Zulu word planne gemaak om alle welsynstoelae wat aan staatsamptenare betaal word, op te skort. Sy het ook aangedui dat staatsamptenare voortaan sal moet bewys dat hulle geregtig is op ʼn toelaag.

“Diegene wat aansoek doen om ʼn toelaag te ontvang, se aansoek en inkomste sal hersien word om te bepaal of hulle wel hiervoor kwalifiseer.”

Amptenare sal wel geregtig wees om ʼn toelaag te ontvang indien hulle as pleegouers vir ʼn kind optree, het Zulu gesê.

“Waar die pleegsorg toelae saam met versorgingtoelae vir dieselfde kind betaal word, word die begunstigdes se aansoeke nie hersien nie en sal staatsamptenare geen wette oortree indien hulle kwalifiseer om dié soort toelae te ontvang nie.”

Die minister het bygevoeg dat alle gelde wat onregmatig aan staatsamptenare betaal is, weer ingevorder sal word.

“Indien dit aan die lig kom dat staatsamptenare ʼn toelaag ontvang waarop hulle nie geregtig is nie, sal dit by hul departement aangemeld word sodat dissiplinêre stappe teen die betrokke amptenaar geneem word.”

Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, het egter gesê bewyse dat dié gelde wel terugbetaal is en dat stappe teen die skuldiges geneem word, eindelik aan die publiek geopenbaar moet word.

“Die geld moes lankal reeds ingevorder geword het. Die ANC-regering wys net weereens hoe onbevoeg hulle is om belastingbetalers se geld te bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Chris dupreez ·

Hoe is dit moontlik dat enige sassa toelae aan staatsamptenare betaal word. Jy kwalifiseer nie vir enige toelae as jy n werk het of n pensioen kry nie. Nog n bedrog spul deur die anc regering

casper ·

Kan nie wees nie — die staat is dan so effektief met alles !!!

Mier14 ·

Hulle moet d geld terugbetaal en tronk toe gaan vir bedrog. Genoeg is genoeg. Nadat ons belasting betaal het, is ons nogsteeds die wat die armes moet help. Geen blerrie gewete, maar d wiel sal draai vir die skuldiges. Op d ou einde score jy dalk op aarde, maar God slaap nie.

Persheks Adri ·

Net dissiplinêre stappe? Nee dis onaanvaarbaar en die klomp sit mos met hoeveel kinders net om te eis? Snert man!

Nie Verbaas ·

Die goed hou net aan vat en vat. ANC kan nie gered word nie. Dit is in hulle gene.

Jacobus ·

Begin hoog op in die bestel. Kyk wat van Covid geld geword het. Skep,skep en skep.

Yvonne ·

Die kamtige reels ….dis waar die probleem le…..dit moet eers hersien word… dit in aggeneem, kan amper die meeste mense/ people in die land daarvoor aansoek doen

Owlie ·

Hoe is dit moontlik, is daar geen beheer meer oor gelde wat uitgaan nie?????
In die verlede moes daar meer as een handtekening gegee word voor enige geld kan uitgaan.
Hier is meer as een persoon wat moet tereg staan op bedrog, nie net die wat gekry het nie – sal in teressant wees om te sien of hierdie net nog ‘n verlore saak met verlore miljoene gaan wees.

MakersMark ·

Dis darem gemors wat wat hulself toeien wat na kinders moet gaan …..

Willem ·

Liewe hemel!!!!Die staat is vrot van korrupte amptenare!!!!

quartus ·

hoe is dit moontlik dat staatsamptenare ( wat alreeds groot salarisse ky), nou ook nog allerhande toelaes ontvang ??

Wielspore ·

My mede werker het meer as 30 jaar diens by ons werkgewer, sy vrou werk vir die staat, sy is ‘n onderwyser. Altwee hulle kinders is met staats toelae befonds. Die jongste het deur die staat geswot, na 3 jaar het hy opgeskop en bly by ander familie in ‘n ander provinsie, hy is nou werkloos. Vermorsing van ons belasting geld.

Anel ·

Dit is gewoon bedrog. Hulle moet afgedank word en in die tronk gestop word. Hoe skelm wil hulle nog wees?

Buck ·

Lag my klaar. Terug betaal!!! Skryf dit maar af soos die ANC SOWETO se agterstallige eskom rekening gaan afskryf. Dit is stem tyd “everything goes”, solank jy anc stem

Yvonne ·

Nie eers vir die top amptenare is genoeg genoeg nie…plunder plunder

Belinda ·

Ja en so word apartheid geblameer vir die armoede. In die ou SA was dit nie eens so erg nie. Mens het nie sommer n boemelaar gesien nie. Nou is hul om elke hoek en draai.

Ek wonder net hoe kry mens dit in jou hart om bv in jou luukse kar te ry en langs die pad die arm mense te sien bedel – en jy goed weet die gelde wat daardie voertuig betaal, eintlik vir die armes bedoel was om te help met voeding en miskien behuising.
Sies, skaam julle!

Sarel ·

Hoekom sien ek.nie enige Politieke Party of Leier hiervan werk maak nie….Staatskaping …was ‘n Vulletjie teen wat
Deesdae aangaan…die Media is meer bekommerd oor Zuma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.