Amptenare verbied om konsepregulasies oor verspreiding van kos af te dwing

(Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Die hooggeregshof in Kaapstad het beveel dat die polisie en amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling, en enige ander amptenaar, verbied word om konsepregulasies oor die verspreiding van voedselhulp af te dwing.

Die DA het die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, hof toe gesleep oor die voorgestelde regulasies wat die verspreiding van voedselhulp streng beheer.

In die voorgestelde regulasies plaas Zulu onder meer ʼn verbod op sopkombuise en verskerp sy die regulasies oor die uitdeel van kos. Die DA voer aan die bepalings gaan die verspreiding van voedselhulp deur nie-regerings- en welsynsorganisasies belemmer.

Die konsepregulasies is twee weke gelede afgekondig en word reeds streng afgedwing hoewel dit nog nie eens behoorlik uitgevaardig is nie.

Regter Robert Henney verbied in sy uitspraak die afdwing van die bepalings voordat dit behoorlik afgekondig is.

“Daar word verklaar dat lede van die polisie, amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling en enige ander staatsamptenaar nie daarop geregtig is om mense te verhoed om hul bestaande reg om kos te versprei en te ontvang, uit te oefen nie,” het Henney bevind.

Hy het Zulu ook aangesê om die bevel onder die aandag van alle amptenare in haar departement, asook die LUR’e verantwoordelik vir maatskaplike ontwikkeling in elke provinsie, te bring.

Die nasionale polisiehoof moet dieselfde met al sy lede doen.

Die saak sal verder op 19 Junie in die dringende hof aangehoor word.

James Lorimer, ʼn DA-woordvoerder, het gesê dit beteken voedselverspreiding is minstens vir die volgende maand veilig totdat die saak aangehoor word.

Die DA sê die afdwing van die regulasies het tot dusver beteken dat duisende honger mense nie toegang tot kos gehad het nie, terwyl nie-regeringsorganisasies met inhegtenisneming gedreig is as hulle nie hul hulp aan behoeftiges staak nie.

Die minister het vroeër ontken dat sy die verspreiding van voedselhulp verbied, maar het terselfdertyd gesê dit moet behoorlik gekoördineer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hennie ·

Jammer dat ons ‘n land moet woon waar die Kommunistiese leierskap hof toe geneem moet word om die regte ding te doen. SKANDE minister Zulu, SKANDE!

Isabella ·

Waneer hul as gevolg van n hofbevel verloor ontken hul alles

Alida ·

Mense is honger en nienand kan verhoed word om kos uit te deel nie. Los die organisasies ongeag kleur om mense te voed. Die ANC is kleurblind en sien net een kleur.

Amatambo ·

Haar druiwe is suur omdat sy nou nie meer kan beveel dat voedsel eerstens na die “meerderheid” se hongeres uitgedeel word nie, vergetende dat lede van die meestal “Minderheidsgroep” die kos deur middel van hulle arbeid op hulle plase – waar hulle ook uitgemoor word – voorsien word.

Marthinus Johannes ·

“VOORDAT DIT BEHOORLIK AFGEKONDIG IS” maar net nog n ANC gesant. Wat hy eintlik se is dit, Publiseer in die gov gazette en se dit ook op TV en dan is dit wettig. Dit klink meer of dasr vir hulle raad gegee word hoe om dit te doen.

Anoniem ·

Melody van Brakel is Krugersdorp se engel. Los haar uit sodat sy kan doen wat haar hart vir haar sê om te doen. En dit geld ook vir al haar helpers.

Yvonne ·

As hulle monde oopgaan dan kom daar n spul leuens uit….sies en daar is geen skaamte nie

Jack ·

Ek is dankbaar vir die blaaskans wat honger mense nou kry. Die virus skep ongelukkig geleenthede vir korrupte mens om te floreer. Hier is weinig sprake van integriteit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.