Luke van den Berg (24) is verlede week in die waakeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem nadat ʼn motor teen ʼn hoë spoed van agter teen sy motorfiets gebots het. Maroela Media het vroeër berig dokters het probeer om sy erg beseerde ledemate te red, maar sy regterbeen moes die volgende dag geamputeer word.
Hy is intussen na ʼn algemene saal geskuif en moes twee operasies aan sy arm ondergaan om staalplate in te sit. “Hy was nog nie een oomblik negatief vandat hy gehoor het hy het sy been verloor nie,” het Zenobia Louw (27), Luke se suster, aan Maroela Media gesê.
“Hy het net gesê hy wil ʼn prostese hê sodat hy weer kan oefen en ʼn motor bestuur. Hy wil nie sy lewe in ʼn rolstoel deurbring nie en wil graag so gou as moontlik weer loop en sy lewe laat terugkeer na normaal,” het sy gesê.Volgens Zenobia is Luke emosioneel ʼn baie sterk mens en het hy gesê hy glo sy dae in die vloot help hom om nou hierdie traumatiese gebeurtenis te hanteer. “Hy kyk na die mense wat saam met hom in die hospitaal is en sê daar is ander wat baie erger af is as hy. Hy is nie in ontkenning oor sy been nie. Hy weet daar gaan nog baie struikelblokke wees en dae wat hy gefrustreerd gaan raak, maar hy bly positief oor die saak.”
Zenobia het gesê Luke moet nog een operasie aan sy arm ondergaan en sal oor die volgende paar weke baie fisioterapie ontvang om weer te leer loop. ‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur teen die bestuurder van die motor aanhangig gemaak is.
Wees net sterk Luke! Dit gaan nie altyd n maklike pad wees nie, maar wees net sterk. Ek self is deur hel, maar het my op en af dae. Maar n positiewe houding trek meer positiewiteit aan. Sterkte vir jou en jou familie. Ons sal aanhou bid vir julle!
Hy is nog jonk hy sal weer loop,net baie val wat nog voorle hy moet net deur dit kan kom.
Luke, met jou positiwiteit gaan jy nog ver kom, en dit gaan jou baie help vorentoe.
Daar is nie ‘n ding wat se … ‘ek kan nie’ nie….. jy sal weer 110% wees maar jy moet deur ‘n proses gaan voor jy anderkant gaan uitkom.
sterkte jong man!!!
Sterkte vir jou Luke!! Sodra jy op die ‘been’ is, moet jy landwyd optree en praatjies hou sodat ander kan sien waar ‘n wil is is ‘n weg!! Jy is ‘n WONDERLIKE VOORBEELD daarvan!!!