Amy-Leigh: Onderwyseres geskors hangende ondersoek

Tharina Human (Foto: Facebook)

Die beheerliggaam van Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark het Maandag bevestig Tharina Human, ʼn voormalige graad RR-onderwyseres by dié skool, is geskors hangende ’n ondersoek oor ʼn beweerde ontvoering.

Human (27) het vroeër vandag saam met twee medebeskuldigdes in die plaaslike landdroshof verskyn vir hul aandeel in die ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager, ʼn graad R-leerder aan die skool.

Vier mans het Amy-Leigh ’n week gelede voor die skool by haar ma gegryp en het in ’n Toyota Fortuner met die dogtertjie daarin op die vlug geslaan. Amy-Leigh is die volgende dag ongedeerd teruggevind en met haar gesin herenig.

Human is na bewering een van die baasbreine agter die ontvoering. Hoewel sy nie Amy-Leigh se onderwyseres was nie, het sy wel vir haar jonger boetie klas gegee.

Andries Pienaar, voorsitter van die beheerliggaam, het Maandag sy skok oor die ontvoering in ʼn verklaring uitgespreek.

Volgens Pienaar was Human sedert die begin van die jaar ’n onderwyseres by die skool en in ’n beheerliggaampos aangestel.

“Die beheerliggaam volg alle wetlike prosesse met aanstellings. Juis daarom kom die onderwyseres se beweerde betrokkenheid as so ʼn groot skok vir die beheerliggaam,” het Pienaar in die verklaring gesê.

Die beheerliggaam het verseker dat hy sy volle samewerking aan die polisie en die Gautengse departement van onderwys sal gee.

Die beheerliggaam is ook in die proses om bykomende kringtelevisiekameras aan te bring en veiligheidswagte by die skool aan te stel.

“Ons gee ouers en voogde van leerders die versekering dat alles moontlik gedoen sal word om kinders se veiligheid te verseker. Terselfdertyd word hierdie bykomende maatreëls so onopsigtelik moontlik geïmplementeer sodat jong kinders nie verder ontstel word nie,” het Pienaar gesê.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê Human,  Laetitia Nel en Pieter van Zyl is die enigste verdagtes wat tot op hede in verband met die ontvoering aangekeer is.

Hy het egter gesê die polisie kan nie die moontlikheid van nog in hegtenisnemings uitskakel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

ABC ·

Ai tog, maar sy lyk dan soos ‘n engel uit die hemel. Kyk dan net al die ABC en skool traktaaitjies wat sy op die mure geplak het om die kinders te leer. Mens moet versigtig wees deesdae.

leser ·

genoeg woorde kan nie ge-uiter word om die juffrou sleg te se nie
kon sy nie vir een oomblik daaraan gedink het hoe seer en traumaties dit vir so ‘n klein mensie sal wees om deur so-iets te gaan nie
hopelik kry sy ‘n harde straf en dat sy nooit weer met kinders mag werk nie, nie eers om kinders van haar eie te he nie, en as sy kinders het moet hulle van haar af weggeneem word

Theoman ·

Wanneer gaan ons mense leer dat skurke nie weg kom nie!!! die onnie het haar hele toekoms op gefoeter, ek kan nie glo dat mense so irrasioneel kan dink en op tree nie, ek laat my hoof in skaamte sak, hemel Afrikaners wat doen julle aan ons.?

LHS ·

Lesufi almal weet die enigste rede hoekom jy daar is, is omrede daar media is. Skynheilige karakter.

Gesiggie ·

Sy lyk soos n gawe mens met n goeie hart? , maar moet nie dat die foto jou hart sag maak… sy was instaat om n dogtertjie te ontvoer?? en haar ouers deur hel te sit Nou is jou goeie dae verby Juffrou en niemand sal jou ooit weer kan vertrou, skaam jou… wat het jou besiel.

KO ·

Kan ons nie nou die saak laat rus, of gaan daar oor die volgende weke nog steeds gehamer word oor die saak.

Ekke ·

Ongelukkig is daar geen kans dat mense sal ophou grawe en praat nie. Dit is ‘n slegte gebeurtenis wat eenvoudig nie sin maak nie. As daar regtig 4 bravo manne was en reeds die 3, is klaar 7. Hoe ver het enigeen van hulle gedink gaan hulle kom met 2 miljoen? So dit was ‘n stupid plan van begin af.

Lielie ·

@KO…die saak begin nou eers, so daar gaan nog baie daaroor berig word in die volgende paar weke.

Gaitsigubib ·

KO die volle waarheid is nog nie gehoor nie en jy wil nou al die saak laat rus, nog voor die vier mans wat die kind gegryp het gevang is. Ag nee man jy maak nie sin nie. Sal jy nie die volle waarheid wil hoor wanneer jou eie kinders ontvoer word?

Tina ·

Waar is die ander skurke se fotos…???!!! Name en shame hul almal!
Sterkte vd ouers die hofsaak gaan jul emosioneel nog verder dreineer maar moenie toelaat dat die skurkte julle onder kry nie!

Stella ·

Sy wou seker nie meer week en skoolhou nie toe kies sy daai uitweg om vir altyd by die huis te sit

Marius ·

Seker is daai ‘n ou foto maroela media kry vir ons die hof een van vandag sy sal nie so mooi lyk as sy mense so baie skuld vir dwelms.

Annie ·

Ek kies vandag om vir jou te bid juffrou… ek bid ook vir jou pappa wat so hartseer voor die hof staan en vir jou verdedig en nog steeds vir jou verseker van sy liefde en bystand… en dan juffrou bid ek dat jy sal verlos word van jou dwelm afhanklikheid.. sien hierdie tyd in aanhouding as ‘n tyd om weer beheer oor jou lewe te kry.. ek weet jy kan ‘n ander nuwe mens ander kant uitkom.. ek kies vandag om vir jou te bid omdat my eie lewe nie sonder foute is nie en tog het ek oneindige genade van ons Hemelse Vader ontvang.. ek weet jy kan ook .. ek kies om vir jou vandag te bid en jou by Jesus se voette te los en te bid dat Hy met jou sal werk en dat Sy hande jou hart en lewe sal vorm van nou af…

JC ·

Dankie Annie, kom ons glo dat goeie dinge hieruit gebore sal word. Ons weet mos daar is ‘n doel met alles.

Mariki ·

In hierdie hartseer wereld van ons, staan ek vandag met jou opinie. Sy sal haar straf ontvang, maar ek bid ook dat sy terselfdertyd tot sal kan kom en ,n 180 grade in haar lewe kan doen…. Haar pa is so gebroke… dit is verskriklik vir ‘n ouer… siestog…. mag iets goeds hieruit kom…

Jp ·

Eks glad nie n gelowige nie.
Maar wil net se dus pragtig gestel.

Baardman ·

Amen.Goeie voorbeeld Annie dit help nie om haar sleg te maak nie,bid vir haar God sal intree en haar oë open.Dankie

Jan P ·

Ouma se jelly tots!! So mooi Nou is haar lewe n gemors! Dwelms en drank verwoes ordentlike Mense. So verdomp hartseer!

Kootjie ·

Verseker!! Maar ons moet besef; die eindtyd is voor die deur en Sy nabyheid is naby!! Dis eers na die wegraping dat dinge gaan verander!! Eers nog ERGER…… en dan… ons moet net onsself regruk!! En rerig bekeer! Elke een sal self voor die RegterStoel moet verskyn!! Vir Sy of Haar dinge!! Maar self verantwoording!! Dis net jy!! En jy alleen!!!

Melanie ·

My kinders was ordentlik grootgemaak maar een van hulle het as tiener die pad byster geraak. Na die hofsaak het ek vir die ander persoon om verskoning gevra vir my kind (wat laankal nie meer ‘n tiener was nie) se gedrag. Ek weet hoe voel Riaan Botha vandag. Moet hom asb nie kruisig nie. Dit is nie sy skuld dat sy dogter so opgetree het nie.

CN ·

Melanie, jy se dit so goed! Wens mense wil ophou klip gooi, en kruisig, en eiertjies le wanneer hulle geen benul het HOE sy groot gemaak is en HOEKOM sy die pad duister geraak het nie… Ek voel jammer vir haar pa, sy bly sy kind :(

Mariki ·

Sjoe, ek voel vIr haar pa…. self ,n moeder van ‘n dwelmverslaafde…, hulle doen goed waaroor niemand anders beheer het nie….. ek bid dat die krag van Bo sal ontvang…..

Bre ·

Melani, jy is reg. Ek voel vir beide ouers (Amy-Leigh en Tharina). Hulle gaan deur diep waters. Mag ons nie oordeel nie maar elkeen van hulle in gebed opdra aan ons Hemelse Vader. Mag iets goeds hieruit gebeur, nie net vir Tharina nie maar ook vir die hele Suid-Afrika. Mag hierdie geval ons Suid Afrikaners nader aan mekaar bring, menende dat ons vir mekaar sal omgee en mekaar beskerm en bystaan. Mekaar sal respekteer en die son oor elkeen sal sien skyn. Ek hoop dat daar vergifnis sal wees en dat ons in die toekoms sal saamstaan en deur al die probleme werk.

Abel ·

Geld is ñ euwelse ding!!! Kan net nie ophou dink aan daai kleine lyfie, hoe bang sy moes wees sonder haar mamma, pappa en boetie nie!! Om te dink ñ juffrou kan so wreed wees, wat elke dag met kindertjies werk!! Hoop nie jy mag ooit weer ñ juffrou wees nie!

OEPSIE ·

Dwelms laat n mens die verskriklikste dinge doen.
Ek weet dit is die ding in haar kop nou: ” hoekom het ek nie vir daai gewete van my geluister nie en opgehou dwelms gebruik nie….HOEKOM!”
Dis n jammerte vir almal wat berokke is in die hele verhaal….nie net die skuldiges en slagoffers nie maar hul familie en vriende ook.

Yvette ·

Uilspieel Ek neem aan die vier Wat gegryp het het die vuilwerk gedoen en v minimale bedrag. Hul was nie die Wat dit beplan het en die breine agter dit nie. Was slegs werkers Wat dalk moeilik Sal wees om hul op te spoor. Die belangrike mense Wat dit uit gedink het en beplan het is gevang en dis reeds Baie goed dat hul vas getrek is.

Uilspieel ·

Dan is daar mos meer betrokke… Waar is die name van die swart mans wat die gryp werk gedoen het?

INA ·

Dwelms laat mens vreemde dinge doen!!! Dit stomp mense af & àl waarvoor hul leef, is die volgende “fix”!!
Menige moord is al deur die gebruik van dwelms gepleeg… Tharina, èk dink nie jý is inherent sleg nie. Jy het net die verkeerde ding beproef & dit het beheer van jou denke geneem… STERKTE!!
Mag jy vd dwelms verlos word & die lewe leef wat vir jou bedoel was…

FRANCIS ·

HOE KRY N MENS DIT REG OM SO IETS AAN N KIND TE DOEN ,EN DIT NOG N ONDERWYSERES ? WAT N KIND BEHOORT TE VERTROU ? ONS LEWE HET SIEK GEWORD !!!

Anoniem ·

Ons is almal mense met foute en in ń oogwink kan ons lewens ook verander. Kom ons bid vir hierdie mense wat betrokke is. Ons is bevoorreg om al ons probleme vir die Here te kan gee en dan ook te kan weet dat Hy ons dit vergewe. Ons moet ook bid dat die Here hulle lewens ook sal aanraak en hulle die nodige krag sal gee om hulle deur hierdie tyd te dra.

Waarheid ·

Hoop sy en haar maatjies sit lank sodat hulle elke dag vir n laaaaaaang tyd kan besin oor wat se vreeslike ding hulle gedoen het.
Hoop net hulle besin?

Benita ·

Wat ek nie kan klein kry nie, is hoe is hierdie drie aangekeer as die vier wat vir Amy-Leigh oorspronklik gegryp het nie eers gevang is nie?
Hierdie som klop nog glad nie…..

DogEkSeMaarOokNet ·

Ons ALMAL bly in glashuise, en hoe kan ons klippe gooi?!?! Niemand maar NIEMAND is sonder sonde nie. Die Liewe Vader het ons geskape met eie keuses en verstand om te kan soos Adam en Eva. Sy en die ander het VERKEERDE keuses gemaak en sal self hulle skuld moet bely en vergifnis vra. Ons kan dit nie namens hulle doen nie. SWAK SWAK VERBY

Anoniem ·

Ek skaam my vir hierdie mense wat Tharina nou met klippe gooi. Hulle gaan aan asof hulle nog nooit iets verkeerd gedoen het nie. Sy het n probleem van drugs en dit is nie n maklikke pad om te loop vra maar ouers wie se kinders so probleem het of gehad het. Die kind glo ek se lewe was nooit in gevaar dat sy trauma beleef het glo ek n maate dat sy beleef het maar omdat die vrou aan haar bekend was glo ek nie dit was so geweldig nie. Sy was nooit seergemaak nie, maar mense gaan aan asof sy hel deergemaak het. Waar le jul Christelikke waardes. Hoekom gaan julle nie op julle kniee en bid vir albei families nie. Nee julle gooi klippe en se sleg en die een wat jy verwag wat dit sou doen Amy se ma sy sit en huil omdat dit haar vriendin is omdat sy omgee en nie kan glo dat haar vriendin tot so iets in staat is. Amy se ma toon meer meegevoel as julle klomp wat net sleg se en klippe gooi. Sies man sies julle spul fariseers.

Mariki ·

Sal seker daarvoor gestenig word, maar ek wil met jou saamstem…. dwelms doen erskriklike goed aan mense, dat hulle werklik nie nugter kan dink nie….. ek weet sy (die onnie) gaan maar haar straf moet vat, mAar die hartseer in hierxie verhaal skreeu n mense se empatie, en betrokkenheid en meegevoel met dwelmverslaafde…. ek kry albei partye verskriklik jammer….dit is baie hartseer…

KaterinaKat ·

En as dit Jou kind of kleinkind was wat ontvoer was?? As my vriendin so iets gedoen het, moes sy die hof maar liewer versoek om haar lewenslank in die tronk te sit. Want as ek haar ooit daarna in die hande moes kry, selfs 30 jaar later, sou sy wens sy was liewer nog in die tronk. Geen wonder dit gaan so sleg met die blankes in hierdie land nie. Ons word reeds genadeloos uitgewis deur anderskleuriges – nou dat ons eie blanke volk sulke dinge doen aan weerlose kindertjies, moet ons maar net vergewe en vergeet?? Pateties.

Mm ja nee ·

Mense wat gaan aan, die klomp het n kind ontvoer!! Niks, absoluut niks daaraan is reg nie, mag hulle ordentlik gestraf word sodat dit n les vir ander ook kan wees en hierdie tipe van ding verhoed kan word. Straf goed wat verkeerd is.

Hetta ·

Ek kry Almal wat betrokke was by die gemors innig jammer. Niemand het so iets verwag nie. Sterkte aan Almal vir wat voorlê.

Lethisinkin ·

Elkeen is vry om te keuses te maak, tog is niemand vry van die gevolge van dië keuses nie

Ange ·

Die juffrou se dogtertjie en familie rn vriende word ook hier deur geraak, dit moet verskriklik wees vir so klein mensie om te weet haar mamma is in die tronk vir ontvoering, dalk word sy nou by die skool geboelie en almal praat van haar mamma as sleg maar sy sien nie die sleg nie want dis haar mamma. Baie mense se lewens het onherroeplik verander toe Amy ontvoer is. Ek dink aan albei families en vriende want vir n pa om so te staan voor n hof en sy dogter se dade te verduidelik en vergifnis te vra kan regtig nie maklik wees nie. Hy is stukkend saam die gemeenskap.

Mariaan ·

Danien..tog is is in die oggendure sommer in die straat afgelaai….se nou sy kon daar gegryp gewees het ook…dit was lewensgevaarlik!! Jy dink nie mooi nie…hierdie is n siek storie…as dit my kind was….GEEN verskoning vir die daad….dit was beplan..genoeg tyd gehad om te dink…en ja…drugs kry die skuld…MAAR n kind moet NIE die prys betaal…en dan verwag hy mens moet nou “nie so oordeel nie”…..bog man!!!!

Sputnik ·

Danien is een van die min mense wat hier kommentaar lewer wat nugterdenkend is. Die daad wat gepleeg is, is afskuwelik, maar bid eerder en sê dankie dat almal lewe, dat niemand seergekry het nie, dat Amy-Leigh en haar gesin geen letsels sal oorhou nie, dat die jonge onderwyseres, indien sy skuldig bevind word en haar straf uitgedien het, genees en bekeer sal word en weer eendag ‘n normale lewe sal kan lei – selfs weer met kinders sal kan en mag werk. Is dit te veel gevra? Daar is nog baie in dié “toneel” vir wie daar gebid kan word . Dink nugter, mense!

Niklaas ·

Daai Human vrou sal sekerlik nie lig daarvan afkom nie. En volgens media berigte het sy dwelm skuld , en kyk waar laat dit haar in beland.

Gloria ·

Know your enemy ……… keep your friends close but keep your enemy closer

Se iets ·

Ek wil net weet by almal hierbo.
Het ek iets gemis, waar is dit dat die juffrou dwelms gebruik het?

Gwen ·

Hierdie is ‘n tragiese gebeurtenis maar wat my vestom is dat almal nie kan glo dat ‘n onderwyseres betrokke is nie. Is onderwysers dan veronderstel om verhewe te wees. Ek weet van baie onderwysers en onderwyseresse wat kinders se lewens verwoes het daar reg in die klaskamer.Net ‘n jammerte hulle kom weg daarmee.

jakes ·

N vriend van my het 2 mense vermoor as n huurmoordenaar om sy dwelmskuld te betaal. Hy is gevang en het 30 jaar tronkstraf uitgedien, is onlangs vrygelaat. Hy het n graad gehad voor hy die misdaad gepleeg het. Die Human vrou is baie mooi en sy het so pas haar lewe verwoes agv dwelms. Nog n jong lewe aan skerwe en dit ten koste van n pragtige dogtertjie op wie se lewe ook n letsel gelos is. Baie tragies.

Cherokee ·

Is jy baie seker van daardie beweerde ’30 jaar’? Januz Waluṡ is nou sowat 26 jaar in ‘n tronk en jou vriend was langer toegesluit? Dit is selde wat sulke lang tronkstrawwe uitgedeel word.

M Walter ·

Look into any mirror and you will see the person solely responsible for every choice made in life be it for good or for evil. No other can be blamed for choices made from free will. Just my perception of life.

Hasie hop ·

Annie,
baie dankie. My hart is saam die land in rou oor wat gebeur het my hart het geruk van pyn vir die ouers en die kind. Ekt lam gevoel soos die dag met Driehoek se brugramp…. ambulanse wat jaag en n helikopter kort kort oor my werksplek se dak…. ek was bekommerd toe ek lees wat aangaan in die media…. en steeds kan ek nie vandag help om te dink aan die juffrou nie. Baie verkeerde keuses, dwelms wat jou kop dof maak en jou alle redenasies verloor… maar ek weet vir n feit in my hart sy was n bitter goeie mamma en juffrou tot op daardie dag. Ons almal maak ongelooflike slegte foute, en dit word nie aan die grootklok gehang nie…. maar ek wil se….. Hy/sy wat sonder sonde is, gooi die eerste klip….. en almal van ons sal skaam omdraai en loop. Juffrou, sterkte. Hoop die Here is met jou en help jou om sonder die dwelms te kan aangaan, om te kan jammer se, en regtig te verander. Ek sit jou by Jesus se voete, vir jou en jou mede beskuldigdes….. baie sterkte aan almal betrokke.

AH ·

Niemand kan die daad goedpraat nie. Selfs al het die kindjie nie iets oorgekom nie, is sy oud genoeg om alles te verstaan en te onthou vir die res van haar lewe. Sy is seker ook lief vir die juffrou, so sy sal by alles nog die gevoel van verraad ook ervaar, al kan sy dit dalk nie verwoord nie. Die juffrou het ‘n klomp mense se lewens verwoes, so ek hoop sy gaan vir ‘n lang tyd tronk toe en word hopelik gerehabiliteer sodat sy weer ‘n kans kan kry om ‘n nuwe lewe vir haarself en haar familie te skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.