Amy-Leigh-ontvoering: Drie gaan borgtog vra

Tharina Human (Foto: Facebook)

Die drie beweerde baasbreine agter die ontvoering van klein Amy-Leigh de Jager sal Donderdag in die Vanderbijlpark-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Die drie, Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl, het op 9 September vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot vandag uitgestel is. Hulle het nog nie op die aanklagte van ontvoering gepleit nie. Die hof sal na verwagting vandag meer besonderhede hoor oor die omstandighede rakende die ontvoering om te besluit of die verdagtes op borgtog vrygelaat kan word.

Die sesjarige Amy-Leigh is op Maandag 2 September omstreeks 08:00 voor die Laerskool Kollegepark, waar sy ʼn graad R-leerder is, uit haar ma, Angeline de Jager, se arms gegryp. Vier mans in ʼn Toyota Fortuner het glo met haar weggejaag.

Die ontvoering van Amy-Leigh het gelei tot ʼn reusesoektog na haar – asook onophoudelike bespiegelings oor wie vir die dramatiese ontvoering verantwoordelik was. Amy-Leigh is die volgende oggend ongedeerd teruggevind.

Die drie verdagtes is tussen die aand van 4 September en die vroeë oggendure van 5 September by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem.

Dit het hierna aan die lig gekom dat ʼn onderwyseres by Amy‑Leigh se skool, Human, een van die verdagtes was wat in hegtenis geneem is.

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

Die beheerliggaam van Laerskool Kollegepark het op die dag van die eerste hofverskyning bevestig dat Human, ʼn voormalige graad RR-onderwyseres by dié skool, geskors is hangende ’n ondersoek oor haar beweerde betrokkenheid by die ontvoering. Human het vir Amy‑Leigh se jonger boetie skool gegee en was in ʼn stadium goeie vriende met die kinders se ouers.

Human was sedert die begin van die jaar ’n onderwyseres by die skool en in ’n beheerliggaampos aangestel.

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Human se pa het sy dogter in die hof ʼn drukkie gegee en ná die hofverrigtinge gesê die familie het ʼn hegte band en dat hulle saamstaan deur die gebeure.

“My dogter is lewend. Die ontvoerde dogtertjie is lewend en dit gaan goed met haar by die huis. Ons moet nou hoop en glo en na die toekoms kyk,” het Botha, wat by tye baie emosioneel geraak het, buite die hof gesê. Verskeie mense het hom ook daar ondersteun.

Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend aan Maroela Media gesê geen verdere verdagtes is al in verband met die ontvoering in hegtenis geneem nie. Die polisie het wel vroeër gesê nog in inhegtenisnemings kan volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

KrokodilBotha ·

Defnitief geen borg nie asseblief. Hoop n groot groep gaan voor hof lawaai teen enige borg. Wag ook in spanning vir meer inhegtingsnemings.

Johann ·

As daar dan vier mans was wat haar gegryp en ontvoer het, wat het van die ander drie geword?

Oom Jaco ·

Hoekom geen borg? Indien die verdagtes ń vaste adres het en nie ń vlugrisiko is nie, dan kan borg toestaan word deur die hof…

Loutjie ·

Moet lees ….ma van n kind…kry ma jammer wie se kind dogtertjie ontvoer het .

Oom Jaco ·

Hoekom kom dit hulle nie toe nie? Ń verdagte in Suid-Afrika word geag onskuldig te wees totdat die verdagte deur ń hof skuldig bevind word…

Volstruis ·

Wat is die storie agter die storie? Hier is n slang in die gras!

Lizelda ·

@Volstruis… hierdie storie pla my vreeslik, want ja, daar is baie meer agter die storie as wat beweer word. Ons sal maar moet wag en kyk.

Petro ·

GEEN BORGTOG!! GOOI DIE TRONKSLEUTELS WEG SODAT HULLE IN DIE TRONK KAN VERROT!!!

loutjie ·

“Se net” ek was onder die indruk Tharina het n dogtertjie. Ek het vorige kommentaar verkeerd gelees. Daarom gese ek kry dogtertjie jammer van ma wat n groot fout begaan het

Suzie ·

Almal gaan so mal oor vroue regte en “violence against women” dat hulle vergeet van die kinders. Slegte dwelm gebuiker mamma’s kry net hulle kinders terug by die kinderhof in Pretoria Sentraal want “sy is nou skoon” die kind se trauma met DIE mamma terwyl sy dwelms gebruik het word glad nie inag geneem nie “dis nou in die verlede” kindtjie moet terug gaan na haar toe om te “BOND”. Siek samelewing en justisie vir kindertjies, net “mamma” tel.

Mossie ·

Tharina het n hengse fout gemaak en moet ongetwyfeld straf kry daarvoor, sy het duidelik nie aan haar dogtertjie of haar ouers gedink nie. Dit gee lesers egter NIE die reg om so kru te wees nie. Dank Vader dat Amy gesond en nou weer gelukkig is en met tyd en hulp sal sy en haar gesin hierdeur kom, net soos wat Tharina en kie hul straf sal moet uitdien. Tharina se dogtertjie en haar ouers sal egter nooit ten volle kan herstel na hierdie verskriklike ding wat sy gedoen het nie. Dink asb baie mooi voor jy n klip gooi.

Me too ·

Dis hoekom ons geleer is om te dink voor ons doen, soos wat sy haar leerders ook geleer het? En n outydse pak slae het ons ook gekry, hierdie gebeure is haarfijn beplan, maw daar is baie mooi gedink voor gedoen is, julle wat almal so skreeu vir doodstraf vir plaasmoorde? Met hierdie drugsgeld sou weer duisende kindersiele vermoor gewees het, bly ek is nie in die regter se skoene nie

Loutjie ·

Ek kan nie anders as om in verwondering te staar na al die kommentare nie. Kan nie anders as om ook die kind van n ma wat n groot fout begaan het jammer te kry nie….asook res van die familie. Maar vir almal wat net kan “klippe gooi ” miskien mooi dink. Ons almal het groen koring op die land. Dank Vader ek is so n situasie gespaar tot nou……gesien van albei families aan albei kante.

Se net... ·

Wat se fout het die kind de ma gemaak? Sy is nie betrokke nie. Die onderwyseres is verslaaf aan dwelms en skuld haar drug dealer geld

Loutjie ·

Moet lees ….ma van n kind…kry ma jammer wie se kind dogtertjie ontvoer het .

Hallo ·

Die ma waarvan gepraat word is Tharina. Sy het self ook ‘n dogtertjie, as ek reg verstaan.

Genieve ·

Gee hulle borg sodat die gemeenskap met hulle kan afreken…slegte regstelsel

Griet ·

Hmmmm….dié gaan ñ baie inressante saak nog word,met áls…wat nog gaan uitkom..
Mag áls,tot op die been,oopgevlek word!
Mag REG en GEREGTIGHEID geskied!

Wim ·

Waar is die ander ontvoerders?As die drie baasbreinne agter die storie al gearresteer is dan moet dit moes maklik wees om die ander op te spoor en te arresteer.

WMirabilis. ·

Waar is die mense wat hier so woes klippe gooi en oordele vel asof hulle gevrywaar word daarvan om ooit ‘n misstap te pleeg se medemenslikheid /empatie? Dis skrikwekkend dat mense so ongevoelloos kan wees met hulle kommentare. Sosiale media het van party ‘n klomp onvergewingsgesinde ‘woordmoordenaars’’ gemaak. En ja, voordat ‘n rots my teen die kop tref, Tharina en kie het ‘n vreeslike ding aangevang, maar gaan liewer op julle knieë en dank die Goeie Vader dat julle nie in hulle skoene hoef te staan nie en bid sommer ook vir genade dat julle nooit ooit voorbladstatistiek vir die verkeerde redes sal word nie.

ella's ice machine ·

Ek stem saam met jou , maar hou in gedagte, mense het daardie dag almal saam gestaan, saam gehoop , saam gebid. Almal se eerste reaksie was dat dit weer ‘n “normale” krimineel sal wees en almal het dadelik begin die woord gemors rondgooi, in vele gesprekke erger. Op die ou einde van die dag toe is dit een van ons volk se eie, ek dink dit het mense kwaad gemaak, dit het mense laat besef dat jy niemand meer kan vertrou nie. Dwelms of nou nie, Amy het onderlei deur aksies van ander, dinge wat n kind van 6 nie behoort van deel te wees. so ja mense is kwaad, mense oordeel. Maak niks jou so kwaad dat jy oordeel nie, Ek wys nie vingers nie, maar mense is kwaad en veral teleurgesteld.

ek wag maar en kyk want nog wurms gaan uit die blik uitklim.

Honey Bee ·

Se maar net: Dink hier word gepraat van die onderwyseres se kind nie van ma van Amy-Leigh nie.

Koos de Meyer. ·

Julle wat so klippe gooi, wat sy gedoen het is verkeerd maar maar julle wat dink jy staan, pasop dat jy nie val nie.

Dinah ·

Wat van die mans wat haar na bewering by haar ma gegryp het? Hulle is mos medepligtig maar jy hoor niks van hulle in die saak nie.

Rubber ·

Twyfel of borg toegestaan sal word. Daar was reeds stories dat hull gereed gemaak het om te vlug.

Pieter ·

Dis reg – gee vir hulle borg dan kan die publief die saak verder voer.

Guve ·

Gooi klippe , want jul bly in huise van glas , ek stem ni saam wat hul gedoen ht ni, maar regtig kom di wraak ons toe?

MANIE ·

Die mense kom my voor asof hulle mediavrate is. Waar jy koerant of tydskrif oopmaak moet jy na die storie kyk. Daar is baie ander kinderontvoerings wat nie die plaaslike koerant haal. En dan is die aunties met die anc kappies weer op voorgrond- nie vir geweld maar vir ras. Hoekom sien ons hulle nie waar hulle mense elke dag in die hof staan vir erger geweld as die?

En nou? ·

Almal betoog oor die geweld teenoor vrouens en kinders…
Hier was die geweld deur ‘n vrou aan ‘n kind gedoen! Just saying…

Neels ·

Ek lees al die kommentaar , en dan wonder ek of al hierdie mense (wat kommentaar lewer )opgevoed is . Klink my baie van hulle is ook maar soos Jessica se kommentaar . Ek steun nie wat daardie mense gedoen het nie , maar wie is jy om te oordeel . Onthou daar is nie iets soos groot sonde of klein sonde nie . Sonde is sonde . Kan jy n klip gooi ?

Gaitsigubib ·

As daar nie groot sonde en klein sonde is nie waarom sal God sekere sonde nie ongestraf laat bly nie? Ek hoor graag van jou, dankie G.

Gaitsigubib ·

Kootjie glo my gerus dat jy nie “voor” enige iemand is nie. Ek weet nie wat laat jou sulke uitlatings maak nie.

Cathy ·

Mossie dankie. Ek lees hierdie berig en ander berigte en ek skaam my soms vir my mense wat so kru en “judgemental” is en amper nie kan wag om ‘n klip te gooi nie. Soos meeste van die berigte hier is daar mense wat ek voor jammer voel. Soos die human vrou se ouers… Amy Lee en haar ouers. Niemand wen in so storie nie :(

Hanlie ·

Soos Cathy dit tereg stel. “daar is nie ‘n wenner in so storie nie, almal het baie seer gekry deur hierdie daad. Wens Amy-Leigh en haar ouers sterkte toe en ook die Human familie.

Kas ·

Lewenslank word vir hierdie 3 gevraHoelank moet die Stella moordenaar dan kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.