Amy-Leigh-ontvoering: Twee vroue in tronk gedreig

Tharina Human en Laetitia Nel vanoggend in die beskuldigdebank. (Foto: Christel Cornelissen)

Die drie mense wat tereg staan vir die ontvoering van Amy-Leigh de Jager (6) en die afpersing van haar ouers, Wynand en Angeline, bly in aanhouding.

Tharina Human (27), Laetitita Nel (40) en Pieter van Zyl (50) sal eers op 1 Oktober hoor of hul aansoek om borgtog suksesvol was.

Die drie is op 4 September, skaars twee dae ná die dogtertjie se ontvoering, al in hegtenis geneem. Hulle is sedertdien in aanhouding.

Human en Nel het Vrydag ʼn aansoek gebring waarin hulle vra dat hulle in die polisieselle van ʼn plaaslike polisiestasie aangehou word, eerder as in die Johannesburgse tronk waar hulle tans gehuisves word.

Die vroue voer aan die gevangenes saam met wie hulle aangehou word, het die regstreekse uitsending van die borgtog-verrigtinge gevolg. By hul terugkeer na die tronk Donderdagaand het sommige van die ander gevangenes hulle met die dood gedreig, het Human en Nel aangevoer.

Staatsaanklaer Luanda Nqcobo het aan die hof gesê dít is waarom die staat die aansoek – dat die verrigtinge regstreeks uitgesaai word – teengestaan het.

Landdros Hussein Khota het gesê die saak het groot belangstelling reg oor die land gelok en dat besonderhede oor die saak selfs al voor die borgtogverhoor in die media en op sosialemedianetwerke was.

Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl vroeër vandeesweek in die beskuldigdebank. Foto: Christel Cornelissen

Khota het ook gesê daar is geen waarborg dat daar plek by ʼn polisiestasie vir Human en Nel gaan wees nie en dat toestande daar nie noodwendig beter gaan wees nie. Hy het die aansoek van die hand gewys.

Human, Nel en Van Zyl word daarvan beskuldig dat hulle die plan bewimpel het om Amy-Leigh te ontvoer – en dit toe ook uitgevoer het – en ʼn losprys van R2 miljoen vir haar vrylating geëis het. Amy-Leigh is sowat 18 ure ná haar ontvoering teruggevind. Sy was ongedeerd.

Amy-Leigh is op Maandag 2 September voor Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, waar sy en haar vyfjarige boeties leerders is, by haar ma gegryp. ʼn Man in ʼn wit Fortuner het met haar weggejaag.

Konst. Clayton Motlaung, die ondersoekbeampte in die saak, het Vrydag getuig dié man, wat op dieselfde perseel as Van Zyl gewoon het, het laat spaander toe die polisie by die kleinhoewe opgedaag het. Sy identiteit is aan die polisie bekend, maar hy is steeds soek.

Motlaung het Maandag ook aan die hof gesê uit die talle ontvoeringsake wat hy al ondersoek het, is dit die eerste keer dat vroue as beskuldigdes betrek word.

Hy het voorts getuig uit die drie beskuldigdes het net Nel ʼn formele bekentenis voor ʼn landdros gemaak. “Ons het ʼn sterk saak. Ek is vol vertroue dat die staat ʼn suksesvolle vervolging gaan verseker,” het Motlaung aan die hof gesê.

Al drie beskuldigdes het hulle koppe geknik toe die landdros aan hulle verduidelik het dat hulle in aanhouding bly tot hulle aansoek weer in Oktober hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Amanda Boshoff ·

Hulle wil nou simpatie en beskerming versoek. Hulle is volwassenes met gesonde verstand. Hulle moes gedink het voor hulle gedoen het. Geen simpatie

Ursula ·

Hoe dink julle het die onskuldige kind gevoel? Nie bedreig

T ·

Presies wat ek se hoe moes die kind voel. Dink hulle ooit daaraan? Nee … sy moes ook vir heoveel ure alleen op n vuil bank sit en sys net 6????

Johann Burmeister ·

Ek wil graag weet wat het geword van die 4 swart mans wat ontvoering uitgevoer het. Waar was onderwyseres tydens ontvoering. Ek verstaan nie of is baie “dof”

HB ·

Kan die mense tog net ophou vra wat van die 4 mans wat die ontvoering uitevoer het!
Die inligting sal nog uitkom, hulle het intussen die drie hoof verdagtes te kry

Leslie ·

Hoe moes Amy-Leigh in aanhouding gevoel het???
Voel nou hoe dit voel! !!!

AI ·

Hulle wil graag skyf want die tronk se mense dreig hulle hahaha, hoe dink hulle moes daai dogterjie gevoel het?? Ek het geen simpatie nie. Julle het julle bed gemaak, kom slaapies nou daarin :)

Wielspore ·

Die wat beskuldig word is nou die slagoffers, of so wil hulle pleit. Julle is nie ‘n aanwins vir die gemeenskap want julle optrede veroorsaak pyn in die samelewing. Bly in aanhouding wat julle optrede binne perke is.

Joubert ·

Ek wil glad nie hierdie daad goedpraat nie. Hierdie mense verdien gevolge vir hulle dade. Die vraag is, watter tipe gevolge verdien hulle? Daar’s vir my ‘n groot verskil tussen iemand wat uit deperaatheidheid iets verkeerd doen, soos ‘n kind ontvoer, teenoor iemand wat uit haat of wraaksug iemand anders se lewe neem.

Hierdie mense het dit uit desperaatheid gedoen. Hulle is deur die euwels van hierdie land en wêreld in ‘n gat ingetrek waaruit hulle nie kon kom nie. Ja dis hul eie skuld, en dis nie reg wat hulle gedoen het nie, maar niemand is dood nie. Aan die ander kant sit ons met amper daaglike beplande moorde in hierdie land wat so algemeen is dat dit nie eers meer die nuus haal nie. En daar’s baie keer nie eers ‘n rede daarvoor nie. Die doel is net om iemand dood te maak. Dis ‘n groot verskil in my opinie, en behoort baie verskillend hanteer te word ook.

@Joubert ·

Motief is nie versagtende omstandighede nie, anders behoort enige misdaad met genoeg motivering geregverdig kan word; hierdie ‘onderwyseres’ (en dis ‘n term wat nie vir so ‘n persoon gebruik kan word nie) was in ‘n posisie van gesag, en sy het haar posisie as vertroueling en leerkrag, absoluut misbruik vir eie gewin. Haar motief was absoluut selfgeldend en gewetenloos en behoort as verswarende omstandighede te dien. Sal jy so ‘n mens by jou kind vertrou? Sy skaad die naam van haar beroep. Die ergste is, sy is ‘n ma. Watse ma doen dit aan ‘n ander ma? Ek het nie woorde nie!!!

WMirabilis. ·

Ek stem saam met jou Joubert. Maar ek is bevrees jy gooi jou pêrels voor die swyne.
Wat baie hier op MM nie besef nie is dat dit wat jy hier kwytraak eintlik baie oor jouself openbaar.
“Uit die oorvloed van die hart spreek die mond” ( Christus – Matteus 12:34).

Jan Nel ·

Dankie vir jou sinvolle en stemmige kommentaar Joubert. Ek kan miskien net op die repliek wat jy ontvang het antwoord.

Natuurlik is die motief van belang. In hierdie geval welliswaar nie genoeg om die misdaad te regverdig nie, maar welliswaar moontlik as strafversagting.

En voor iemand opgewonde raak en skel; vra jouself baie rustig en denkend die volgende vraag oor motief. Antwoord of jy dink die straf moet dieselfde wees in die volgende gevalle:

Geval A: Die persoon ontvoer ‘n kind met die motief om geld te kry om ‘n luukse sportmotor te koop.

Geval B: Die persoon ontvoer ‘n kind met die motief om geld te kry om ‘n skuldenaar te betaal wat die persoon se eie kind daadwerklik met die dood gedreig het, indien betaling nie voor die einde van die volgende dag plaasvind nie.

(Die aard van die skuld is irrelevant, jou kind bly jou kind ongeag jou eie sondes.)

@Jan Nel ·

Wat jy sê maak sin, maar wat van die ontvoerde kind se ma? Wie se kind se moet voorkeur kry? Die een wie haarself in ‘n situasie gebring het vanweë dwelms sodat haar kind gevolglik bedreig word, of die een wie se kind soos ‘n stuk eiendom gebruik word vir ‘n losprys en wel in lewensgevaar was? Salomo sou seker kon sê; my siening- die kinders is onskuldig, maar net een volwassene se optrede het albei kinders se lewens bedreig en erge trauma in ten minste een kind se lewe veroorsaak.
Wanneer jy vanuit die invalshoek kyk van skade aan Amy-Leigh, kan ek nie sien dat daar versagtende omstandighede is nie; dit sou impliseer een kind se welstand is vir die hof belangriker as die ander, daarom regverdig dit Amy-Leigh se ontvoering. Sy bly die slagoffer.

Jan Nel ·

Ek probeer slegs die punt maak dat “motief” (wat hier bo voor die voet afgeskiet word as irrelevant) wel as strafversagting aangevoer kan word. Oor die spesifieke meriete daarvan in hierdie geval kan ek my nie uitspreek voordat getuienis nie gelei en getoets is nie.

Ek kan weer ‘n voorbeeld probeer gee oor hoe motief wel ‘n rol kan speel. As hierdie selfde mense wat Amy-Leigh ontvoer het, die motief gehad het om haar as seksslaaf te verkoop en te laat verkrag om porno-films te maak, sou jy nog dieselfde straf voorstel as tans?

@Jan Nel ·

Werk die hof met ‘Wat as?’ en ‘Dit was nie die bedoeling nie’ ? Of beskou die hof die harde feite, nl ‘n kind is ontvoer deur ‘n persoon wat haar geken en moes beskerm het? Sy het haar eie kind beskerm ten koste van ‘n ander weerlose kind.
Was dit werklik haar enigste uitweg of oplossing? Dit sal seker soos jy sê ontvou soos die saak verloop.

Adelaide ·

Ek stem 100 % saam. Ek dink dit was uit desperaatheid gedoen, ek praat dit ook ni goed ni, en ek dink dit was n bietjie drasties. Ek dink ook ni dat hulle die arme kind sou leed aandoen nie…

Spook op thaba ·

Sal ek nou se soos my vrou altyd se….Ja ne, soos het elke sport sy beserings

Dan ·

As jy jou uitgee as toffie.. gaan jy gekou word..
Julle moes daaraan gedink het voordat julle daardie gesin deur soveel trauma geplaas het.

En die luukshede van tronkbewoners – laat my steeds verstom!

Adelaide ·

Deesdae kry jy makliker dwelms in di tronk, as buite di tronk. Jy kry korrupte bewaarders wat dit in smokkel….. dis die hartseer waarheid….

Hanlie ·

Dit was dalk uit desperaatheid, maar nogtans dit was ‘n afskuwelike daad!!! Jammer, ek kan nie vir hulle jammer voel nie.

Osie ·

Zero empatie. Zero simpatie. ‘n 6j dogtertjie is deur hel te danke aan julle. Hoop van harte jul kry wat jul verdien.

Gaitsigubib ·

Joubert dit is waar wat jy se, maar jy moet ook onthou dat ‘n desperate persoon uiters gevaarlik is. Hier sien jy net weer tot wat hulle instaat is. As mens kinders het is so iets jou grootste vrees.

Bert ·

En dit het als begin met drugs.
Is die Nigerise drukdealer tenmindste ook opgepak?

Anel ·

Ek het nie geweet dit gaan nou so lekker in die tronk nie? Het seker dstv ook. En wie betaal? Drie etes op ‘n dag, klere, blyplek, doen niks, want daar is mos menseregte. Wat van ons oumense op staatspensioen? Die wêreld is op sy kop.

Stephanie ·

MM, is die ma se naam Angeline, of Angelique soos in vorige berigte?

Groete

Anja van der Merwe ·

Dagsê Stephanie

Dankie vir jou kommentaar. Die ma se naam is Angeline soos in die berig aangedui.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

pieter ·

Gee hulle borg. Hulle was nie van plan om Amy_Leigh seer te maak nie. Die media ruk alle uit verband!!!!!!!!!

Linda ·

Al wat ek eil se is, en ek lees hier kommentaar dat die ontvoerders nie vir Amy-Leigh wou seer maak nie !!! Wat sou na 2 uur daardie nag met daardie klein dogtertjie gebeur het wat naby Sebokeng afgegooi was, as daardie twee barmhartige samiritane haar nie hoor huil het nie !!! Sou sy verkrag en vermoor geword het ??? Hierdie mense behoort geen borg te kry nie !!!

zeno ·

Pieter- hulle moenie borg kry nie, laat hulle sit lewenslank. Hulle verdien dit.

Annalize ·

Dis waar, sy is nie fisies seer gemaak nie. Geestelik is sy moontlik geknak. Baie moeiliker om emosioneel as liggaamlik gesond te word. Ek mag nie oordeel nie, maar wat hulle gedoen het was nie ñ ligtelike ou dingetjie nie. Kry hulle borg en die drug lus pak hulle weer? Laat hulle daar sit en gesond word. Dis beter vir hulle so.

Jo ·

Of nie, hulle verdien die ergste wat kan gebeur, daai kind leef gelukkig maar haar lewe is verwoes, mans insluitend myself moet kinders en vroue erenstig opneem, anders word hulle soos waslappe gebruik

Bridget ·

Wonderlik laat hulle sit hoop- hulle kry glad nie borg nie om dit aan ‘n kind te doen nee wat laat daai gewete oortyd werk vir hulle al 3 baie tyd om te dink wat hulle aan gevang het

Ekke ·

Dalk makliker om te ontsnap uit ‘n polisiesel as ‘n gevangenis???

Linda ·

Soos wat ek kan aflei van al die media berugte, was die swart mans die ‘drug lords’. Toe hierdie ontvoering orals in die nuus en op sosiale media kom, het hulle verdwyn. Sekerlik vanaf Nigerie, wie sal weet ! Nel het boonop haar voertuig vir hulle geleen om die ontvoering uit te voer !!! Ons moenie vergeet wat met Lee Mathews gebeur het nie, die ontvoerder het die geld gekry en haar nogsteeds dood geskiet !!

Linda ·

Ek dink terwyl hulle die ontvoering beplan het, en hul die losprys sou kry, sou hulle hierdie kind dood gemaak het, sodat sy nie kon praat na die tyd nie.

Linda ·

JJ….Ek dink nie hierdie hele situasie is n grap nie. Ek dink hoe en wat met my kleindogter sou gebeur het, wat haar mamma en pappa aanbid. Op daardie ouderdom is n kind se veilige hawe sy of haar ouers of ouma en oupa, waar daar nie ouers is nie !

Maria ·

Ek is jammer, maar as jy so ‘n klein kindjie kan alleen los in ‘n stinkende donker put, is jy harteloos. Sy moes ongelooflik bang gewees het.
Dan het hul haar in die middel van nêrens in die nag net gelos en weggery –
Hul moet nou maar vat wat hul kant toe kom. Hulle was genadeloos en het met ‘n onskuldige
kind se lewe gedobbel.
Die kanse dat Amy Leigh gaan herstel en weer mense gaan vertrou, is skraal.

Christa ·

Hulle is grootmense en het mos geweet wat Om te verwag. Nou Moet hulle vat wat na hul Kant Kom of Wil hulle Nou skuil after hulle rokspante.

Gesiggie ·

Jul kry, wat jul verdien… en dit is maar net die begin?? julle moes daaraan gedink het voor jul Amy Leigh ontvoer het… jul gaan nog harde klippe kou daar binne”’

Jan Nel ·

Ek persoonlik sou twee keer gedink het voor ek die aansoek om oorgeplaas te word polisieselle toe, sou gebring het.

Hierdie informasie onder eed kan bes moontlik teen hulle tel in die hoof borgaansoek. Een van groot faktore wat in ag geneem moet word is juis die veiligheid van die beskuldigdes indien hul vrygelaat sou word.

As hul eie weergawe is dat mense in die tronk kwaad is en hul met hul lewens dreig, hoeveel te meer nie nog persone daar buite nie?

The Crow ·

Ag nee wat skattebol – tjank maar lekker. Die kind se trane het vir jou niks beteken nie. Joune ook nie vir my nie.

Liekalynn ·

Nee wat skat jou trane beteken niks. Julle moet al 3 permanent uit die samelewing verwyder word. Tronkstraf is te min

Blom ·

Ek se nie dat die mense nie tronk toe moet gaan nie maar regtig mense. Ons eie mense verlustig hulle so aan die storie en komentaar op ons eie mense. Maar regtig hulle sal altyd ons mens kry want ons het adresse en vingerafdrukke orals ens…. Maar die mense wat MOORD, RYP OPSETLIK DOOD MAAK.? Waar is ons monde dan. Ander mense kry hulle nie of gaan in tronk en kom weer uit oor paar maande. Die skaal van die land is hopeloos verkeerd. Hulle vervolg die mense wat geld het en borg geld kry ens maar ander mense het nie eers geld nie en kom uit op R500 borg? Tyd dat ons moet saam staan. Weereens se nie dis reg wat sy en hulle gedoen het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.