Amy-Leigh-ontvoering: Vier verskyn in hof

Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bofokeng Molemohi verskyn in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Die vier verdagtes in die ontvoering van Amy-Leigh de Jager het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

eNuus berig die saak teen Tharina Human (27), Pieter van Zyl (50), Laetitia Nel (40) en Bofokeng Molemohi (24) is tot 9 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die saak sal na verwagting dan na die hooggeregshof in Johannesburg verwys word vir verhoor.

Landdros Hussein Khota het verlede maand Human, die onderwyseres en vermeende baasbrein agter die ontvoering, en Van Zyl se aansoeke om borgtog van die hand gewys. Nel is op borgtog van R25 000 vrygelaat.

Molemohi het voorheen apart van die ander beskuldigdes verskyn aangesien hy eers later in hegtenis geneem is. Hy het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Die verdagtes word van ontvoering en afpersing aangekla. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ʼn plan bedink het om die sesjarige Amy-Leigh te ontvoer – en dit toe ook uitgevoer het – en ʼn losprys van R2 miljoen vir haar vrylating geëis het. Amy-Leigh is sowat 18 uur ná haar ontvoering teruggevind. Sy was fisiek ongedeerd.

Die dogtertjie is aanvanklik op Maandag 2 September voor Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, waar sy en haar vyfjarige boetie leerders is, by haar ma, Angeline, gegryp. ʼn Man in ʼn wit Fortuner het met haar weggejaag. Volgens die voorlopige getuienis was Van Zyl die man agter die stuur, terwyl Molemohi glo die grypwerk gedoen het.

Human, Nel en Van Zyl is op 4 September, skaars twee dae ná die dogtertjie se ontvoering, in hegtenis geneem. Molemohi is eers drie weke later aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

annie ·

Wys mens nou maar net jy kan GEEN mens vertrou nie… nie eers jou eie nasie nie!!

Wettelose SA ·

Dit het n hartseer dag in SA geraak as n mens nie eens meer jou kind se onderwyseres kan vertrou nie. Die plek waar jou kind veronderstel is om die veiligste te wees.

Wil weet ·

Kan Maroela Media dalk n update gee oor die baba Eden Laird ontvoering saak. Is die ontvoerders toe al gevonnis? Kry nerens op Google enige info oor die vonnis van beskuldigdes op daardie saak. Voel ons gereg neem te lank om mense te vonnis en sodoende gaan kosbare inligting verlore.

K.P ·

Hierdie mense moet ophou n media sirkus maak van die saak terwille van hulle kinders. Hulle speeel jn ander speletjie om die saak so in die kollig te hou

Dink hardop ·

Richard Branson, hier is ‘n foto wat jy kan gebruik as jy klaar om verskoning gevra het

Christa ·

Kan nie glo die saak sloer nog nie. Laat alvier tot Jan 2020 sit. Oor kersfees Sal goeie straf wees

PJC ·

Al hierdie ellendes deur dwelms veroorsaak. Nou wonder ek waar gaan hierdie “druglord” (nigerieër) sy geld nou kry nadat hy hierdie jongmens tot sulke uiterstes gedryf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.