Amy-Leigh-saak: Hofsaal stampvol vir verskyning

Amy-Leigh se ouers, Wynand en Angeline de Jager, kom by die hof aan. Foto: Mia Slabbert

Die drie mense wat beskuldig word van die ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager sal na verwagting binnekort vir die eerste keer in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Inwoners, belangstellendes en vriende en familielede van die betrokkenes het die hofsaal vroegoggend al stampvol gesit.

Die saak is tydelik uitgestel, onder meer sodat die landdros aansoeke dat die verrigtinge en die beskuldigdes in die hof afgeneem mag word, kan oorweeg.

Amy-Leigh is presies ʼn week gelede voor die Laerskool Kollegepark, waar sy ʼn graad R-leerder is, uit haar ma se arms gegryp. Vier mans in ʼn Toyota Fortuner het omstreeks 08:00 met haar weggejaag.

Die ontvoering het gelei tot ʼn reusesoektog na haar – asook onophoudelike bespiegelings oor wie vir die dramatiese ontvoering verantwoordelik is. Amy-Leigh is die volgende oggend ongedeerd gevind.

Die hofsaal was teen vroegoggend reeds stampvol. Foto: Mia Slabbert

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê twee vroue, 27 en 40 jaar oud, en ʼn 50-jarige man is Woensdagaand by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem in verband met die ontvoering.

Die Laerskool Kollegepark het bevestig een van die beskuldigdes is ʼn onderwyseres by die skool. Die skool se beheerliggaam het gesê hy sal ná die hofverskyning ʼn verklaring daaroor uitreik en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het verlede week ook sy teleurstelling uitgespreek dat ʼn onderwyser na bewering betrokke was by die voorval.

“Ons veroordeel enige wangedrag van onderwysers wat ons opvoedingsinstansies probeer ondermyn,” het hy gesê.

Lesufi het die laerskool vroeër besoek en sal na verwagting ook Maandagoggend se hofverrigtinge bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Stuiwer ·

Die saak is tydelik uitgestel? Hier gaan ons alweer! Nog ‘n saak wat uitgerek gaan word. Neem hulle af sodat almal kan sien wie verantwoordelik is. Hou op om die misdadigers te beskerm. Hulle het meer regte as die slagoffers!

Saartjie ·

Hoop daars bewyse vir daai aantygings Mans……. Naam skending is n oortreding

Corrien ·

Bewyse is baie belanrik, geen kombuis, skoonma of haarsalon stories nie. Ek praat uit ondervinding. Snert stories en hoorse het baie mense hulle lewens verwoes.

Anoniem ·

Maak asb van dié SAAK ‘n toets saak – nooit ooit moet iemand eers dink dat hulle met die klas snert kan loskom nie !

Mossie ·

Mense asb dink voordat die kommentaar sommer net vloei. Daar is 3 skuldiges en ja 1 is n onderwyseres wat skokkend is, maar dink aan die seer wat haar ouers op die oomblik deurgaan. Dis nie dieselfde as Amy en haar ouers nie, maar dis nogsteeds n ouer wat moet toekyk hoe sy dogter haar lewe weggesmyt het. Almal voel kwaad oor wat gebeur het, maar tel net julle woorde asb.

Swanna ·

Stem saam Mos. Kry eers daardie ander vier mans in die hande sodat hulle ook eers hulle storie vertel want in die verlede is daar al baie mense aangekla wat geensins met die saak te doen het nie of ook nie eens die meester brein is nie. Dar is iets agter hierdie storie.

Ansie ·

Sy moes aan haar ouers gedink het voor sy so iets gedoen het. Sy moes aan daai klein dogtertjie wat vir n heeldag honger en dors gegaan het gedink het…. Sy het net aan haarself gedink sy verdien alles wat haar kant toe kom. En mag hulle geen genade met een van die 3 in die tronk he nie. Ek het self 2 klein kindertjies, ek kan net dink waar deur Amy Leigh se ouers en groot ouers gaan. Net my 2 cent

Chellie ·

Ek dink daar moet dalk n wet ingebring word waar Onderwysers elke 3 maande n dwelm toets moet ondergaan.

Annelize ·

Ek dink, Onderwysstudent kandidate behoort strenger gekeur te word. En dit geld vir vanaf KLeuterskool tot by Hoerskool onderwysers. Sielkundige, persoonlikheidstoetse, die works. Dis te maklik vir enige Jan Rap en sy maat om deesdae Onderwys te gaan studeer, en dan is dit iemand wat nie naastenby eers met kinders moet werk nie.

Sulke Sielkundige en Persoonlikheidstoetse moet ook sommer jaarliks herhaal word op die bestaande Onderwyskorps, om die appels wat met die tyd verdor en die pad byster raak soos die ene hier in die beskuldigde bank, betyds uit te sif.

cath ·

Ek stem saam. My seun moet elke liewe oggend (saam met AL sy kollegas) blaas om seker te maak hulle kom nugter werk toe. Nie dat hy ooit so iets sou doen om dronk werk toe te gaan nie.. maar dis ‘n goeie ding

Wielspore ·

Stem saam met die dwelm toets vir onderwysers. By die werk word ons onderwerp aan toetse wat die sentrale senuwee stelsel onderdruk, dieselfde kan ook by skole toegepas word. Mense wat met kinders werk moet kan nugter dink.

@Chellie ·

Maak dit sommer vir die leerders ook dan spaar ons sommer baie probleme op skool.

Gansie ·

Annelize, ek stem 100% saam. Onderwysers moet 1 keer per jaar getoets word of hul nog in die onderwys hoort asook gereelde dwelmtoetse. Te veel kere word kinders as die probleem kinders uitgewys, maar dis eintlik die onderwyser wat die probleem onderwyser is.

HOOP ·

Kom ons HOOP dat die reg geskied.

Regters (die omkoopbares) is gelukkig onder druk as ‘n saak so publiek is, so daar behoort regte besluite gemaak te word.

Baie ander sake word jare uitgestel en REGTERS word betaal en omgekoop….JA.

Kom ons HOOP hier..dat niks onder deur die tafel gedoen word nie

J ·

Nou as jy so vol kennis is van regters wat omgekoop word, hoekom praat jy nie? Jy’s dan NET so skuldig!

Annelize ·

Assumptions is the root cause of all screw ups!

Hier is te veel “ek hoor by die een wat by daardie ene gehoor het, wat dit op die Facebook van sy niggie se aangetroude neef gesien het”. En dan word daar op loop gesit met ‘n storie. Almal moet nou maar rustig wag en kyk hoe die kaarte nou gaan val, want vla glo ek, gaan hulle val.

kolla ·

Nie eintlik uitgestel sodat hulle op ‘n ander dag moet terugkom nie. Hierdie uitstel beteken eintlik net ‘n tydelike onderbreking. Wat eintlik gebeur, is dat die landdros nou in sy kantoor enige aansoeke vir toelating van kameras sal oorweeg en met die regsverteenwoordigers bespreek. Hy sal dan ‘n beslissing maak en die gebeure sal voortgaan. Dis ook hul eerste verskyning so al wat waarskynlik gaan gebeur is dat die beskuldigdes om borgtog gaan aansoek doen. Dis ‘n ernstige oortreding so dit gaan waarskynlik ‘n formele borgaansooek moet wees wat later aangehoor gaan word. Die saak sal dan uitgestel word. Let ook daarop dat die staat se saak waarskynlik nog nie gereed is nie en nog ondersoek word so die saak kan nie nou onmiddellik afgehandel word nie (tensy hulle skuldig pleit). So werk regstelsels regoor die wereld in beskaafde lande, dis nie ‘n kangaroo court nie.

JG ·

So Kolla, jy reken RSA is n “beskaafde land” ??…motiveer asseblief…nuus-gebeure die laaste paar maande laat vrae ontstaan oor juis dit…

Liza ·

Ek dink dit is n baie goeie idee. Hier waar ons werk word ons elke oggend getoets vir alkohol en een keer per maand vir dwelms.

E.C. ·

Nou wil ek weet, siende dat dagga wettig is,en almal nou cbd olie en ander verwante produkte volgens wet mag gebruik, waar word die streep getrek m.b.t. wat ‘n dwelm is en wat nie…?

Penellope Jones ·

So ontvoering word gesien as “wangedrag”.

Gits, mens is regtig nooit te oud om te leer nie . . . . .

LOL ·

@Annelize- Korrek, en die ironie is Onderwys beurse word links en regs uitgedeel vir gemiddeld tot onder-gemiddelde kandidate maar A-studente wat in spesialiseerde rigtings studeer moet self betaal. Die land is ‘n grap.

jaco ·

Jy bedoel seker wit A-studente.
Bring daardie A ook maar af na B of C om dit met ou SA se standaarde te vergelyk.

jakes ·

Die saak dien voor n landros sodat die aangeklaagdes kan pleit. Afhangende van die skedule misdaad wat gepleeg is sal die saak verder verwys word na of n streeklandros of n regter wat dan die saak sal aanhoor in die hoogeregshof. Sodra die beskuldiges gepleit het mag hulle om borgtog aansoek doen.

Spook op thaba ·

Hoe meer ek met mense te doen het of oor mense lees, hoe dankbaarder is ek dat ek en my vroutjie n geisoleerde lewe lei.

Jan ·

Natuurlik was Pantoffel daar, hy kan net nie uit die kollig bly nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.