Amy-Leigh-verdagtes: Hiér is die vermeende baasbreine

Die beskuldigdes haas terug na die aanhoudingselle. Foto: Mia Slabbert

Die drie beweerde baasbreine agter die ontvoering van klein Amy-Leigh de Jager presies ʼn week gelede, het Maandag vlugtig in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

Die sesjarige Amy-Leigh is Maandag omstreeks 08:00 voor die Laerskool Kollegepark, waar sy ʼn graad R-leerder is, uit haar ma, Angeline de Jager, se arms gegryp. Vier mans in ʼn Toyota Fortuner het glo met haar weggejaag.

Vandag het Tharina Human (27), ʼn onderwyseres by die skool, asook Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl vlugtig op aanklagte van ontvoering in ʼn volgepakte hof verskyn.

Human se blonde hare was styf in ʼn poniestert vasgemaak waar sy langs Nel en Van Zyl in die beskuldigdebank verskyn het. Dit het gelyk of Van Zyl beserings aan sy gesig opgedoen het.

Human het deurentyd haar gesig probeer verbloem. Foto: Mia Slabbert

Die hofverrigtinge het maar enkele minute geduur waarna landdros Hussein Khota die saak tot 19 September uitgestel het wanneer die drie ʼn formele aansoek om borgtog gaan indien. Hulle het nog nie op die aanklagte gepleit nie.

Die verdagtes het hierna baie vinnig na die aanhoudingselle beweeg. Human het haar gesig met ʼn baadjie probeer wegsteek.

De Jager en haar man, Wynand, het voor in die hof gesit, digby waar Riaan Botha, Human se pa, ook gesit het. Hulle het die hofsaal inderhaas verlaat nadat die hof verdaag het.

Wynand en Angeline de Jager in die hof. Foto: Mia Slabbert

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het ook die hofverrigtinge bygewoon. Hy het buite die hof gesê hy wou sy ondersteuning aan die gesin gee en hulle bedank omdat hulle nie besluit het om hulle kinders na ʼn ander skool te stuur nie.

Human is reeds geskors. “Ons is ook hier om antwoorde te kry. Ons wil weet hoekom. Hoekom is ʼn skoolkind geteiken? Hoekom doen iemand iets van dié aard,” het Lesufi gesê.

Lesufi praat met Amy-Leigh se ouers in die hof. Foto: Mia Slabbert

Die LUR het gesê verskeie leerders het vir berading ná die voorval gevra, terwyl onderwysers ook gevra het vir ondersteuning. “Ons het ouers wat vra of hulle kinders veilig is,” het Lesufi gesê.

Human se pa het sy dogter in die hof ʼn drukkie gegee en ná die hofverrigtinge gesê die familie het ʼn hegte band en dat hulle saamstaan deur die gebeure.

“My dogter is lewend. Die ontvoerde dogtertjie is lewend en dit gaan goed met haar by die huis. Ons moet nou hoop en glo en na die toekoms kyk,” het Botha, wat by tye baie emosioneel geraak het, buite die hof gesê. Verskeie mense het hom ook daar ondersteun.

Die ontvoering van Amy-Leigh het gelei tot ʼn reusesoektog na haar – asook onophoudelike bespiegelings oor wie vir die dramatiese ontvoering verantwoordelik was. Amy-Leigh is die volgende oggend ongedeerd teruggevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Dragonfly ·

Ek verstaan nie. Hulle het gepraat van 4 vrouens en 1 man. Waar is die 4rde vrou dan?

Lindie ·

Van die mense word nog gesoek deur die polise. Die drie wat verskyn het, is die drie wat reeds gevang is.

Adri ·

Ek verstaan nie wat Lesufi daar maak nie. Die ontvoering het nou wel buite ‘n skool gebeur, maar dit kon enige ander plek ook gebeur het. Hy is sommer net nuuskierig en probeer een of ander wins uit die episode maak.

Stuiwer ·

Ai Adri, gee Lesufi darem ‘n bietjie krediet. Ten minste het hy gaan gesig wys. As dit ‘n swart dogtertjie was en hy het die verrigtinge bygewoon, sou die mense weer gesê het dat hy net die verrigtinge bywoon, omdat sy swart is. ‘n Mens kan ook nie wen nie.

C.J.P. ·

Dit het buite die skoolgrond, met ‘n skoolkind gebeur waarvan die onderwyserres die meester brein was. Ek verstaan nie hoe dit NIE iets met hom te make het nie…

Dagvaar die departement ·

As jy by die werk iets oorkom word die werk aanspreeklik gehou… en by die skool? Lesufi weet die departement kan gedagvaar word vir baie geld!

Santie ·

Adri , rerig nou ??? jy is seker bewus daarvan dat n onderwyser betrokke was dus het dit als nou met hom te doen en dit is n skool kind en dit het voor die skool gebeur …ek 100 % seker as dit op n ander plek gebeur het en n onderwyser was nie betrokke nie sou hy nie daar wees nie…en as hy was dan kon jy nou se wat jy gese het maar nou is jy net besig om belaglik te wees.

Annelize ·

Regtig Adri? As jy so praat is jy deel van die probleem…

Leslie ·

Ai grootmense …. ek sak in aarde in van skaamte vir hul part.

Lindie ·

Die polisie soek hul nog. Die drie wat voorgekom het, is die 3 wat reeds gevang is en wat die hele ding beplan het.

Karen ·

So wil ek ook weet. …. geen sprake van die 4mans wat in 1ste plek die ontvoering uitgevoer het. Daar was dan die lofprysinge oor saak wat so wonderbaarlik spoedig opgelos is . ….tog te vreemd maar die waarheid kom tog altyd uit en hierdie gaan onsmaaklik wees…..

Red heart ·

Hang hulle. Geen respek vir die kind gehad nie, hoekom moet daar respek vir hulle wees

Stella ·

Die fout wat familie en vriende doen,is om by die oortreder of misdadiger te staan,hom ondersteun,dis hoekom die misdade aan hou gebeur,erken wat hy gedoen het is verkeerd en draai you rug op hom,hy het op sy eie verkeerd gedoen,so laat hulle self Sien en kom oor die weg

Daleen ·

Ai mnr Human. Mens se kinders kan mens so teleurstel…maar bly jou kind.

Sandra ·

Daleen Human is Tharina se getroude van gewees. Sy is nie meer getroud nie, haar pa se van nie human nie

Amandie Vd Merwe ·

In elke berig wat ek tot dusver gelees het word melding gemaak van die juffrou se hare… Hare is in ‘n bolla, hare in poniestert. Wat is nou nuuswaardig aan haar haarstyl? Ook altyd snaaks hoe manhaftig hul is wanneer hulle hul slegte dade uitvoer, maar by die hof kruip hul weg onder baadjies. Asof mens nie in elk geval hulle gesigte later gaan sien nie!

Waldo ·

Hoekom steek hulle hul gesigte nóú weg… En borg, vir wat? Waar was Cyril “se speech” dan nou van toepassing..?

Lindie ·

Regtig? Cyril se speach was ‘n paar dae terug. Jy dink tog seker regtig nie hul kan wetgewing in ‘n paar dae verander nie? Daar is ‘n proses wat gevolg moet word.

@WALDO ·

Daar is nog nir borg toegestaan nie. Die huidige proses moet gevolg word, maak nie saak wie wat gese het nie.

Genieve ·

Die hele storie is ook maar deurmekaar hoop die legkaart word ingepas ebn die waarheid sal uitkom wie regtig betrokke was.

colleen ·

Waarvoor wil hulle nou hul gesigte wegsteek? Hulle het dit nie gedoen toe hul ‘n onskuldige kind ontvoer nie.

NEE! ·

Shame hoe erg moet dit wees – sy het klaarblyklik nie aan haar kind gedink wat tot 19 Sept moontlik nie gaan weet waar haar ma is nie, My hart gaan uit na Human se dogtertjie – belaglik!! Kry daai kindjie so jammer, sy is nie ‘n MA nie maar ‘n monster. Geen MA wat so iets doen – is so titel werd nie. My hart gaan uit na Amy Leigh wat met die “trauma” moet saamleef! Te verstane dat die ouers bekommerd is oor die skool. WYS MENS MANET JY KAN NIEMAND VERTROU NIE! Baie sterkte aan Amy Leigh se ouers en familie. Mag God julle vashou en deur die swaartyd dra. Human se pa – mens maak jou kinders groot na die beste van jou vermoe met die hoop hulle reg sal uitdraai maar op die ou einde van die dag bly dit hulle keuse. Jy as ouer is nie verantwoordelik vir jou kinders se dade nie en ja al sê mense wat JOU KIND BLY JOU KIND! Baie sterkte ook aan jou – mag God jou ook help en deurdra en jy ook die antwoorde kry waarna jy verlang. Ek hoop uit die aard van die saak daai 3 mense en die ander skuldiges sien nooit weer die buitelug nie!! HULLE MOET BOET – MAAK VAN HULLE DIE VOORBEELD. Soveel ouers wat hulle kinders skool toe stuur nou in vrees. Hulle moet nooit vergeet wat hulle aangevang het nie. Baie dankie!

Penelope ·

Dankie Vader klein Amy is veilig terug by haar huis.
Dit beteken nie dat die werklikheid haar een of ander tyd gaan tref nie, na-skok is ‘n lelike ding. Ek hoop die ouers het ‘n goeie sielkundige wat die pad saam met hulle kan stap.
Juffrou Human, watookal jou rede is, ek hoop nie jy kry ooit weer die voorreg om voor in ‘n klaskamer te staan nie. God slaap nie, almal wat betrokke is, kom uit met die waarheid en vra om vergifnis. Sterkte vir die hele gesin. Mnr Botha, mens kan die hartseer in jou gesig ook sien, maar jy is ook net ‘n pa wat daar is vir sy kind…maak nie saak wat nie. Sterkte vir jou ook.

Anoniem ·

Duidelik het hierdie mense geen ander plan kon sien nie. ‘n Dwelmtronk is ‘n wrede wrede plek.

Josef ·

@Anoniem, dwelms is for the weak. Dis n maklike verskoning om aan te jaag, nes die Dros laaitie. Jy weet wat jy doen, jy moet die gevolge dra. Die drie moet in n kamer soos daai toegesluit word.

Anette Botha ·

Ek kry die PA bitter jammer, ons as ouers voed ons kinders goed op, en Dan gebeur sulke dinge? Enige ouer se nagmerrie!! Jammer “PA” , jy moet deur hel gaan..

Amanda ·

Wynand en Angeline, sterkte met hierdie aaklige hof geding wat so onnodig druk op julle gesin en arme kinders plaas. Dit sal n skande wees as hulle borgtog kry maar ek glo die regter se besluit die regte een sal wees sodat julle kan aan beweeg, wat vir lank nie maklik gaan wees nie. Mag daardie gewentenlose mense sit en sal besin wat hulle aan julle, Amy-Leigh en haar boeta gedoen het.

Stuiwr ·

Elmarie, 4 swart mans het die dogtertjie gevat. Hulle is nog nie gevind nie. Die 3 persone wat in hegtenis geneem is, het alles beplan. Daar is dus 7 betrokkenes tot dusver.

Kas ·

Ek het viewers gelles Tharina skuld dwelmsmouse held.Moontlik wou sy die losprys daarvoor gebruik maar ek dink haar gewete het haar Bela en daarom is die maisie ongedeerd vrygelaat

Ekke ·

Hierdie is die meesterbreine wat klaar gevang is. Die 4 wat die ontvoering uitgevoer het is nog soek.

Bernard ·

Ek is bly hulle word aangehou maar waar is die 4 mans wat haar ontvoer het?

Catherine ·

Lewenslank vir ontvoering asseblief. Arme klein kindjie sal hierdie trauma altyd mee moet saamleef. Dink ook aan haar ouers….wat n nagmerrie. Daardie drie moet in eensame aanhouding bly. Ek skaam my as onderwyseres

Blommie ·

Dit help veel die einsteins probeer nou hulle gesigte wegsteek, hulle hele facebook blad is oorlaai met fotos van hulle.
Kan nogsteeds nie oor die feit kom dat n onderwyseres betrokke is nie.
Baie Tragies!

Swannie ·

Maroela Media bevestig weereens wat ek lankal reeds weet.

Wanneer Swartes betrokke is, word hul gesigte nie gewys of hul name gepubliseer nie, OMDAT hulle nog nie gepleit het nie.

Hierdie WITmense het ook nog nie gepleit nie, maar persoonlike besonderhede word verstrek ???

Sal graag wil hoor hoe word dit verklaar ! ( of weggelieg ??)

Ronel ·

Wat maak dit nou eintlik verskil?? Baie mense weet al lankal wie hulle is- en ons wil ook weet wie ontvoer ‘n onskuldige dogtertjie vir hulle eie selfsugtige redes.. moet ons ook nou elke keer die rasse kaart gooi?? Ons mense staan nooit saam nie-wit of swart! Die mense was betrokke en hopelik gaan almal wat skuldig is behoorlik gestraf word!

Lizelda ·

@Swannie die drie se name is ook op al d tv kanale se nuus genoem. Hou tof net vir EEN oomblik op om ALTYD kleur in ALLES te sit. Die 3 het n baie slegte daad met n klein onskuldige kind gedoen. Name en shame meer sodat hierdie dinfe dalk kan ophou. Ps…Sosiale media het reeds die name gehad laaaaank voor dt vandag bekend gemaak is. Maar regtig hou maar op met die alewige kleurding.

Pikkewyne ·

Hierdie hele storie met al die bygelaste sterte het vir my bewys dat ons terug is in die ou dae waar mense gegooi is met klippe sonder ‘n regverdige hofsaak. Selfs die pratende stemme en koppe op radio en tv het hulle skuldig gemaak hieraan. Ons regstelsel is verander vanaf waar jou saak aangehoor word in ‘n hof na skinder nuus op sosiale media. Ek sak my kop in skaamte hieroor en onthou die woorde van Jesus “Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Daar is ‘n rede hoekom geregtigheid uitgebeeld word as ‘n geblindoekte vrou met ‘n skaal in haar arms. Jy is onskuldig tot jy skuldig bevind word in die hof met genoegsame bewyse…

Danie ·

Dit maak my hartseer dat sommige mense ras by alles deel van die gesprek wil maak. By verre die meerderheid van alle rasse is wetsgehoorsame burgers en ook bekommerd oor die wetteloosheid.

Lizelda ·

Dankie @Danie. Die rasse ding en kleur ding is al so afgewater.

Gesiggie ·

Ai tog… soveel stories? en elkeen het sy eie weergawe” laat die gereg sy gang gaan, die waarheid sal uit?? ons kan net dankbaar wees dat hierdie onskuldige dogtertjie veilig is.. dinge kon erger gewees het, maar gelukkig het die bose se planne nie gewerk. Maar jul gaan nou maar moet betaal vir jul dade, en skaam jou Juffrou wat kamstig vir kinders omgee>> ?? en jy doen so iets. Sterkte aan die ouers en familie, want nou elke keer moet jul als van voor af hoor, en als maal deur n mens se kop??? wat as??… maar God het haar beskerm.

Wielspore ·

Dwelm gebruiker + dwelms + geld = Happy
Niks geld + Verslawing aan dwelms = Ellende
Ellende + Geld skuld = Desperaat
Desperaat + Geld skuld = Misdaad
Misdaad + Skuldig bevinding = Tronk
Misdadigers in tronk = Gemeenskap happy.
Ek dink ek moet begin skool gee.

Nugter ·

Die hele storie het die wêreld aan die praat. Ek is, soos almal, baie bly dat die kleinding gevind is. Die skuldiges sal aan die pen ry en kry wat hulle verdien. En ons almal het vrae. Die antwoorde sal egter eers kom wanneer die saak eendag voorkom. Niks verhinder ons egter on ons verbeelding op loop te laat gaan en die saak in diepte tot die vonnisoplegging te bespreek nie. Aan die mense wat na aan die beskuldigdes is, wil ek net sê: Jammer dat dit julle oorgekom het en sterkte vir die tye wat voorlê.

PJC ·

Adri ek stem saam met jou wat Lesufi betref. Hy het al baie stres en ongelukkigheid vir honderde kinders veroorsaak met sy rassistiese inmengery by model C skole en nou wil hy kom punte “score” met hierdie insident. Mense besef nie hoe ouers en kinders gestres het weens betogings en geweld rondom skole en wat deur hom goedgepraat en heelwaarskynlik nog aangemoedig is. Praat van skynheilig.

Ekke ·

Julle is so verkeerd. Hy was by di 3hoek ramp ook. Hy gee baie om vir kinders

Magaretha van Heerden ·

Wat n hartseer dag dat ons mense sulke goed aanvang. Hulle was sekerlik nie van plan om haar skade aan te doen nie maar die stress aan almal wat dit gehoor het was erg genoeg. Ons in UK het al ons vriende hier betrek om te bid. Ons is dankbaar sy is veilig en ek voel tog ook jammer vir die mense wat so n dwase ding aangevang het. Ek dink geld is die wortel van die misdaad. Mag hulle by die Here uitkom en Hom om vergifnis vra. Mag hulle hul lewens in orde kry. Hul lewe op aarde is nou verwoes maar by God is genade.

Frans ·

Rom 3:10 Daar is niemand regverdig nie, self nie een nie. Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ń klag het, soos Christus julle ook vergeef het, so moet julle ook doen. Titus 3:2 om niemand te belaster nie, nie strydlustig tewees nie, vriendelik te wees aan alle mense, alle sagmoedigheid te bewys.
Op my gebedslysie: die dogtertjie en haar ouers, die baasbrein onnie en haar pa, minister Lesufi en almal wat so oordelend spreek en ten laaste vir “Ag asseblief”

JC ·

Aai Alida. Toe die kind nog weg was, was dit die pa en nou dat die kind gevind is, is dit die ma. Dink jy nie die 3 wat reeds gevang is nie sou gesing het sodra hulle aangekeer is nie?

hercu ·

as ek al die kommentare lees, het ons ‘n hele paar goeie skrywers en kreatiewe mense in SA

al die spekulasie gaan niks help nie!! wag geduldig vir die hofsaak

Cindy ·

Jy kan jou kinders tot diebeste van jou vermoë groot maak en hulle als wat reg is leer maar op die ou einde bly dit hulle besluit. Ek is so dankbaar dat die meisiekind gevind en veilig is en dis so jammer dat dit met haar moes gebeur, aan al die families wat betrokke is, ek is jammer dat julle deur die gemors moet gaan en ek is jammer dat mense sit en elkeen judge soos dit hulle pas. Nie een van ons is op die aarde gesit om die ander een te oordeel nie God is die enigste een wat eendag sal oordeel, onthou net dit kan more een van jou familie lede of self een van jou kinders wees. Never say never God made people to clever.

Manie van Worcester ·

Genade mense, is die kommentaar afkomstig van mense in n land wat roem op sy in die tagtig persent Christene of is die kommentaar uit die klein prsentasie ongelowiges wat geen Here dien nie. my hare rys voorwaar ook.

Nelia Stander ·

Wat ek nie verstaan nie: Daar is 4 manlike ontvoerders. Nie een van hulle is gevang nie. Hoe vang jy dan die meesterbrein sonder enige ontvoerder wat inligting kon gee? Jy kry tog eers die ontvoerders en hulle vertel wie die opdrag gegee het?

JaNeh ·

So die dae van slegs Hoërskool kinders deursoek en/of toets vir dwelms is verby. Hierdie era verg toets van Laerskool Onderwysers! Angswekkend!

Dan ·

Irriteer my as misdadigers hulle gesigte vir die kameras probeer verbloem. Almal weet wie hulle is.

Db ·

Waar is die mense nou wat die pa beskuldig het dat hy betrokke mag wees toe hierdie storie bekend geword het? Is julle nou skaam om verskoning te vra oor die rotse wat julle na hom toe gegooi het of glo julle ook dat stilbly ‘n antwoord is.

AkR ·

My hart gaan uit na almal wat geraak is , Ken persoonlik vir Riaan en T se ouma wat al in haar 90s is , Dit is sulke goeie mensies en dit was so groot skok vir die hele familie , dit wys jou net dat jy nie iemand regtig ken nie al is dit familie en al sit hulle elke sondag in jou kerk ………..

Adriaan van Rooyen ·

Na al die kommentaar,moet n mens net dankbaar wees dat die dogtertjie veilig by haar ouers is..

Attie. ·

Ek dink vir hul eie veiligheid moet borg geweier word. As ‘n Afrikaner sleg geword het dan is hy baie sleg.

kraai ·

Wat het hulle nou hieruit bereik? Net vrees en kommer en dit is angswekkend. Waar sit party mense se koppe(breins)?Stem saam met Attie,

Gerrit ·

ons kla so gou as die regering niks doen, doen die regering iets dan kla ons, die lewe is so dat mense net kla, ek dink nie ons weet meer hoe om dankbaar te wees nie. op die ouend is sy terug gevind en dis n goeie ding, mense is gevang dis mos goed, vang die polisie niemand dan kla ons oor hulle dit nie doen nie. dagvaar die skool regtig mense, die kind is ontvoer buite die skool hoe dink julle, so as ek in n motor ongeluk is buite skool moet ek skool dagvaar dis n grap. ek se welgedaan aan die minister om actualy tyd te maak om daar op te daag. sterkte aand die ouers en familie, julle gaan deur n moeilike tyd en al wat almal kan doen is kla en moan die mensdom vandag raak regtig gepla oor kindelike issues

Marelize ·

Ons moet ophou om te se gelukkig het hulle Haar ongedeurd laat gaan. Hulle plan was nie dat sy lewendig Ander kant gaan uitkom nie. Dis hoekom hulle Haar afgelaai het waar hulle het. Volgens hulle het sy te veel geweet maar hulle wou nie bloed op hulle eie handle he ni

Leon Stevens ·

Ai, mense, waar is julle empatie en vergifnis? Gooi jy die eerste klip as jy nog nooit gesondig het nie. Ons weet nie werklik wat haar gedryf het om so ‘n misdaad te pleeg nie. As ek die berigte reg verstaan dan was sy vas in ‘n hoek. Die dwelmbase soek hulle geld en sal selfs jou familie “traffik” of vermoor as hulle nie hulle geld kry nie. Sy is ook ‘n “victim” van dwelmverslawing so lyk dit vir my en dwelms kan mens verskriklike dinge laat doen. Sy word nou gebrandmerk deur die media en gemeenskap en sal nooit ooit weer kan onderwys gee nie. Dit is hartseer dat haar eie kind nou sonder ‘n ma moet grootword. Gelukkig het die Amy-Leigh niks oorgekom nie en hopelik sal dit nie emosionele skade los nie. Ja, Juf Human het groot drooggemaak maar daarvoor sal sy nou moet “pa-staan”. Moet haar nie kruisig nie, Christus het selfs vir haar sondes gesterf.

Ekke ·

My voorstel is dat ons onderwyser nou maar n random dagga en drug test moet deurgaan sodat ons weet ons kinders is veilig. As di groot MPY’s dit kan doen kan di OWD dit ook doen.

Adele ·

Ek wil iets oorkom as mense sê mens mag nie oordeel nie!! ASSEBLIEF!!! Gaan lees weer jul Bybels! Jul koppe het vasgehak by een skrif in die Bybel, terwyl daar baie ander is wat die teendeel sê! Ons moet juis ons mede broers en susters in die geloof se dade wat buite God se wil is aanspreek! Ons is nie veronderstel om ongelowiges te oordeel nie. Voordat ons oordeel moet ons seker maak ons is nie skuldig aan dieselfde sonde wat gepleeg is nie. En wanneer ons oordeel(die daad ondersoek aan die hand van God se Woord) die persoon in liefde eenkant aanspreek. Ons mag verseker ons misnoë met die vieslike daad uitspreek en diegene wat na aan die skuldiges is, moet hulle in liefde aanspreek(sou hulle gelowiges wees, wat ek steek betwyfel)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.