ANC aangekla oor verkiesingsplakkate

Argieffoto: isdei.blogspot.com

Argieffoto: isdei.blogspot.com

Die DA het strafregtelike klagte teen die ANC in die Vrystaat aanhangig gemaak nadat laasgenoemde glo DA-verkiesingsplakkate in Bloemfontein beskadig het.

“ANC-lede is gesien waar hulle plakkate van die party se provinsiale verkiesingsmanifes bo-oor die DA se verkiesingsplakkate plak. Dit is teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verkiesingskode,” het Patricia Kopane, die DA-leier in die Vrystaat, gesê.

“Volgens die OVK is die ontsiering, beskadiging of verwydering van enige verkiesingsmateriaal ʼn ernstige strafregtelike oortreding.” Kopane het gesê alle politieke partye het die reg om plakkate aan te bring tydens ʼn verkiesingstydperk. Voor enige verkiesing word ʼn gedragskode ook onderteken.

Die DA doen ʼn beroep op mense om dit aan te meld as hulle sien dat verkiesingsplakkate geskend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

chrisp ·

Die DA skend hulle eie naam veel meer as wat die ANC ooit kan doen.

Kaspaas ·

Wie geem om dis die DA hulle is die ANC se niggie. Same old same old.

humor ·

Ernstige strafregtelike oortreeding, Maar dit gaan alleen met n sagte waarskuwing gestraf word.

Heila Fourie ·

Die DA is die ANC se tweeling sussie en byt mekaar elke dag in die hakskeen.

Pieta ·

Weet nie waaroor hulle kla nie, want die twee partye is so dieselfde dat hulle mekaar se plakkate kan gebruik.

Vos ·

Laat ek raai, die mense hierbo kla dat DA tegnies die ANC naboots, hulle is seker MOANERS wat te SLAPGAT is om te stem en self ook n verskil te maak!!

Kaspaas ·

@Vos nee ek stem ek stem net nie vir die blou ANC nie. Jy is seker n DA ondersteuner wat nie bewus is daar is meer as 2 partye daar buite nie.

John ·

Die gifappeltjies en die blou heks het eendag in koning Rosekrans se stad…

Vos ·

Die probleem le nie by DA, dit le by Afrikaners wat nog nooit kon saam staan nie, so as ons n verskil soek moet ons DA ondersteun om ANC by te kom. As ANC met 49% of minder sit, gaan ons n sterk ‘leiers’ party benodig, wat kleiner party sal benodig, so dan begin mens bargain met jou stemme, en dan begin die kleiner partye bargain vir wat hulle wil he om wat ander wil he te help vermag, wie stel jy voor om jou kleiner party se hoop te laat leef

Cherokee ·

Julle gaan nog boonop met die EFF koaliseer om een party te word. Sies ga!

Poplap ·

Vos
So van saamstaan gepraat…Hoe de joos kan Afrikaners met iemand ‘saamstaan’ wat vir een van die geswore vyande van Afrikaners – die DA – stem?

Piet Piper ·

Niks snaaks dat die ANC van die DA se plakkate beskadig en vernietig………………afbrand en vernietig en verwoes en besteel en lieg en bedrieg en korrupsie is dan die ANC se Trade MaRK.

gatiep ·

As ek maar iets lees van DA dan dagvaar hulle iemand.
Het hulle te veel geld of wat? Hulle kan maar gee vir my kort baie.

Leeukuil ·

Ek haal gewoonlik DA en ANC plakate af en gebruik diè met gesigte op as teikens om my vuurwapens in te skiet.

DA vir Regstellende Aksie ·

Die DA hou van Regstellende Aksie en Swart Bemagtiging. Hoe kan enige regdenkende blanke Afrikaner of Boer vir die DA stem?

Die DA is die party van die Internasionale Jode wat boere haat en hulle uit wil wis. Hulle het die blankes in Suid-Afrika om die bos gelei met ie hulp van die media en joiners.

John ·

Daar word so baie gese die Boere-Afrikaners kan nie saamstaan nie. Wat beteken dit presies? Watter party staan so verskriklik saam? Die ANC moet die maan, son en sterre aan kiesers met verskillende ambisies belowe om hul stem te wen. Die basis van hul wense kom neer op selfverryking; ‘n oerinstink ten goede of ten kwade? Vos glo blykbaar die Afrikaanse mense moet saamstaan en eers verkeerd kies, sodat hulle later weer reg kan kies. Dit klink na ‘n jakkalsplan. Dan vra jy watter leier sal opstaan om ons op die’ slinkse pad te lei. Stig jou eie party.

Veritas ·

Die hele idee, agter die komende verkiesings, is om stadsrade te kies. Stadsrade wat werk. Die DA het reeds in Kaapstad en Midvaal bewys dat hulle beter kan doen as die ANC. Wanneer dit egter by die Algemene verkiesing kom, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Die DA vry na die stemme van minderheidsgroepe maar of hulle regtig omgee vir dié groepe en enigiets sal doen om minderheidsgroepe se regte te beskerm, bly ‘n ope vraag. Ek sou dus voorstel dat die DA ondersteun word, in die komende verkiesings, maar om bietjie meer van hulle te vereis in die volgende Algemene verkiesing, soveer dit minderheidsregte aanbetref.

Dee ·

John, hou dop watter mense sing daardie holruggeryde rympie van ‘Afrikaners wat nie saamstaan nie’ en lees hul ander kommentare. Jy sal agterkom dit is mense wat bloot ander eggo en niks oorspronkliks kan sê nie.

Poplap ·

Agge nee wat Veritas, dit is toe nie so nie.
Ons Wes Kaapse dorp se slaggate het hand oor hand vermeerder en dienslewering het verdwyn nadat die DA’s ons dorp se bestuur oorgeneem het. Die ANC het in werklikheid ‘n veel beter taak as die ou DA pierewaaiers verrig.

WillePiet ·

Jy is reg Veritas. Wat anders kan ons doen? Tyd om mooi te besin en intussen hoop ek daar staan ‘n leier op wat ons tog almal hopelik sal ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.