ANC aanvaar John Block se bedanking

Yolanda Botha saam met haar medebeskuldigdes in die hof Foto: City Press

Yolanda Botha saam met haar medebeskuldigdes in die hof Foto: City Press

Die ANC het Vrydag in ʼn kort verklaring gesê hy aanvaar beleërde en veroordeelde John Block se bedanking.

Block het bedank as Noord-Kaapse voorsitter en lid van die uitvoerende komitee nadat hy in ʼn hof skuldig bevind is aan bedrog en korrupsie.

“Die ANC aanvaar John Block se besluit om as Noord-Kaapse ANC-leier en LUR te bedank,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die party, gesê. “Sy bedanking strook met die optrede van ʼn gedissiplineerde kader, veral in die lig van die resolusies wat in Mangaung geneem is.”

Block is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van bedrog en korrupsie wat verband hou met provinsiale staatstenders. Die uitspraak kom drie dae ná die ANC by sy algemene raadsvergadering bepaal het dat alle korrupte leiers verwyder moet word.

Regter Mathebe Phatsoane het Trifecta-direkteur Christo Scholtz en die ANC se adjunksekretaris, Alvin Botes, ook skuldig bevind. Medebeskuldigde Yolanda Botha het in 2014 gesterf. Sy was die hoof van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling en het glo haar posisie misbruik om seker te maak dat Trifecta onbehoorlik voordeel getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter V ·

Nie eintlik veel dissipliene aan die dag gele toe hy bedrog gepleeg het nie.

Dan ·

Nou wat nou, is hy nou gevrywaar van enige terugbetaling? Dan is dit mos die moeite werd gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.