ANC aanvaar voorstelle van grondberaad

Ace Magashule (Foto: ANA)

Leiers van die ANC het ingestem dat grondonteiening sonder vergoeding moet voortgaan, soos voorgestel deur die party se grondberaad.

Daar is egter nog nie enige duidelikheid hoe dit sal plaasvind nie, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.

Tradisionele leiers sal ook gekonsulteer word tydens die proses, het Magashule aan verslaggewers gesê ná ‘n gewone vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK).

“Die NUK het ‘n omvattende benadering vir die parlementêre hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar, en daar sal dadelik ondersoek ingestel word om te bepaal of die Grondwet grondonteiening sonder vergoeding goedkeur. Indien artikel 25 nie grondonteiening sonder vergoeding goedkeur nie, sal die Grondwet gewysig word en ‘n onteieningswetsontwerp sal dadelik voorgehou word om duidelikheid te verskaf,” het hy gesê.

Die ANC se grondberaad het verlede week in Ekurhuleni plaasgevind en daar is besluit dat die tyd aangebreek het om die ANC se besluit oor grondhervorming, wat tydens die Desember-konferensie geneem is, te implementeer.

Die party het met kenners, nieregeringsorganisasies en diegene wat daagliks by landboubedrywighede betrokke is, vergader, om maniere te vind hoe grond op ‘n billike manier versprei kan word. Die uitslag van die grondberaad was slegs aanbevelings totdat die NUK dit goedgekeur het.

Afgevaardigdes het ook versoek dat uitsettings op plase dadelik gestaak moet word en dat die 22 000 plaasbewoners se grondeise geskik en titelaktes uitgereik moet word.

Magashule het gesê meer as 200 000 geskrewe insette is by die parlementêre hersieningskomitee ingedien voor die openbare verhore volgende maand terselfdertyd in Limpopo en die Noord-Kaap begin.

Die komitee moet in Augustus terugvoer gee oor die uitslag van die openbare verhore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Res van weste volgende ·

Amerika en Australie se tyd kom. Die migrante is oppad, hulle gaan ook soos ons uitgedruk word. Die plan om die westerse samelewing te vernietig is goed aan die gang. Ons is die eerstes wat heeltemal gaan val. Dankie fw de klerk en die ja stemmers.

Selfbeskikking ·

Ek hoop mense het al aan selfbeskikkingsonderhandelinge begin werk anders is dit klaargepraat met ons ekonomie en ons gaan vlugtelinge word.

Boerseun ·

As jy dit nie teen nou besef nie, dan is daar nie lig nie. Die ANC het nie n uitkoms nie en is in n hoek, goed gaan gevat word of hulle n Houdini met die grontwet reg kry of nie. Vraag nou bly wie gaan sy goed beskerm en wie gaan hadloop.

cool ·

ek stem 100% saam met jou boerseun, ons weet wie en wat hulle is, ons beter nou eenige twyfel oorlaat, hier kom groot probleeme

snoefie ·

almal weet, daar is net een vereiste vir suksesvol boer. genoeg geld. dan kan jy maar uit n emmer ook boer. as die mense grond nie eers kan bekostig nie, hoe gaan hulle n boerdery kan bedryf?

marous ·

Leunaar . Hy weet goed hoe dit gaan plaasvind. Dis hoekom grondbesetters en diegene wat afbrand en plunder op waarskuwing vrygelaat word. Vat maar my grond maar daar sal niks op wees om eers ‘n rot te huisves of te voed nie.

Ronel ·

Nes kinders. Verander die reëls van die spel om jou te pad…soos die game aangaan.

Petrus ·

Skuus maar wat het geword van ons President se eindig korrupsie belofte?

Want dit is on moontlik dat mnr. Ace Magashule nog nie ondersoek word, as die President ernstig was oor dit nie??

Afrikaanse Knaap ·

Niks. Het iemand verwag iets gaan gebeur?
Mr die president dra al dekades lank kennis van al die korrupsie, en hy het nog altyd gedoen wat hy vandag en more daaraan gaan doen. Niks.

Klein Boer ·

Die groot probleem wat ons het is, moet ons nog boer of moet ons afskaal?. Ek voel nie lus om te boer vir iemand anders om die grond net te kom vat nie. Ek dink die land het reeds skade gelei, want ek verbeter niks en druk nie nog geld in iets wat ek gaan verloor nie. Het ook reeds afgeskaal , so iemand gaan minder vleis kry om te eet. Ek wens net dat dit tot n punt moet kom sodat ons boere weer kan boer of doen wat in my gedagtes opkom.

Johnna ·

Ek stem saam hy is korrup verby maar CR doen niks nie.Hy moet so gou as moontlik verwyder word en sy orange oorpak gaan aantrek.

Geen padda kook hier nie ·

Yip, Boerseun, vat gaan iemand vat. Hoop net die regering hou ‘n geldjie uit vir ‘n paar ekstratjies. Saad om te plant(almal en die donkie moet eet) en kunsmis om dit mooi te laat groei. Implemente om die free grond te skoffel en miskien ‘n ou trekkertjie met’n ploeg. O ja en dan soek iemand ook ‘n paar koeie en ‘n bul want iemand het dit nog nie. Gooi sommer ‘n paar hoenders, donkie en ‘ vark ook in. Dan die belangrikste is dat goverment moet sorg dat daar lektrieks, sewerage en ‘n tap moet wees. Die diere moet water he en iemand ook. En remember its for FREE. Daai huis wathulle nou al 23 jaar lank terug vir iemand gaan bou, bou hom ook sommer op daai grond.

Iemand gooi klip en brand en dit waar ‘n tap en lektrieks is, so iemand gaan for sure ook peacefull protest as iemand se vark nie eiers le nie.

Carl ·

Waarom sal ek my swaar verdiende geld bestee in die ontwikkeling van “my” plaas as dit nie meer my belegging is nie? Grond sal nie meer ontwikkel word nie en hongersnood is SA se voorland.

Johann ·

Hulle probeer ons kalm hou met leuens op leuens. Sodat wanneer hulle toeslaan ….ons aan die slaap sal wees.

André ·

100% korrek Cool, ons mense sal baie deeglik en betyds kennis moet neem van die motief en onafwendbare gevolge hiervan . . . Die gevolg van liberalisme.

Nikita ·

Ai mense ek is nou al siek en sat vir elke dag se twyfel oor hierdie grondonteiening storie, plaas hulle vir ons duidelikheid gee oor wat waar en hoe hulle dit gaan doen dat ons kan aangaan met ons lewens. Voel of die lewe gaan stil staan het. Weet nie meer hoe voel dit om normaal en gelukkig op te staan en voluit te lewe nie. Ek weet God sien ons bekommernisse en hartseer. Mag Hy ons dra en lei deur hierdie moeilike tyd en vrede bring. Ons moenie moed verloor nie. Ek sal aanhou bid vir hierdie pragtige land van ons…..vir n wonderwerk. Ek gaan nie moed opgee nie.

Michael ·

O ja hongersnoot is SA se voorland daar sal nie geboer word nie want alles op die plase sal by die SCRAP YARDS verkoop word.

Joe ·

Daan, jy slaan die spyker op die sy kop!!!! Hulle paniek het nou ‘n hoogtepunt bereik!!

Napoleon ·

Ek het na n paar jaar in die buiteland teruggegaan SA toe om geld te bele, dalk eiendom te koop. Met die onteiening storie het ek net daar omgedraai en teruggekeer buiteland toe. My hart bloei vir my land, maar as mens eers normaliteit ervaar het, is dit onmoontlik om in n pot vol kokende paddas te klim.

ETIENNE ·

Waarvoor al die kommentare, 45 miljoen sal alles by 3.5 miljoen wegvat,hulle laat alles wettig wat hulle doen of wil vat. Ons het ook maar verkas al was ons voorouers sedert 1750 reeds daar. Besluit maar dis of verarm of dood kies maar.

Jy is reg Napoleon ·

Jy doen die regte ding , ongelukkig is opbrengste in SA nogals hoog, daarom is dit ‘n gewilde land om jou geld te bele en rente te verdien, in die buiteland as jy nie dit spesifiek in aandele of eiendom wil bele nie, is jou rente in die banke maar ZERO. Hier kry ons nog goeie rente op ons gelde. MAAR dit bygese . .. ek kry eerder NIKS rente in die bank in ‘n ander land as wat my geld hier van my weggeneem gaan word. . Malema en kie WIL die banke nasionaliseer, so jou geld SAL in die slag bly soos Transnet se pensioene en ook die GEPF se pensioenkoekieblik waarin hulle nou kort kort krap om elke lugdiens en elke maatkskappy wat sukkel mee te help. BELE ELDERS< asb mense .. Sit jou geld op KORTTERMYNBELEGGINGS en maak die maksimum geld maar maak seker dat jou geld binne 24 uur beskikbaar is om te verskuif .MOENIE soos die ZIMMERS met die broek op die kniee gevang word nie . VERKOOP jou eiendom in SA as jy meer as een huis (behalwe jou woonhuis het) .. hulle gaan eerste daarop fokus as hulle gewone eiendomme begin afneem .. Blankes wat meer as een eiendom het is die volgende teiken na die boere .. word wakker en WEET net jou geld is NIE Meer veilig in SA nie .. skuif so stuk vir stuk maar SKUIF DIT !! Wees net versigtig, daar is scammers daarbuite ook.

MYNHARDT ·

Ek stem saam. Ons is vasgemaak aan die treinspoor. Die ‘toot-toot’ kom nader. MAAR om die wa voor die osse te span gaan nie dinge verbeter nie. Boere (en almal), hou asseblief moed. Daar moet nog baie water in die see loop. Die ANC het baie goeie mense wat deeglik bewus is van die implikasies sou die op sekere wyse geskied… die ‘formele’ aanbreek van kommunisme en alles wat met hierdie (meer) mislukte stelsel gepaard gaan. Alle helderdenkende Suid-Afrikaners kan nou net opreg bid en saamstaan. Want ongeag alles, het ons nog nie werklik nie. Oorlog is nie ’n opsie nie.

bgj van der westhuizen ·

die regering het nie geleer uit ander afrika lande wat kan gebeur as jy mal raak nie en nou soek afrika lande boere om te kom boer mense boere veral hulle sal kom vir jou plaas veral as hy goed lyk en bewerk is wand hulle stel nie belang om te boer nie soek net geld en dink dit val uit die hemel

vissie ·

Die hoog geplaastes het ook seker klaar n paar plase vir hulself gemerk….

Amelita ·

Ons self wou uitbrei op ons besigheid sou 4 of 5 ekstra mense kon aanstel. Het besluit doen nou net maintenance. Gaan nie laaste geld uitgee vir ander, bere dit maar eerder.

Gilla ·

Ek leer my kinders dat mense mekaar help en dat alles ‘n gee en neem situasie is. As een gee, gee die ander. As die ander neem, neem jy ook. Tyd om my belasting “terug te neem”. Ek kan nie sien hoe enige persoon nog belasting wil betaal nie.

Afrikaanse Knaap ·

Dis duidelik dat hulle net grond van “wit” mense en maatskappye wat meerderheid “wit” aandeelhouding en “wit” trusts gaan vat.
Ek het geen idee waaroor daar nog “onderhandel” word nie. Al insae wat ons nog het is hoeveel hulle kan vat sonder om die land en ekonomie finaal te breek.

Gerhard ·

Dan is daar nou nog mense wat klaarblyklik nie kan insien en aanvaar die ding kom nie. Ek hoop daar is 20 jaar gelede plan gemaak hiervoor soos wat daar plan gemaak is vir Afrikaanse universiteite, ens. Verder is “Kom ons bou” nie meer genoeg om die probleem op te los nie, dit sal heelwat meer vindingrykheid kos as dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.