ANC-alliansie soek Mokgoro terug as premier

Job Mokgoro (Foto: ANA)

Alliansievennote van die ANC in Noordwes het ʼn beroep op die party gedoen om Job Mokgoro as premier van die provinsie te behou.

In ʼn brief aan nasionale beamptes van die ANC gedateer 14 Mei, voer die alliansie aan dat Mokgoro se pogings in die provinsie die nodige stabiliteit in die provinsiale regering bring. Hulle sê verder dat die Noordwes nog altyd in die afgelope 25 jaar van demokrasie aan die voorpunt was met drie vroulike premiers.

Die eerste vroulike premier was wyle Edna Molewa wat Popo Molefe opgevolg het. Molewa het die leisels aan Maureen Modiselle oorgegee en Thandi Modise het weer die amp by haar oorgeneem.

Die alliansie het gesê oproepe dat die Noordwes wéér ʼn vroulike premier moet kry, het niks te doen met organisatoriese bou en samewerking nie, maar is ʼn poging om ʼn verdelende agenda in die provinsie in te bring noudat die provinsie tekens van eenheid en samewerking begin toon.

“Ons versoek daarom dat hierdie nuwe debat oor ʼn vrouepremier op organisatoriese vlak gesluit word, dat prof. Job Mokgoro toegelaat word om voort te gaan as die premier, dat die nuwe nasionale kabinet verantwoordelikheid aanvaar om die vordering van die artikel 100‑administrasie van die Noordwes‑ provinsiale regering te assesseer en dat enige finale bevindings aan die belanghebbendes en alliansie in die provinsie voorgelê word.”

Die nasionale burgerlike organisasie Sanco, Cosatu, die SAKP en die ANC-veteraneliga in Noordwes hou almal vol hulle verkies Mokgoro vir premier in die provinsie.

Mokgoro, wat gister 71 jaar oud geword het, het by Supra Mahumapelo oorgeneem toe Mahumapelo in Mei verlede jaar bedank het na aanleiding van ʼn massa-opstand teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Job Mokgoro ondersteuner ·

As blanke ondersteun ek Job Mokgoro 100%, alhoewel ek nie ‘n ANC lid is nie. Job is ‘n man van sy woord, wat tyd maak om na die gemeenskap (blank en swart) te luister. ‘n Miljoen stemme vir hom…beslis!!!!

Trol ·

Hulle wil wo graag vroue in alle leiersposisies hê, omdat die vroue makliker onderdruk kan word. Word van kleinsaf geleer om anderpad te kyk vir n man se streke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.