ANC bankvas agter verbod op sigarette, drank

Lede van die polisie en weermag op patrollie in Mithcells Plain in die Wes-Kaap tydens die afsonderingstydperk. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Die ANC het sy volle steun aan die nasionale bevelsraad, wat kwessies rakende die koronavirus hanteer, gegee.

Die regerende party het Sondagaand gesê hy het ook met kommer kennis geneem van besprekings en voorstelle dat individuele minsters eensydige besluite oor Covid-19-ingrypings neem wat veronderstel is om lewens te red en Suid-Afrikaners teen die pandemie te beskerm.

Maroela Media het voorheen berig daar is al hoe meer kommer oor dié bevelsraad en die moontlike grondwetlike en demokratiese wanfunksionering van die stigting, struktuur en funksies van die raad. Daar is toenemende kritiek op Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se hantering van die verbodkwessie. Verskeie kenners het ook hul kommer uitgespreek oor die aankondiging van die inperkingsmaatreëls en die omvattende magte om dit te verander.

Kenners waarsku dat Suid-Afrikaners nie weet op watter gronde die land op ʼn nasionale vlak bestuur word, of hoe die beleid geformuleer word nie. Daar is ook min oorsigtelike funksies wat in terme van die Grondwet in die nasionale vergadering setel.

Sommige kenners meen ook in die huidige samestelling lyk dit of die bevelsraad ʼn sentralisering van mag is wat nie onder wetgewing vir rampbestuur toelaatbaar is nie.

Vlak 4 van die afsonderingstydperk het Vrydag in werking getree en duisende mense meld vanoggend na verwagting weer vir diens aan in ʼn poging om die ekonomie ingevolge die effens verslapte regulasies weer aan die gang te probeer kry.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het gesê die regering word gelei deur pres. Cyril Ramaphosa en die bevelsraad, wat reeds ingrypende stappe gedoen het om die virus te bestuur, mense te beskerm en die uitwerking van die uitbreking op gemeenskappe te versag.

“Daar word wyd gekonsulteer oor elke stap wat oorweeg word, ook met die breë Suid-Afrikaanse publiek, voordat dit in werking gestel word,” het Mabe gesê.

Een van die maatreëls sluit ʼn nasionale ramptoestand in.

“Gegewe die skaal en die spoed waarteen die virus versprei, behels sommige van die maatreëls dat mense se regte en vryhede beperk word, dat sommige sektore van die ekonomie gesluit word, dat ʼn verbod op groot byeenkomste geld en dat die verkoop van alkohol en tabakprodukte verbied word,” het Mabe gesê.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

“Die besluit van die bevelsraad om die verbod op die verkoop van tabak op vlak 4 vol te hou, is versigtig oorweeg ná ʼn wye en oop konsultasieproses. Minister Dlamini-Zuma het die aankondiging daaroor in haar amptelike hoedanigheid gedoen en individuele aanvalle op haar omdat sy haar pligte uitvoer is ongelukkig en kom voor as rasgedrewe en neerhalend  teenoor vroue.”

British American Tobacco South Africa (Batsa) het Vrydag ʼn beroep op Dlamini-Zuma gedoen om die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk op te hef.

Indien sy dit nie teen vandag om 10:00 doen nie, sal Batsa ʼn hofaansoek teen haar bring.

Batsa het ook gesê hy wil dringend duidelikheid kry oor die regering se besluitnemingsproses.

Volgens Mabe gee die Wet op Rampbestuur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake die verantwoordelikheid om die land se werksaamhede hieroor te koördineer. “Die ANC doen ʼn beroep op die bevelsraad en die kabinet om die regulasies te versterk om lewens te red en die kans dat mense die virus kan opdoen, te verminder.”

Die ANC het die regering geloof vir sy “menslike optrede en maatreëls” tot dusver.

“Die ANC doen weer eens ʼn beroep op Suid-Afrikaners om aan te hou om hul samewerking te gee en te voldoen aan die voorkomende maatreëls wat gemik is daarop om die Covid-19-pandemie te beveg en te verslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Marius ·

Wat my bekommer is die oordadigde teenwoordigheid van die weernag. In die dorp waar ek woon is daar “screening” punte by elke ingang van die dorp. Daar is nie minder as 15 swaar gewapende weermaglede by elke punt nie.

Ek sien nie die nodigheid daarvoor en voel vir my meer soos intimidasie. Mens voel nie veilig met soveel weermaglede daar omrede die tendens is dat die weermag nie bevoeg is en n klomp warmkoppies is

Anel ·

Hoeveel van hulle het vuurwapenbevoegdheid? Hoekom het hulle wapens nodig? Is ons in ‘n gewapende oorlog betrokke?

gatgogga ·

Soldate met vuurwapens is nodig om teen plundery op te tree.
Dis die enigste rede wat ek kan sien vir vuurwapens.
Dis tragies om te vermoed dat Cyril so min invloed het op sy mense, dat hy gewapende soldate nodig het.
Of verwag hy dalk ‘n staatsgreep?

Michael 1 ·

Die anc weet hulle tyd raak min nou gebruik hulle die covid 19 pandemie om hulle komunistiese beleide in te faseer en sodoende beheer te behou.

Eerlik ·

Ag asseblief, hier begin die “rasgedrewe aanvalle” weer teen DZ!! Dis om van te …(emoji met braaksel). Enigste kaart wat oor is vir self verdediging en om dom besluite te staaf, die “ras kaart”. Ek hoop sekere hooggeplaastes word verantwoordelik gehou vir die regskostes aangesien daar fopnuus versprei was deur ons president en DZ self besluit het dat tabak steeds verban moet word. Hulle maak van eens eerlike lands burgers nou kriminele.

Anel ·

Sodra die verbod gelig word verloor sy geld. Onthou, sy kry groot deel van die onwettige verkope.

Oujongvrou ·

Ag asb tog. Rasgedrewe. Van waar nou. Die ANC is in vir n baie groot verrassing met betreking tot hulle eie mense. Hulle gaan ook nie veel langer met die snert tevrede wees nie. Kom ons kyk hoe gaan hulle massas opstande teen hulle hanteer. Maar intussen verloor hulle darem baie steun.

Werner ·

Vat mense se basiese behoeftes weg soos kos en drank en jy sit net moeilikheid lyk my die ANC wil he hier moet n oorlog kom in die land

Willem ·

Mabe jy kry n fabelagtige salaris daarom praat jy nes jou kamerade. Cyril het lank verloor ace nou in beheer. Hoop van harte julle kry slae in die howe vandag

Ronel ·

Sigarette en alkohol het niks met die virus te doen. ANC gebruik covid-19 as skerm vir alle magsbehepte besluite en onrealistiese optrede. Hulle is “Fat Cats” en kom weg daarmee. Hulle eie mense oortree die reels en niks word daaraan gedoen. SA verloor astronomiese bedrae elke dag as gevolg van ANC se gedrag en die ekonomie en ons mense lei daar onder.

Cherokee ·

Ronel, alkohol kan wel voordelig wees. Dit is immers die basis van die hand-reinigers.

Rodger17 ·

En hier blaas die anc hul eie beuel deur te spog hoe wonderlik hul alles hanteer!Hoe pateties kan jy wees!Ndz lei vir cyril en sy regering aan hulle neuse rond en cyril support vir zuma.Ek hoop die saak gaan hof toe en die regter is ook nie bang vir zuma soos cyril nie.Zuma is besig om die hele land op te neek met haar drakoniese patetiese besluite,en as sy sê spring vra cyril,hoe hoog mama zuma!Hierdie hele covid19 inperking is n klug wat deur hierdie anc regering geskep is.Hierdie virus is glad nie so erg as ek statistieke kyk nie,anc gebruik die pandemie om aandag af te lei van hul korrupsie,bedrog en onbevoegdheid om land te regeer!Nou kan duidelik gesien word hkm cyril nog nooit die ideale kandidaat vir die presidentskap was of is nie.Hy net daar vir sy pay en die voordele!

capie ·

Rodger 17 , wys my ‘n ideale kandidaat vir president in anc geledere. Eitlik is almal ideale kandidate , hang net af hoeveel jy al van die guptas gekry het vir jou verkiesings veldtog

Pieter ·

Wel, die VN dink anders oor jul menslike optrede. Die verbod op drank en sigarette laat die kriminêle element floreer wat sterker in die land teenwoordig gaan wees na die grendeltyd. Natuurlik baat politieke partye by hierdie krimenêle smokkelhandel. Vernietiging van die ekonomie. Die hoedman is bly misdaad neem af, hy is verkeerd, dit gaan blom in ‘n ander gevaarlike rigting.

Vonkprop ·

Die ANC loof ook alles wat besig is om uitmekaar te val of te breek as gevolg van hulle swak bestuur. Dis soos om jouself te prys as jy aangejaag het. Hulle kan net hulleself flous nie almal nie.

Scalla ·

Die auntie is mos groot pelle met die een smokkelaar, maak nou geld soos bossies met onwettige transaksies.

capie ·

Jip, en hulle praat nie daarvan nie. Doodstil, ondersoek dit nie en die smokkelaar wat ook malema se tjommie is lag lekker

Die Wolf ·

Natuurlik sal ek bankvas agter die wettige verkoop daarvan staan. Ek skep mos lekker.

Joggie ·

Natuurlik sal ANC die wettige verkoop van sigarette stop, want hulle kry “kick-backs” van die mafia wat dit onwettig verkoop!

Janc ·

Wat die regering nie in ag neem nie is die feit dat rokers en drinkers wel voorraad kry ten duurste so die feit dat hulle ‘n verbod op sigarette en drank gesit het, het inderdaad misluk! In die proses verloor die regering BAIE geld. En NEE dit maak nie sin nie. Laat die mense hulle sigaret en dranke by hulle huise geniet.

Johan ·

Die hartseer hiervan is dat rokers nou hulle gesinslede se geld vat om sigarette mee tekoop . Ek rook nie maar ken rokers wat nie sonder sigarette kan leef nie en die sleg hiervan is dat onskuldige mense daaronder ly.

Boortor ·

Ek is glad nie verbaas nie. Onthou belasting op dit het opgedroog en daar is n verterende geldhonger wat bevredig moet word. Onwettige drank en sigarette geld beland in hulle sakke. Die mazotti manier. Wat my bekommer is dat hulle dit openlik doen en dan die virus blameer. Hoop maar iemand het die ” guts” om hulle aan te vat.

KB ·

DZ: Minister vir samewerkende regering en tradisionele sake…SAMEWERKING? Wat is die effek wat DZ kry…SAMEWERKING? Nee, sy kry twee hofsake teen haar! Hoe stipsienig!
Waar hulle redenasie vandaankom (“sigarette is sleg vir jou gesondheid”) is nie regtig van toepassing nie – dit neem 7 jaar om jou longe skoon te kry! 6-8 weke gaan geen verskil maak nie! Inteendeel, DZ slaan haar naam met ‘n plank, maak mense opstandig, sy kos die land geld (hofsake en verlies aan inkomste – R36 milj./dag!) en bewys net weereens dat sy nie in beheer is nie.
Wat sy in enige kabinet soek, weet die liewe Vader alleen.

david ·

Menslike optrede en maatreels ANC ? Hoe MENSLIK is dit om hulp te weier aan klein wit besighede omdat hulle nie aan julle rassistiese BEE regulasie voldoen nie ? Al oot oorweeg wat word van so ‘n eienaar se afhanklikes ? Hoe menslik is dit om te vereis dat ALLE voedselhulp deur JULLE ANC beheerde munispaliteite gedoen moet word…?

Pompies55 ·

Ek sal ook agter die anc gestaan het as ek drank en sigarette verniet van die publiek kon kry!Vir die wat dit my stelling seermaak is die wat skuldig is.As die skoen pas trek hom aan

IQMaps ·

Sou kon saam stem sy het die aankondiging in haar amptelike hoedanigheid gemaak as dit deur die president ondersteun was, wat tot dusver nog geen woord gepiep het nie. Selfs minister van finansies is stil gemaak. Daar is nie net verdeeldheid in die kabinet nie maar ook die ANC. ANC is nie by magte om beroep op die burgers te doen om saam te werk met die afsondering nie want dit is drakonies. Ek gee nie om wat die ANC sê nie maar wel wat die president gaan doen as die hoof van die land en die regering. As NDZ voel sy as vrou en haar ras is aangetas deur opmerkings dan is dit wat dit is, elke sport het sy besering. Die virus onderskei nie tussen ras of status nie maar wel die regering waar rassisme en status aan die orde van die dag is. Die land het ‘n regering nodig wat blind is vir kleur en wat Christenskap eerste stel en dan sal die ander goed bysake wees.

Jessey ·

Nee julle, die Wiskunde blyk goed te wees.

Rokers in die land : 7 – 11 Miljoen
Rassisties = Blanke Mense
Teen vroue (Chauvinisties) = Mans

Dus, is die volgens die artikel ‘n aanval deur blanke, rokende, chauvinistiese mans, sjoe nie geweet daar is so baie blanke mense in die land nie, never mind rokende blanke mans.

En sjoe, maar Jakkals kan darem maar lekker sy eie stert prys. Julle gryp na grashalms, want julle het niks beter om te doen nie.

Simon ·

Nou wil ek graag weet: As die ANC so bankvas staan teen die verbod op sigarette en drank, waarom tree hulle dan nie op teen die die sluikhandelaars nie? Hulle kan nie ontken dan hulle nie weet wie die persone is nie. Sigarette word tot in elke klein dorpie in die land gesmokkel so leidrade is daar genoeg. Die opskrif van hierdie artikel moes eintlik wees: “ANC STAAN BANKVAS AGTER SLUIKHANDEL. ”
Ek voel Suid Afrika is nou meer as ooit verlore vir die eerlike opregte mense wat vooruitgang wil maak en hul leweswyses in hierdie land wil verbeter. Hoe kan mens ‘n President glo en vertou wat ontken dat hy sekere dinge gese het. As hy kan lieg dan kan hy moor ook.

Aai ·

Hulle sal nog sien wat doen ‘n klomp mense wat nie kan drink of rook eendag.

Fedup ·

Nope. Lives mean nothing to this circus. But leave them. You normally need 2 spades and 1 idiot to dig only one big grave.

Termiet ·

Dit is alles deel van hulle Meester plan. Onderdruk en verarm die volk en dan beheer jy hulle total en al. Die kubaanse dokters is nie mediese dokters nie maar dokters met grade in komunisme……..

Willem ·

Aangesien drank en sigarette nie belanrike inkomste vir die klomp is nie, skaf die aksyns of ( sin tax ) af in die toekoms

Kokerboom ·

Ek stel voor dat ALLE politici vanaf I Mei 2020 SLEGS ‘n basiese salaris( wat hul in elk geval nie eers verdien) ontvang. Laat ons dan sien of hul nog sulke sinnelose dwase uitsprake maak of idiotiese besluite neem. Die Party aan bewind het vergete reeds sy vervaldatum bereik maar word steeds deur geindoktrineerde strooipopkiesers aan bewind gehou ten koste van voortbestaan/oorlewing van land en sy ekonomie.

Suzette ·

Die wat nou skerm is die met GROOT bankrekeninge. Hulle voel niks vir die honger magdom daar buite nie. Die President, die regering en die kabinet het my respek verloor binne 1 week. My oë het oopgegaan van wat die agenda is met die mag en wette wat hulle af dwing.

Janc ·

Laat ek raai…. Sy het nog nie gereageer nie. Rol hulle oe vir alles! Geen belasting word op sigarette tans oorbetaal nie, maar iemand maak skoon profeit op die sigarette wat onwettig verkoop word, want almal rook nog na 38 dae van inperking. Jy mors ook jou tyd om klerewinkels toe te gaan, want 90% van die klere is afgebaken en is daar omtrent drie items om van te kies!

Laura ·

Ons weet almal dat hulle redinasie gemors is. Rokers pla niemand nie, ons vat nie ander se geld nie en ons maak ook nie moelikheid as ons rook nie! als mag spel!

Abel ·

Dit is natuurlik te wagte dat die ANC weer die raskaart sal uithaal oor die kritiek op min Zuma. ‘n Mens wonder net wat hulle beplan om die verlore belastinggeld terug te kry. Seker weer iewers leen om ons land nog verder in die dryfssnd te lsst wegsink

Fedup ·

I haven’t laughed this hard in the last 5 weeks. Thanx for this bit of humor.

Remlut ·

Daar is geen ANC bankvas nie, Die President se jy kan sigarette koop en die ander een se jy kan nie. Alles is basies bankrot wat aan die ANC regering behoort omdat hulle nie “bankvas” verstaan nie.

marius ·

Vra vir die dame of daar lede is van haar party wat steeds rook en drink .

Lila ·

Dit is ‘n duidelke kaping van mag wat reeds dui op stastsgreep en word ons klandestien onder die Krygswet regeer deur magsbehepte titeldraers. Die gepeupel gaan opstaan om die mag terug te neem. Die regering maak hom nou skuldig aan opsweping tot geweld aangesien die kruitvat binnekort gaan ontplof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.