‘ANC bedreig vryheid in Suid-Afrika’

Dr. Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

’n Ware demokrasie se waarde lê daarin dat dit vryheid vir al sy burgers in ’n land bied.

“Die ANC, veral met sy aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding, bedreig en vernietig egter met sy optrede een van die hoekstene van ’n demokrasie en is daarom ’n bedreiging vir ’n ware demokrasie deurdat hy die vryheid van sy burgers ontneem,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, op die viering van Vryheidsdag gesê.

Volgens Groenewald is dit veral die Afrikaner se demokratiese regte soos die reg op moedertaal-onderwys wat bedreig word in ag genome die uitspraak van die Grondwethof oor die gebruik van Afrikaans en Engels by die Universiteit van die Vrystaat, asook die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se aanslag op Afrikaans.

“Hierdie aanslag bedreig direk die vryheid van ’n sekere segment van die burgers van Suid-Afrika, in besonder alle Afrikaanssprekendes.”

Hy het ook gesê onteiening sonder vergoeding bedreig die vryheid van elke inwoner in die land wat eienaar is van eiendom, en is ’n oortreding van die Verenigde Nasies (VN) se Handves en Internasionale Verdrag van Menseregte.

“Die ANC is skynheilig deur ’n groot ophef daarvan te maak dat hy kwansuis Suid-Afrika bevry het en vryheid vir al sy burgers gevestig het, aangesien hy as regering tans besig is om demokrasie en die ware vryheid van sy burgers te vernietig.”

Maimane spreek die skare toe. Foto: DA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het tydens Vryheidsdagvieringe in Soshanguve, noord van Pretoria, ook die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding aangeraak.

“Ek weet die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding is tans op almal se lippe. Ons opponente kan nie uitgepraat raak daaroor nie en dit is duidelik dat dit hul verkiesingsveldtog vir volgende jaar gaan wees.

“Om grond te onteien sodat die staat dit kan besit en aan die armes verhuur, gaan niemand bemagtig nie. Dit is die plan wat aangebied word as oplossing vir ons se land se ongelykheid. Dit is egter nie vryheid nie. Om as ’n huurder van die staat in jou huis of op jou plaas te bly is net nog ’n manier om mense in armoede vasgevang te hou.”

Volgens Maimane is ware vryheid eerder individuele vryheid. “Dit is wanneer elke man, vrou en kind individueel bemagtig word om die lewe te lei wat hulle kies. Die staat kan nie namens jou bemagtig word nie. Dit is hoekom die DA glo in regte grondhervorming waar die uiteindelike doel is dat Suid-Afrikaners hul huise en grond besit en waar hul reg om eiendom te besit nie deur die regering bedreig word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Oom Kalahari ·

Mnr. Pieter Groenewald, vir 24jr al het die blanke Suid Afrikaner nog geen vryheid gehad nie. Alles wordhul ontneem. Ons soek self beskikking en weg van hierdie kommunistiese onderdrukkers sisteem. Hoe vergelyk jy op werksvlak net oor die 03miljoen blankes teenoor 50 miljoen swart en ander kleuriges. Geen blanke mans mag aangestel word en maatskappye word beboet en alleenlik vroulike blanke werknemers……..laat ‘n mens wonder en dink. Wat is die doelwit met die blanke, wees oop en eerlik met opregte antwoorde, want alles word ontneem en vermoor, vermink, verkrag ens. Is dit hoe die padda pot kook of die see injaag sessie?

Reguit ·

Die hele “Vryheidsdag” is ‘n klug. Sekere mense stem eerder met hulle voete deur daardie walglike Azaniese hool te verlaat. Liberalisme, “gelykheid”, multi-kulturalisme, verbroedering, sogenaamde “nie-rassigheid”, gedwonge rasvermenging -en integrasie is gebaseer op leuens, dit werk nie en veroorsaak slegs wrywing en tragedies. Duisende mense begin wêreldwyd sien dat hierdie linkse “beginsels” vals is, onwerkbaar is, en daarom stem hulle met o.a. hulle voete – naamlik om verkieslik na ‘n land toe te trek waar hulle tussen hul eie soort kan woon; of om die “immigrante” uit hulle land te hou.

Gerrit ·

As apartheid dan so sleg was straf ons witmense met ons eie skole,strande en sit ons in tuislande keer ons om by spur te eet laat ons in ons eie rye staan by die bank.

Joshua ·

Selfbeskikking is al uitweg, dit en net dit of hou aan om stadig weg te kook in n ANC pot van haat, rassisme en kulturele genocide.

Henk ·

As ‘n middeljarige blanke man kry ek nie werk nie…te wit, manlik en voorhen bevoordeeld, al het ek die eerste keer in ’94 ook eers kon stem. Begin dus my eie besigheid om te oorleef . Jy is nie “reg” genoeg om werk te kry nie, maar maak ‘n effense sukses van jou eie oorlewens stryd en jy word weereens gestraf deur swart BBBEE apartheid. Vryheid vir almal se voet!

Cherokee ·

Jou verwyt Henk, moet nie net voor die deur van die ANC gelê word nie, maar ook voor die van elke DA lid, want hulle verraai nie slegs Afrikaans nie maar ook mense soos jy.

Johan. H. ·

As n wit persoon nounog dink hulle gee om,,, dink weer,,Poog om vir jouself te werk en jou eie besigheid te doen. gee om vir jou eie soort en verskaf werk vir jou eie, dis die antwoord , Dis nie so rooskleurig oorsee nie,tenminste het isis. nognie tereur dade hier begin uitvoer nie, Ek het nou al heelwat vriende en familie oorsee, van hulle is eintlik te trots om te se dit gaan beroerd, Ondersteun tenminste Afrikaanse organisasies, en veg om elke hoek vir ons mense,Dit gaan baie swaar onder baie swart gemeenskappe, maar hul oe gaan oop,

Gerhard ·

Die mense wat te trots is om te erken dit gaan beroerd is die wat agterbly het. Min emigrante sukkel oorsee.

jaco ·

Dis te laat om nou oor selfbeskikking te praat. Die ANC sal dit nie vir ons gee nie.
Toe organisasies soos die AWB en Aksie Eie Toekoms in 1980-81 daarvan gepraat het, het almal vir hulle gelag. Toe die Konserwatiewe Party in 1982 gestig is, was hulle idee van blanke selfbeskikking dat hulle ‘n algemene verkiesing wen en dan SA as geheel met ou apartheid regeer. Met ander woorde wit mense sou dan maar nes die ou NP dvir ander rasse dikteer hoe hulle moet maak. Die Konserwatiewe Party en die Herstigte Nasionale Party het NOOIT met PW Botha oor ‘n volkstaat onderhandel nie. FW de Klerk het die “tafel” oopgestel vir onderhandeling; selfs met die ANC, maar steeds het regse Afrikaners ook nie met hom oor ‘n volkstaat onderhandel nie.
Skaars 60 mense het in 1991 vir Orania gestig. Hulle droom van 60 000 mense na 20 jaar het uitgeloop op skaars 1200 mense na 20 jaar, Daars ook 8 kerke in Orania, so daar is ook nie eens wonderlike Afrikaner-eenheid nie.
Een miljoen nee stemme in 1992 se referendum is in 1994 af na 425 000 stemme vir die Volkstaat-gerigte Vryheidsfront. Dié party kry vandag onder 200 000 stemme. Ek weier om te glo dat die ander 800 000 almal dood of by die DA of in Australië is.
Al hierdie feite en syfers bewys net een ding: ons apatiese Afrikaners help grawe self lekker aan ons eie graf.

Eish ·

Baie goeie opsomming van gebeure en hoe het die 800 000 se hoop nie beskaam nie!
Ek is bevrees ons is besig om dieselfde hinderlaagpad te loop as die renosters, totale uitwissing.
Synde te oud en arm vir emigrasie, sal ek maar n irritasie in die oog bly vir die meerderheid ten einde iets sinvol te doen. Mag die DA bekeerdes in hul honderde duisende na die VFplus terugkeer. Mag ons geregtigheidsaktivisme uitloop op volle sanksies teen die helhool sodat hul net meelsakonderbroeke en Sena Morena kombers kan dra en donkiekarre ry.

ferdi ·

Al wie Vry is is die misdadigers kriminele skuim van die samelewing want hulle moor verkrag pleeg misdaad soos hul wil bestuur oortree die verkeersreels soos hul wil en doen net wat hul wil hoera vir die Misdadigers julle is Vry

Casper Labuschagne ·

Onteiening sonder vergoeding is gewettigde diefstal.

Japie ·

Is Als wat gebeur nie ons as volk se eie skuld nie. Het ons as volk nie ons Vader, ons Verloser vergeet nie. Ons voorvaders se beloftes aan ons God nie nagekom nie? Ons lees in die Bybel hoe God Sy volk oorgee het aan hul vyande omdat hul Hom vergeet het. Maar ook lees ons dat wanneer hul terug keer na God ons Vader, Hy die vyand oorlewer aan Sy volk of verwarring oor die vyand bring… Laat ons nie vingers wys maar tot inkeer na ons God. Mag Sy liefde in ons as volk weer gloei. Laat ons opkyk en roep na Hom wat ons gemaak het. Die GEVEG is nie vlees En bloed maar in die gees. Mag ons as volk eendragtig terugkeer na die Verlosser ons God. Amen

jean ·

Ja die verderf is op ons. God is ons enigste uit weg. Vryheid le aleenlik by Hom. Bloedrivier en Moses se loop deur die Rooi see is n bewys dat God sy kinders teen die koning van die wereld sal beskerm. Bid en vir julle sal gegee word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.