ANC behou Rustenburg in naelbytstryd

Rustenburg

Rustenburg

Die ANC het Vrydag op ʼn dramatiese wyse mag behou in die plaaslike raad in Rustenburg, Noordwes.

Die ANC se Sheila Mabale-Huma is as speaker van die raad aangewys met 46 stemme teenoor 43 stemme vir Bosa Ledwaba van die Forum 4 Service Delivery. Die eerste ronde stemme was gelykop met 44 stemme elk en een bedorwe stem.

Daarna kon die ANC verseker dat sy burgemeester Mpho Khunou herverkies word, ook met 46 stemme teenoor 43 stemme vir Rocky Malebana-Mesting van die Forum 4 Service Delivery.

Rustenburg was die enigste ANC-beheerde munisipaliteit in Noordwes wat die gevaar geloop het om teen die opposisie te verloor.

Die ANC het 43 setels bekom, maar kon nie ʼn algehele meerderheid verseker nie.

Die opposisie het altesaam 46 setels in Rustenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LS ·

Eers gelyk en toe met 1,2,3 ….om die MAG te behou….
Ag shame!!

Wat-ek-lees ·

Dus het drie van die opposisie vir die ANC gestem. Iewers is koppe geswaai en seker ook presentjies beloof.
Ek reken daar gaan tog een of ander tyd ‘n ontnugtering plaasvind. Hier gaan lekker skoppelmaai gery word, hopelik nie tot alles in sy maai is.

Lance ·

Nou het die anc n redelike groot dorp gekry om te wys wat hulle kan doen ….maar ai tog met al die binnegevegte twyfel ek baie sterk …maar kom ons gee maar NOG n kaans

christine ·

Sien mooi Malema ons God laat hom nie bespot nie. Jy sal wens jyt nooit so geloop en spog nie.

Aitoggie ·

Dis agv Rustenburg wat in ANC hande was/is, dat die dorp so agteruitgaan. Ons drinkwater loop in die strate af. Om elke hoek en draai borrel die water uit die grond. Dit sal maar net slegter gaan, asof die MILJOENE!!! Liters water wat ons op n DAAGLIKSE basis verloor nie genoeg is nie. Ons kan n dam begin volmaak met die drinkwater wat in Rustenburg per dag verlore gaan. Daar is woonbuurtes wat dae sonder water gaan. SWAK SWAK SWAK!!

Johanna Botha ·

Goeie jimmel Aitoggie gaan dit al so sleg daar …nou word die mense weer terug verkies wat die plek uitmekaar laat val het …voorspel niks goeds nie ne

willie ·

net die idiote stem nog ANC.
Hulle wat glo hulle stem vir Mandela.. en dat hulle huise afgebrand sal word as nie anc stem nie… anc is nie gotjies wat dit alles kan weet nie…en Mandela is lankal nie meer met ons nie … hoe vertel jy dit vir die ongeletterdes…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.