ANC behou wyk ná taai tussenverkiesing

Argieffoto

Die ANC het Woensdag ʼn wyk behou ná ʼn taai en vuil tussenverkiesing in die Wes-Kaap.

Die tussenverkiesing was in wyk 9 van die Witzenberg-munisipaliteit. Die wyk omvat ʼn uitgestrekte, yl bevolkte landelike gebied in die Skurweberg, wat setel op die dorpie Op-die-Berg tussen Ceres en Citrusdal.

Dinge het polities só warm geraak dat die tussenverkiesing uitgestel moes word omdat sommige boere nie die EFF en ANC wou toelaat om kiesers op hul plase toe te spreek nie.

Uiteindelik het Mxolisi Ndaba van die ANC koning gekraai in Woensdag se tussenverkiesing deur 638 stemme te trek teenoor 486 vir die DA, 147 vir die EFF en 16 vir Cope.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van een persentasiepunt na die ANC. Die EFF sal baie tevrede wees met sy beste uitslag in jare in die Wes-Kaap, terwyl die DA se agteruitgang sedert die uitskop van Patricia de Lille voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hoe nou..... ·

As sommige partye net wil saam staan kan die ANC gekelder word….

Johann cb ·

Die DA gaan, na my mening, swaar trek sonder Me De Lille! Sy neem haar “aanhangers” saam na “Good”, wat nie noodwendig goed is nie! Wat presies kan sy haar kiesers bied? Hopelik word niemand in die toekoms ontnugter nie!

aj ·

Johann
Ek herinner jou daaraan dat daai tannie van misdaad / korrupsie aangekla word. Dit is die enigste rede waarom die DA haar ‘gefaks’ het.
Sou jy verkies het dat ‘n misdadiger aanbly in die DA?

Koos ·

Witmense kan nie meer kekostig om vir die DA te stem nie, hulle gaan groot verloor volgende jaar. Stem maar vir die VF+ en hoop hulle met saam tannie Pat.

Ek kan nie glo die arm mense stem nogsteeds vir die ANC nie, net omdat dit `n swart party is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.