ANC bekommerd oor gesprekke wat uitlek

(Argieffoto: Rapitse Montsho/Flickr)

Die ANC het sy regspan opdrag gegee om ondersoek in te stel na die uitlek van inligting tydens die vergadering van dié party se nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Sondag bevestig private gesprekke wat tydens een van dié vergaderings plaasgevind het, is ongemagtig met ’n mediaplatform gedeel.

“Inligting is aan ʼn digitale mediaplatform Insight Factor uitgelek. Hierdie platform het homself aangestel om die publiek deurentyd op die hoogte te hou van dit wat tydens die NUK-vergaderings gebeur,” het Mabe gesê.

“Ons weet dat hulle inligting deur hul eie agente gevoer word met die bose oogmerk om nie net die ANC te verdeel nie, maar ook om ʼn spesifieke narratief te bevorder wat teen die verenigde gees is wat by NUK-vergadering heers.”

Volgens Mabe bepaal die ANC se kommunikasieprotokol dat enige gedrag wat daartoe lei dat vertroulike inligting uitgelek word, ʼn oortreding van hierdie protokol is. Die party sê hy het dus ʼn plig om iets daaromtrent te doen.

Ingevolge hierdie protokol is enige lid wat inligting óf aan die media lek óf aan die publiek bekendmaak – sonder die nodige magtiging of vooraf goedkeuring – skuldig aan wangedrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

annie ·

… bose oogmerk… So, geheime gekonkel moet geheim bly en die so edele ANC moet voorstu in sy edele planne om die land verder op te hef…. so edel en opreg ons oppergesag bo die parlement en howe selfaangestel en onaantasbaar. Gelukkig is ons ‘n skatryk land wat hierdie diepsinnige speletjies kan bekostig. Ek lees juis nou so lekker aan DeKM se jongste boek, 1994. Spring gou of dis uitverkoop.

Zacahara ·

Hoe meet konfussie in die ANC, hoe beter. Mag hulle binne-gevegte hulle verkiesingsveldtog ontspoor.

Adam Adriaan ·

Bloed is nou aan die stange. Binne kort die begrafnis.

Werner ·

Soos die dinge vir my lyk is hier n staatsgreep voor hier n verkiesing is

gpsa ·

Ek mag verkeerd wees en baie kritiek kry, maar ek dink vir die eerste keer in jare probeer die ANC om die land in die regte rigting te draai. Weet daar is steeds baie foute soos die alewige vermorsing van geld op staats entiteite en masiewe wereld skuld, maar die sterk stand teen korrupsie en die korruptes is ‘n goeie teken. Om die skip te draai na die vorige Zuma era kan nie maklik wees nie en ek dink hulle moet kans gegee word om dinge uit te sorter. As nie wie is die alternatiewe om die land te regeer?

Werner ·

As jy dink hulle wil die skip omdraai in die regte rigting droom jy.Ou Cyril het presies geweet vd staatskaping en niks gedoen nie.Sal nie verbaas wees as hy homself ook gehelp het nie.As hulle die skip wil omdraai sal hulle die hele lot moet afdank.Dit is hoekom hier konflik sal kom want hulle kan nie net sekere ouens afdank nie.As hier nie konflik kom nie is dit net oeverblindery.

gpsa ·

Steeds baie foute by hulle. Soos ek se wie staan volgende in die tou as ANC faal? EFF? Moenie droom dat FF+ of DA kans het nie. Ook as Cyril faal, wie vat dan oor? Ace se maats?

Misky ·

Wie is nou onlangs uitgeskop, kwaad en uit die online vergaderings verban?

Hulle hoef nie te ver te soek nie – eish…… (uitgespreek as Ace)

Nie Verbaas ·

“met die bose oogmerk om nie net die ANC te verdeel nie, maar ook om ʼn spesifieke narratief te bevorder wat teen die verenigde gees is wat by NUK-vergadering heers.” ANC die hele wereld is bewus van verdeeldheid binne die party. Daarby nog ook die korrupsie, diefstal van fondse en blatante ontkenning van ongerymdhede.

Tanniepetoors ·

“bose oogmerk” Hahaha. Pot calling the kettle black.

Deon ·

As ek so na al die goed kyk wat in die media berig word oor die anc, dan lyk dit kompleet soos die pampoen wat die waaier getref het en almal probeer die vlieende stukke vang. Onthou daai pampoen is kisboude

Erika ·

N Teken Van N Regering wat hom goed van sy taak kwyt Daar is deursigtigheid Integriteit en vertroue….daar is Positiewe resultate & All Life matters ….Dit is Juis Korruptiewes met dubble Standaarde) Jekill Versus Hyde wat hulle Openbare Beeld Juis sal Beskerm daarom die streng Sekuriteit

Hans ·

As jy kyk hoe hul landsgeheime uit Denel aan Saudis geskenk hoe de hel kan jy verwag dat hul enige iets kan bewaar? Hul is en bly onbetroubaar

jzjz05 ·

En so gaan die drama aan en aan gaan binne kort mekaar aan die hare beet kry.

Piet parys ·

As ek n private gesprek met iemand op sosiale media het dan wil die regering mens aanvat. So wat konkel julle dat die publiek nie mag weet nie . Hoop jou kaders laat dit uitlek . Lyk my wat julle nodig het is n paar knopkieries want dan kan julle die binnegevegte oplos . Laat weet maar hoeveel ek sal n plan maak .

Wat op dees Aarde ·

Baie interessant. Destyds met die NEC vergadering met Zuma het daar ook nuus gelek. Dit was toe, toegeskryf aan “media vryheid”, maar nou sing hulle eweskielik ‘n ander deuntjie

Spook ·

As ek dit nie mis het nie, het die organisasie maar nog altyd soos ‘n kolander gelek. So, niks nuuts nie. ‘n Hele paar van hulle het lekker ryk geword tydens apartheid met die inligting wat hulle verskaf het om hulle maatjies te verraai. Voëls van eenderse vere nog steeds. Nie almal het toegang tot omkoopgeldjies nie.

KB ·

Skors, en hou aan skors totdat net ‘n klein getal oorbly (stop net die vergoeding ook saam met die skorsing!).
Die grootste deel is skuldig aan die een of ander bedrog (nie net finansieël nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.