ANC-beleid bly grootste bedreiging vir pensioengeld

Argieffoto (Foto; AlexanderStein, Pixabay)

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat die ANC se skadelike ekonomiese beleid die grootste gevaar vir pensioene is. Dit bly die geval, of die regering sy vasbeslotenheid om voorgeskrewe bates op pensioenfondse af te dwing vir eers op die lange baan geskuif het, of nie.

Die Beweging het dit voorts gestel dat veral batebestuurders steeds besonder waaksaam moet wees en in die beste belang van hul lede moet optree.

Dit volg nadat eers minister Tito Mboweni dit in sy MTBR-rede gestel het dat die regering gaan poog om dit vir pensioenfondse makliker te maak om op ʼn vrywillige basis in staatsprojekte te belê, waarna die hoof van belegging en infrastruktuur in die presidensie, dr. Kgosientso Ramokgopa, ook daarna verwys het om pensioenfondse te oortuig om in staatsprojekte te belê.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is dit te verstane dat Suid-Afrikaners bekommerd is oor die toekoms van hul pensioenfondse. “Dit is algemeen bekend dat die regering ʼn fiskale krisis in die gesig staar weens onder meer langdurige wanbestuur en korrupsie,” het Buys gesê.

“Pensioenfondse word as die spreekwoordelike pot goud gesien wat in plaaslike projekte belê kan word om die ekonomie te help aanwakker. Die regering het egter ʼn uiters swak rekord wanneer dit by die lewering van groot projekte kom. Om te aanvaar dat hierdie tendens oornag gaan verander en dat hierdie projekte nou ʼn wesenlike opbrengs vir pensioenfondslede gaan beteken, is bloot wensdenkery.”

Volgens Buys is die ANC se skadelike ekonomiese beleid steeds die grootste meulsteen om die ekonomie se nek. “Indien die regerende party nie van sy skadelike idees, waaronder onteiening sonder vergoeding, uitermatige groot staatsalarisrekeninge en aanhoudende reddingsboeie aan uitgediende staatsentiteite afstand doen nie, sal die ekonomie bly steier,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos ·

Logika – iets wat met die vorige bedeling verdwyn het. Dis nou so skaars soos ‘n eerlike politikus.

Pieter ·

Fondsbestuurders by pensioene en beleggings is in elk geval daar vir hul eie belang en sak, indien geld belê word in staatsprojekte kan dit nie veel slegter gaan nie. So het my pensioen oor ‘n jaar met 0% gegroei al word die pensioen bemark as ‘n inflasiebeskermer. Beter is om jou eie beleggings te hanteer, jy spaar ook aan maandelikse fooie aan dooie hout. Ekself sal nie belê in staatsprojekte nie. Die staat is korrup en bestuur alles oor die afgrond en blameer die verlede daarvoor.

Persheks Adri ·

Wat wil hulle nou nog verniet hê??? Dis ons lewens, ons geld, ons eiendom, wat de hel nou nog? Iemand beter sorg dat hulle gestop word hulle kan NIE alles wil hê en demand nie pffft

Pieter ·

As die ANC kommuniste hulle hande op mense se pensioen geld le is dit weg. Mense moet net kyk wat in zimbabwe gebeur dan weet hulle wat gaan gebeur. Die ANC kommuniste het nou al net mooi als geplunder die land van hulle val orals uit mekaar. Dit sal en gaan nooit verander nie gaan orals in afrika so.

Derek ·

Dit is so ironies dat die ANC eers alles agteraf doen en wanneer dit geopenbaar word hulle skielik wakker skrik en dan wil regstel. Dit alles weerspieel net die waarskuwings wat Jesaja reeds baie jare gelede voorspel het. Hulle wie die Woord ken sal dit onmiddelik raak sien, maar die ander sal dit nie weet nie! Die Woord leer ons dat die kennis van Christus is soos die waters van die see.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Daardie kinderloelaes breek dit vir ons staatspensionarisse…

Mad Mike die Rhodesiër ·

As hulle die kindertoelaes stop, verdienslike gevalle na Arbeid, Spesiale of Ongeskiktheid verdeel (EEN per gesin tensy daar goeie redes is), dan kan die oues en ongeskiktes R4 000 ‘n maand kry, ek is seker!

Dirk Mostert ·

Aangesien ANC (Cosatu)-lede die meerderheid van hoogbetaalde poste in die staatsdiens vul, kan die staatspensioenfonds eerste gebruik word vir die staat se behoeftes. Begin by die president, ministers, direkteurs-generaal, MP’s en ander ryk amptenare se pensioene.

Androclus ·

Dis waar hoekom begin hulle nie daar nie,maar soos dit is,is daar nie medisyne vir dom mense nie.Hulle hou hulle dom dis net skelmhandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.