ANC beplan ʼn ‘oorweldigende oorwinning’ in 2019

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC is besig met strategieë en om maatreëls te formuleer om sy strukture binne gemeenskappe op te knap om seker te maak die party het ʼn oorweldigende meerderheid in die 2019- nasionale en provinsiale verkiesings, het beamptes Saterdag gesê.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het in Pretoria met verslaggewers gesels waar die party ʼn spesiale sessie hou van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK).

“Ons gesels oor die kwessies van eenheid en hernuwing, om die strukture te herbou en die ANC te konsolideer om ʼn oorweldigende oorwinning volgende jaar te verseker. Dit is ʼn uitgebreide [vergadering van die NUK], want ons het ook die topvyf van provinsies genooi,” het Magashule gesê.

Die ANC het strawwe kompetisie van die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie onder leiding van Mmusi Maimane. Nog ʼn aanspraakmaker is die radikale Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) onder leiding van die voormalige ANC-jeugligaleier Julius Malema.

Dit het ook aan die lig gekom dat die ANC se voormalige vennoot, die National Union of Metalworkers’ of South Africa (Numsa), nou as ʼn politieke party geregistreer het as die Socialise Revolutionary Workers Party (SRWP). “Suid-Afrika is een van die mees ongelyke samelewings in die wêreld waar die elite 1% al die welvaart besit, selfs ná apartheid,” het Phakamile Hlubi-Majola van die SRWP vandeesweek gesê. “Die hartseer werklikheid is dat die ekonomiese beleide van die ANC beteken dat die meerderheid mense steeds in armoede en ongelykheid leef, net soos wat dit tydens apartheid was.”

Magashule het gesê die ANC verwelkom die nuwe party en sê dit is ʼn bewys van die “dinamiek van Suid-Afrika se demokrasie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacqui ·

Dit moet eerder lees: meer lee beloftes aan die armes in n desperate poging om aan bewind te bly. Ek is egter bevrees dat die ANC wel n oordonderende meerderheid gaan behaal en meer steun sal wen teenoor vorige verkiesings met die dat die DA feitlik in twee geskeur het. Ons het in der waarheid AGTERUIT beweeg die laaste paar jaar….

Dries du Toit ·

Mag die liewe vader ons bewaar teen hierdie diep gewortelde korrupte pary

John ·

Word stembriefies nou al ingevul? Hier kom groot baklei oor die uitslae want miljoene adreslose spoke gaan ook stem ten spyte van die hofuitspraak. Ace wat so onaantasbaar die ANC-lei en skynbaar op CR se kop sit, dui op ‘n erge magspel binne die (wan-)organisasie. Almal pers almal af. Die kans is goed dat De Lille die Kaapprovinse se leierskap aangebied sal word.

Jacobus ·

Wees reg vir al die verkiesing bedrog en intimidasie by die stembus.

Die ANC het reeds besluit al is die uitslae en die wil van die kiesers wat ook al; in die meerderheid kiesafdelings gaan hulle wen.

Onthou ook dat al die nuwe partye is net geskep om die wat nie noodwendig vir die ANC wil stem nie en ook nie vir die gewone opposisie nie, te trek. Na die verkiesing sal hulle met die ANC in koalisie gaan. Almal is net daar vir die tap van die staatskas.

Die ANC vrees nie om te verloor in die verkiesing nie, maar vrees dat hulle persoonlik en as party; asook hulle familie en vriende nie meer toegang sal hê tot die plundering van die staatskas en groter ekonomie.

Suid Afrika en haar inwoners gaan vir die volgende paar maande tot en met die verkiesing baie swaarkry maar niks in vergelyke met wat na die verkiesing gaan gebeur nie.

Suid Afrika se Venezuela oomblik en die swaarkry wat daarmee gepaard gaan lê nou voor.

Sterkte.

Basjan ·

Jacobus, ek stem 100% saam met jou. Jy som die hele aangeleentheid mooi op!

Ongelyk ·

Dis pateties dat sekere partye se ondersteuners arm bly selfs al word soveel opheffingswerk gedoen en selfs al besit hulle die regering en beluit self wat om met die belasting te doen. Kan maar netnie.

Sê net ·

Is dit hoekom hulle ewe skielik die gras sny, maar die padjies waar ons moet loop nog net so slordig los. Waterpype wat lek vir dae aan een laat af hardloop in die straat, maar hulle almal sien dit en doen niks. Nee wat, doen eerder iets aan julle korrupsie en onnodige geld mors op tjol voor julle op die verkiesing fokus. Julle BS net julle self.

Hennie ·

Die gemors is soos die Nadionale sokkerspan. Weet nie wat wen is nie!

Neels ·

Kyk maar vannou af hoe word die kiesers gepaai met kos pakkies en lee beloftes. Die oningeligte en ongeskoolde val vir die foeffie. Dit is een van die redes hoekom daar nie ekstraskole gebou word nie want die massas mag nie slimmee word nie. Die sogenaamde onafhanklike verkiesings kommisie is ook swaar gelaa met kaders wat nou al opgelei word om verkiesings bedrog te vervolmaak

Al ·

Soveel arrogansie. Die mens wik maar God beskik.
Jul het nog nie die 2019 verkiesing gewen nie.

Delarey ·

Dit aan nie so maklik wees nie. Die DA is meer as net die Wes-Kaap en daar is baie verdeeldheid in die ANC. Stempersentasies neig ook al laer. En dan is daar tereg nog die uitdagings met kieserslyste.

Dries du Toit ·

Maak nie saak of die ANC die verkiesing wen nie. Ons moet net getel word. Die party wat jou christelike oortuigings verteenwoordig moet so veel moontlik setels in die regering kry.

Andre ·

As die mense nog steeds in armoede en ongelykheid leef was “Apartheid’ mos nie die oorsaak nie. Politici het in 24 jaar miljoeners geword en die res het geen voordeel getrek nie. Snaaks al die “verbeterings ” wat altyd net voor n verkiesing belowe word.

Anti ANC ·

Wat het geword van “hou politiek uit die werksplek”? Die vakbonde is dan veronderstel om objektief en neutraal te wees wat beide die werkgewer en werknemer se regte beskerm en verteenwoordig.

Sarel ·

Die ANC is die vakbonde en vakbonde is die groot rede vir die ongekende werkloosheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.