ANC ‘beskerm’ Ramaphosa oor Zim-vlug

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die DA sê Donderdag se gesamentlike parlementsitting is ʼn laaste poging van pres. Cyril Ramaphosa om vrae én aanspreeklikheid oor ʼn ANC-afvaardiging se onlangse omstrede vlug na Zimbabwe te probeer omseil.

Cathlene Labuschagne, DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), sê Ramaphosa sou Donderdag vrae daar beantwoord het tydens ʼn sessie wat reeds ʼn maand lank geskeduleer is.

Sy sê dit lyk of die presidensie en die parlement nou saamwerk om die mondelingse vraesessie te probeer uitstel nadat hulle die vrae gesien het.

“Die voorsittende beamptes van die parlement het die president se oproep vir ʼn gesamentlike sitting aanvaar en die duidelike konflik wat dit op die parlementêre program gaan hê, geïgnoreer.”

Labuschagne sê ten spyte van vrae daaroor kon daar geen besliste antwoord gegee word vir wanneer ʼn nuwe mondelingse vraesessie met die president geskeduleer kan word nie. Sy sê ten spyte van verskeie alternatiewe datums wat voorgestel is, wou die ANC nie enige daarvan aanvaar nie.

Sy sê dit is duidelik dat die ANC nou saamstaan om te keer dat die waarheid oor die vlug aan die lig gekom.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Zimbabwe verlede maand op ʼn amptelike reis besoek – maar ook ʼn afvaardiging ANC-lede ʼn saamrygeleentheid op ʼn straler van die lugmag wat vir die reis gebruik is, gegee. Dit het ʼn herrie veroorsaak. Die minister is onder meer met drie maande van haar salaris beboet en die ANC het onderneem om sy gedeelte van die reiskoste terug te betaal.

Labuschagne sê dit is duidelik dat Ramaphosa nie met “nog ʼn skandaal van sy administrasie” gekonfronteer wil word nie. “ʼn Mens word herinner aan die tyd twee jaar gelede toe hy vir die parlement gelieg het oor sy seun se betrokkenheid by Bosasa,” het sy gesê.

“Die gesamentlike sitting is niks anders as ʼn manier om te keer dat die president aanspreeklikheid aanvaar nie en hom toe te laat om groot te praat oor planne om oënskynlik Suid-Afrika se ekonomie te red nie – ʼn ekonomie wat gebroke is danksy niemand anders as die nasionale ANC-regering weens sy rampspoedige en onlogiese afsonderingstyd nie,” sê Labuschagne.

Die DA sê hy gaan aan Ramaphosa se kantoor skryf om ʼn afskrif van sy skedule vir die volgende week te vra en vas te stel of Ramaphosa werklik te besig om ʼn gesamentlike sitting en ʼn mondelingse sessies in dieselfde week by te woon.

“Die waarheid gaan uitkom, of die ANC en Ramaphosa nou daarvan hou of nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genis ·

Rampokkers..dis wat hulle is… mens was nie verniet in die tronk nie…daar was n rede…. mens kan sien hoe als verval het in korrupsie en diefstal… Cyril you and people… messed up SA big time, beyond repair… All have mater degrees in Corruption and Lootinf tax payers money… Have you no shame?

Werner ·

Net soos wat hulle Ace en Zuma beskerm nog net die naïewes en die DA wat glo dat hulle vervolg Sal word

Anoniem ·

The anc & their comrades laugh all day, every day, all the way to the bank, while the DA are hanging around the airport in great anticipation for an excellent outcome.

Andre ·

Nee wat DA.Regtig julle behoort nou al na 26 jaar te weet dat die ANC julle aflag al die pad bank toe.Die regering ken net een taal en dit is ongelukkig geweldadig soos wat ons in Senekal gesien het.So vergeet van julle briefies,praatjies en drygemente.Die klomp weet julle is net speel speel..

Hennie J ·

So lieg en bedrieg hulle en dink almal val vir die grap.

Magda ·

Die DA word nou wel uitgelag, maar glo my as dit nie vir die DA was so paar jare teurg nie, het daar GEEN korrupsie ooit die LIG gesien nie, WIE was dit wat dit aan die LIG gebring het, DA – so ja DA tenminste probeer julle en hulle se aanhouer WEN – DIE WAARHEID KOM ALTYD UIT, Waar is die VF, wat het hulle tot NOU toe gedoen oor korrupsie, praat ongelooflik baie, maar is verwyder in Pretoria van hulle LP stoele deur die ANC al is hulle ingestem deur die publiek, wat doen hulle daaromtrend, aanvaar dit net??? Is daar regtig NIKS wat hulel kan doen om dit te keer nie. Ek weet nie hoe dit werk as jy ingestem is en sommer net deur n ander party verwyder word nie, maar regtig , as dit so maklik is om iemand te verwyder hoekom word die ANC nie net ook verwyder nie?????

Androclus ·

As jy net DA hoor dan dink jy net dis nog maar net so ‘n sommer party,maar daars tog mense wat ook kan dink soos jy blykbaar dink.

Fedup ·

No need to wait for an answered questionnaire.
The circus individuals went to zim to get advice on a faster and more corrupt way of expropriating everything they want.

annie ·

Regter Zondo se kommissie word deur meer as een bedreig. Mens wil aanbeveel dat hy sy sekuriteit opskerp. Afrika het sedert altyd nog nooit ontwikkel nie; dit is groot toneelgeselskap met ‘n bunch skattejagters. Die plase wat so gegryp wil word sal omgedolwe word om die ondergrond te verken en op die bogrond sal die duiwel ronddwaal. Die ‘SAA’ moet gered word om sakke GEE-mieliemeel af te gooi vir die delwers in nood.

Jakes ·

Kom nou mense, dink julle regtig dat daar eerbare mense in die ANC is? Na 26 jaar van regering is die bewyse daar dat SA sodanig veragter het dat die die land afstuur op n mislukte staat in alle opsigte.

Anoniem ·

Dalk het die klompie solank gaan verblyf reël vir ingeval ‘n aantal hooggeplaasde ANC lede die pad wil vat eerder as om gearresteer te word vir korrupsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.