ANC besorg oor munisipale staking in Durban

Rommel in Durban se strate tydens die staking van die munisipale werkers (Foto: Bongani Mbatha/Africa News Agency/ANA)

Die ANC in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê hy is bekommerd oor ʼn voortgesette staking in die eThekwini (Durban)-munisipaliteit wat inwoners en besoekers die afgelope paar dae verontrief het.

Honderde munisipale werkers het Maandag en Dinsdag die stad tot ʼn stilstand gebring en betoog teen die stad se eensydige indiensneming van uMkhonto WeSizwe- militêre veterane in hul eenheid op salarisskale baie hoër as die res van die personeel.

Die werkers, hoofsaaklik van Durban se vasteafval-eenheid het vragmotors gebruik om die N3 na Durban te versper. Rommel is by sleutelkruisings in die CBD gestort. Polisiebeamptes moes van rubberkoeëls en skokgranate gebruik om die stakers te beheer en minstens 10 persone is in hegtenis geneem.

Die staking deur water- en sanitasiepersoneel het tot die ontwrigting van watertoevoer in sommige gebiede gelei en noodsaaklike paaie is versper.

Die ANC het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die griewe van die werkers en bevestig hul reg om hul beswaar aan te teken, maar daar is geen regverdiging vir wetteloosheid nie. Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC, het gesê hulle werk saam met alle betrokke belanghebbendes om seker te maak dat die saak so gou as moontlik opgelos word. “Die ANC vra om verskoning vir inwoners en besoekers wat deur die staking geraak word en doen ʼn beroep op die eThekwini-munisipaliteit om seker te maak dat watertoevoer herstel moet word in alle betrokke gebiede. Ons fasiliteer steeds ingrypings om die staking te beëindig.”

Ntuli het premier Willies Mchunu geloof dat hy ʼn taakspan aangestel het om die omstandighede te ondersoek wat tot die staking gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannatjie ·

Maar die ANC is nie bekommerd oor die maandelange Munisipalestaking in Bethulie nie?

IK ·

‘Baantjies vir boeties’, hoe anders het hulle gedink wat gaan/sal gebeur?

Gert ·

Bloemfontein lyk elke dag so en die werkers staak nie eers nie!!!!

Stebastiaan ·

Wonder hoekom is die anc bekommerd hulle het hul dan geleer om te staak. Hulle aliansie vennoot kosatu is dan die grootste voorstander van stakings en om die ekonomie te benadeel!!!!

Wielspore ·

Die Zuma steun in KZN is nog sterk, die senior bestuur van die ANC is pro Zuma en die werkers op die vloer is pro CR. Aanstellings wat pro Zuma is word af gedwing tot op munisipale vlak.
Onmin binne die ANC tot voordeel van ander partye, nog ‘n kans dat die ANC sy 2/3 meerderhied kan verloor.

Cherokee ·

Ja, soos Johanna sê, wat ‘n gemors! Ek verstaan hul rede vir die skaking en is geskok om te leer dat ons geld betaal aan lede van umkhonto we sizwe. Die manier waarop die staking uitgevoer is, is egter onwettig en morsig. Gistermiddag het hulle die watertoevoer toegemaak en groot dele van die stad, soos ons by die waterfront, was sonder water tot laat gistermiddag. Tienuur gisteraand op kantoor, 5 uur vanmore op kantoor, van 4nm tot 8nm op kantoor, en dit is vakansiedag. Wat ‘n totale chaos wanneer hulle die stad probeer skade aandoen.

Gert van Wierdapark ·

Fantasies om so gou n Taak-span aan te stel oor die betoging! Die rede is egter voor die Hand-liggend (sonder slaan) : Sogenaamde mili-tere v(r)eterane eet te groot hap uit die salaris-koek = die taak span se werkie is afgehandel en die Durbaniete kan weer in die a en see se branders bal-jaar!

Jo B ·

Kry vir julle ANC…. julle sê julle gaan die land regkry wat Zuma op gebogger het. Julle het die oubaas gehelp… maak maar nog promises… julle sondes haal julle in…. prrrrr boef baf, daar lê die str@nt…. hahaha, kry vir julle… kry vir julle.

Marinda ·

Ek moet net lag. Hulle weet presies wat die probleem is. Maklik om te maak asof hulle nie weet nie.

werner ·

Dit is nie n staking nie hulle noem dit JOB CREATION om seker te maak daar is elke dag werk

Wilma ·

Geen rede tot wetteloosheid nie. Hahaha. Anc laat my lag. Hul het die mense van SA geleer om so op te tree.

Jerry ·

Noudat ANC kader revolusionere strukture goed gevestig is in die staatsdiens, SOE’s en munisipaliteite is dit oop ketels vir baantjies vir boeties vir ANC kader families. Dit is nou nie net witmense wat uitgesluit word nie, werkloosheid sal nou toeneem by almal wat nie ANC lede is nie.

Wat! ·

In ons dorp kom jy nie agter hulle staak nie. Lyk altyd dieselfde. Moet nie onnodig bekommerd wees nie….hou jou horlosie dop. Amper lunch tyd.

Werkloos ·

So gaan nog besighede sluit, nog minder belasting ingevorder word, nog meer werkloosheid veroorsaak word en meer armes aansoek doen vir toelae. So verval die land maar die dieselfde mense wat nou staak , verstaan dit nie, of gee nie om nie!

Ella ·

Hoe ironies!
Die publiek het help strande skoonmaak na die vloede en nou dump die werkers tonne vullis in die strate wat weer in die see en op strande gaan beland.
Snaaks dat die ANC nou iets se, so voor die verkiesing. Gewoonlik rep hulle nie n woord nie oor enigiets wat die “kiesers” doen.
Ja wat jy saai sal jy maai kom altyd waar.

Foxi ·

Waarom bekommerd wees ANC? Dis mis nirmaal dat dit so lyk. Niemand gee meer om nie in elk geval. Almal kla daar is nie werk nie, maar wil hulle werk? Nee! So, moenie bekommerd wees nie.

Michael ·

In kroonstad lyk dit ook so maar ons moet die volle mnd betaal vir die verwydering as jy dit nie betaal dan wag hul tot op vrydag dan sit hul jou krag af so dat jy die hele naweek on die donker moet sit en dit is wat die ANC doen aan die mense wat hier bly want hul is inbeheer.

Riaan ·

Is die CancER se stemmers ( as daar so woord is) so wat gaan Cancer doen?
Dit los tot na 8 Mei????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.