ANC besorg oor ‘onstabiliteit’ by SAUK

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die ANC het Vrydag gesê hy is besorg oor voortgesette onstabiliteit by die SAUK en het die regering gemaan om seker te maak dat alles na normaal kan terugkeer.

Die nuuskanaal eNCA het Donderdag berig veteraanjoernalis en regisseur Mathatha Tsedu is die vierde lid wat uit die raad van direkteure by die openbare uitsaaier bedank het.

Dit volg ná SAUK-adjunkvoorsitter Khanyisile Kweyama en raadslede Krish Naidoo en John Matison se bedanking. Naidoo het Woensdag bevestig hy het bedank weens politieke inmenging by die SAUK, wat tans in ʼn finansiële verknorsing is.

Die ANC het Vrydag bewerings, dat die party sommige raadslede aangemoedig het om te bedank, verwerp. “Bewerings dat die ANC betrokke is in ʼn poging om die raad van die SAUK te saboteer, is ʼn desperate poging om politieke punte te werf.”

Die openbare uitsaaier, wat tegnies insolvent is, ontvang weerstand oor planne om minstens 2 000 personeellede af te dank om kostes te besnoei en die deure oop te hou. Die SAUK skuld diensverskaffers honderde miljoene rand. Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het verlede maand gesê die openbare uitsaaier kan nie aan sy finansiële verpligtinge voldoen nie en het geen ander keuse nie as om met afleggings voort te gaan.

Die ANC het Vrydag gesê hy staan op die voorpunt van pogings om die SAUK te stabiliseer. “Ons is onder geen illusie oor die belangrike rol wat die openbare uitsaaier in die lewe van die nasie speel en die belangrikheid om ʼn stabiele omgewing te verseker nie. Die raad moet ruimte gegun word om sy mandaat onafhanklik uit te voer – sonder vrees, voordeel of guns en in die beste belang van die SAUK.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

koos ·

En dit is veroorsaak deur wie?
Gaan vra vir Hlaudi, hy het mos gesê daar is baie geld daar. Skuus hy het seker sy eie bankstaat met die van die SABC verwar.

Geregtigheid ·

Shame hulle is die vervaardiger van alle onstabiliteit en nou is hulle besorg. Wat n groot grap!!

Eugene ·

“Besorg…..” Is dit al? “Paniek” sou beter gewees het. Selfde vir Eskom en SAA.

My mening ·

Hulle moet eerder oor hul eie onbevoegdheid en korrupsie besorgd wees.

khat ·

Ja net hulle het al die geld geloot en self vir hulle sake gesorg dis nou anc hulle wil dan he die raads lede moet bedank dat hulle kaders daar kan insit om meer te loot

DeVill ·

Wees liewers ernstig besorged oor die onstabiliteit in jouself, jou stuk onbevoegde ANC gemors!

Dis die ANC wat die die SABC, ESKOm, SAL ens ens onstabiel gemaak het.

My vraag is net: Is daar nog hoop oor? Is daar nog plek vir omdraai ek probeer herstel?
Ek twyfel ernstig oor hierdie vrae!

zoom zoom ·

Hoe gouer die parlement sy neus uit die SAUK se sake hou en ook ontslae raak van vakbonde behoort SA dalk beter te raak met Staats ondernemings

Staak saam ·

Dit is net n manier om homself te verontskuldig, hoe kan hy die regering maan as hy die anc die regering is.

Die funny bunny!1!

alida ·

Die ANC was lankal bewus van die chaos by die SAUK en ESKOM. Nou dat dit finaal in duie stort nou is hulle besorgd. Foeitog.

Ryan ·

Als in die grond in gery. sabc, saa, eskom. sars loop ook die paadjie, Daar word mos belaglike salarsse betaal en boonop bonusse – maak nie saak hoe vrot dit gaan nie.

Ryan ·

Ergste van als. Mense wat weet, het laaaankal die alarm klokkie gelui, maar dit was telkemale opsy geskuif. Dit en die afdanking van baie bevoegde mense en aanstelling van onbevoegdes. ‘n resep vir groot gemors.

Mrs H ·

Hulle onstabiliteit is n aansteeklikke mediese toestand vanuit die huis… ANC se huis waarvan SAUK n afkomstigge kind is! Of is dit n oorerflikke mediese toestand?!

Adam ·

Skreeusnaaks!! Ek is weer vreeslik bekommerd oor die toestand van die ANC.

Staak saam ·

Die ANC mot nou net n staking uitroep met sy unies tot die regering optree, in enige ander land en selfs in Zim sou so n stelling as n grap gesien word, maar ierdie is SA en dit is meer as moontlik.

David ·

Die bekommernis het waarskynlik meer te doen met die dreigende verlies, van hulle belangrikste reklamemedium, onder hulle kiesers,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.