ANC: ‘Betaal asseblief studiegeld’

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Ouers wat kan bekostig om hul kinders se universiteitsgeld te betaal moet dit doen ten einde te verhoed dat die land se tersiêre instellings disfunksioneel raak of heeltemal tot stilstand kom, het die ANC gesê.

“Dié wat kan en die finansiële middele het, moet betaal. Ons weet wie ons is, … ons hoef nie aangesê te word of deur ʼn toets te gaan om te bepaal wie kan betaal nie,” het Naledi Pandor, voorsitter van die ANC se subkomitee oor onderwys, gesê.

Volgens Pandor sal die “deure van hoër onderwys sluit” indien diegene wat kan bekostig om hul kinders se studiegeld te betaal dit nie meer doen nie. Pandor het gesê die ouers wat studiegeld kan betaal is diegene wat ʼn werk het, ʼn salaris verdien en voorheen betaal het.

Pandor het gesê die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) sal binnekort aandag gee aan studente wat bó die NSFAS-drumpel is maar nie studiegeld kan bekostig nie.

Volgens Pandor sal die NSFAS volgende jaar sy befondsingmodel vir studente in die kategorie begin toets en in 2018 implementeer. “Die befondsing kan in vorm van lenings wees, maar ons wag vir die NSFAS se besluit rakende die kwessie.”

Pandor het ʼn beroep op ouers gedoen om tersiêre instellings te ondersteun. “Ouers en gemeenskappe moet asseblief universiteite ondersteun sodat onderrig so gou as moontlik kan voortgaan. Dit is ʼn grondwetlike reg om te betoog, maar dit hoef nie gewelddadig te wees soos byvoorbeeld met die beskadiging van universiteitseiendom nie.”

Die regering het R1,9 miljard beskikbaar gestel om te help met die R2,3 miljard tekort weens die besluit dat universiteitsgeld nie in 2016 sal styg nie. “Die regering het ook R4,5 miljard bewillig vir die NSFAS in die 2016/17-boekjaar. Dit is bykomend tot die R10 miljard wat NSFAS vir die 2016 akademiese jaar ontvang het,” het Pandor gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Anna ·

Ek betaal dit graag sodra studente op die kampus toegelaat kan word…… gaan verseker mie betaal voordat die oproer verby is nie

Jz ·

Stem, wat nou gebeur is uit en uit die ANC se baba en verwag nou die mense wat gehoorsaam was moet nou gestraf word deur die ongehooraam te onderhou.Antie Pondor leer eers jou studente maniere en nie deur hul aantehits nie soos die ANC nou maak nie.

willie ·

Ek wonder of sy met die UCT visie-kansellier bespreek het? Hy is van opinie dat studente nie hoef te betaal nie

Peet Schabort ·

Die kultuur van wanbetaling is diep gewortel en is natuurlik komende uit die apartheidsjare en dus ook apartheid se skuld. Hoe anders?

Kry vir jou! ·

Wat goed is vir die een is mos goed vir die ander een dan nie?

maritz ·

Dink presies dieselfde . Hoekom moet die minderheid betaal ons het nie mee die geld nie

Piet Snot ·

Maritz, jy moet ook nie vergeet nie: as belastingbetaler betaal jy reeds een van daai amokmakers se fooie. (Genade, ek hoop dis net een!)
So as jy virjou kind betaal, betaal jy vir twee.

Ben ·

Mevrou Pandor – U moet asseblief onthou dat baie blankes nie meer werk het nie / nie kan kry nie en gevolglik nie meer ‘n verdienste het nie al het ons voorheen betaal. Die bevolking wat werk het en wie se kindertjies gewillige stakers, brekers en moeilikheidmakers is moet maar aangespreek word.Vrede.

Jf van Rooyen ·

Betaal is nie die hoof probleem nie die ouer betaal wat kry hy terug vir sy geld stakings rassisme kinders wat gedryg word kry eers die universiteite reg en funksioneel en vra dan ouers moet betaal

Karel ·

As ek n lening kon aangaan en my studies betaal al moes ek in amerika gaan werk om die geld terug te betaal, Kan enige student dit doen. As jy regtig suksesvol wil wees sal jy n plan kry om te betaal.

Marianne ·

Hoekom moet ek of my kinders met jare se studieskuld sit? Gee lenings maar NIE gratis onderrig nie vir almal wat daarvoor kwalifiseer met die nodige universiteitstoelating.
Dit bring my by ‘n ander seer saak – waarom word betoog vir gratis universiteitsopleiding maar die basiese skoolopleiding moet betaal word?
‘n Skewe prentjie

Andrea van Vuren ·

Ons blankes word by die duisende uitgemoor en nou moet die wat nog oorbly die oproerige meerderheid se klasgelde betaal! Twak!

HEVW ·

Ons ywer vir ons eie nagraadse opleidingssentra dan kan die res maar aangaan en kyk of hul op hierdie stelsel kan handhaaf. Sela.

Andre Bence ·

Dit is presies wat gaan gebeur. Met elke gekkespul in die verlede het daar elke keer iets wonderbaarlik gebeur. Selfs Eskom sit nou met probleme, want die krag wat hulle opwek kan nie verkoop nie. Die mense het self plan gemaak.

Pieter ·

Die ANC begin toenemend rondspring soos katte op ‘n warm plaat. Nogal komieklik om te sien. Ongelukkig dink ek Suid Afrika sal veiliger wees met ‘n gerusde ANC as’n desperate een. Hou vas! Die rit gaan nog rof word.

GES ·

Pieter ek wil byvoeg en sê dat die ANC begin besef dat hulle bootjie besig is om te sink. Dit is opmerklik hoe hulle na grashalmpies begin gryp. Ons moet net geduldig wees en die geld maar terughou waar moontlik.

m ·

Hoekom moet ek betaal ? Dis mos lekke nou kan ek my seun in n mooi buurt laat bly , vir hom n mooi sportskar en n lekke vakansie aan elke einde van die jaar stuur met al die geld wat ek spaar . Dankie Zuma

Johan 2 ·

Sê die minister wat in Botswana aangekla is vir diefstal.

P Henning ·

Ek gee nie om te betaal soos wat ek self in die 80tiger jare moes betaal nie. Self n lening aan te gaan vir my kinders nie. Die verskil is dat onderrig toe gewaarborg was en nie deur stakings en onlus van mense wat in elk geval nie wil leer nie beheer is sonder dat ag op hofbevele geslaan sou word nie.
Ek sal my kind se registrsie betaal sodra die universiteit kan waarborg wanneer die akademiese jaar in aanvang gaan neem. Sedert verlede week kan die ingenieursstudente by Tuks nie somerskoolklasse bywoon nie en dit oor werkers wat niks met akademie te doen het nie. Gaan betoog voor die Uniegebou want as daar nie meer n UP is nie het julle geen tuine om in stand te hou of plekke om skoon te maak nie. Dan is kontrakwerk of vaste poste irrelevant!! Kan me Pandor asb verduidelik hoekom ouers moet betaal as universiteite nie klasse kan waarborg en beskermingsdienste hofbevele minag nie.

Tweetie ·

Dit is net van toepassing op die blankes wat moet betaal of skuld aangaan, en na die graad kry die kinders in elke geval nie werk nie want dan is regstellende aksie n struikelblok, al behaal hulle wonderlike prestasies.

Kobus ·

Gaan skep bietjie daar by die brandstof emmer van daai R7/lit oorverhaling. Daar is meer as genoeg fondse.

Christo Henrico ·

Dit kom daarvan as mens net mag demand.
Ons is geleer om vir iets te werk en om dit te verdien,nogal ń groot verskil né.Arme werkers nou nog ń hap van julle kant af ,om op die demands te offer.

Elizabeth Bosman ·

Eik is ‘n finansiele beplanner en het ‘n klient wat ‘n huishulp is en haar man ‘n tuinier. In Jan 2015 het sy haar dogter wat onderwys studeer het en begin werk het na my toe gebring om risiko en beleggingsplan te begin. Hierdie ouers het die onmoontlike reggekry met ongelooflike opoffering. Natuurlik het hul gedeeltelike hulp gekry in die vorm van ‘n beurs maar dit het nie 30% van hul koste gedek nie. Min wit mense sal hierdie opoffering maak en hul kinders uitstuur om te gaan werk soek. Die ANC het gratis onderrig vir almal belowe. Put your money where your mouth is!

Gideon ·

Ai Elizabeth, jy het seker nog nie met baie arm blanke studente se ouers gepraat nie. Hulle kom nie na jou vir raad, want daar is te min geld om te beplan. My dogter het as student vir ‘n bekende visplek gaan werk, sy het die heerlike werk gehad om vroegoggend hulle vensters te was en blink te maak, en dit om te kan oorleef op Universiteit. So weet ek van baie kinders wat dit doen.

WIllie ·

Lizzie, jong dis merkwaardig! En ek het vir 4 jaar myself die luukses van die lewe ontneem om my kind (sonder enige beurs!) deur universiteit te sit. En ‘n finansieele konsultant? LMGA!! Kon glad nie een bekostig nie!

So. ja, onwaarskynlik – en ek koop glad nie daai tuinjong en huishulp storie nie….

Mike ·

Vir hoeveel langer gaan julle steeds die blankes leegsuig???

esteenkamp ·

Ons moet soveel as moontlik mense kry om by Afriforum aan te sluit. Hulle is besig met groot planne random nhulle universiteit. Daar is reeds kinders wat daar studeer. Dis al plan wat ek dink kan werk. Maar net my opinie.

Dup du Plessis ·

Daar bestaan nie iets soos gratis of verniet nie, dit word maar net deur iemand anders betaal of gesubsideer……

DPJ ·

Iemand wat is verniet kry is bloot nie tros daar op nie. Iemand wat hard werk is tros daarop. Dit is ‘n lewens les wat baie moet leer. Betogers kom gewoontlik uit die wat alles verniet ontvang en dan moet die betaler vir die gelag betaal deur nie te kan eksamen te kan skryf nie. Hoeveel jare gaan niebetalers kaans kry om ‘n studiejaar te voltooi?

anita ·

Solideriteit se opleiding bestaan al lankal!vir blanke kinders..so hoekom universiteit toe ploeter! Kinders leer meer daar ! My vriendin se seun leer daar vir n millwright…

CHRISTA ·

Gaan hierdie studente wat daarop aandring om verniet te studeer ook eendag verniet werk? Hulle verwag mos die universiteitspersoneel moet verniet werk, want waar gaan die fondse bekom word om die personeel se salarisse te dek?

frans ·

Moetni betal.nie dis tyd vir ons ou geliefde regeering om te sie. wat gaan gebeur as die wittes se hande om toegaan wag tot ons die fabrieke en plase en belasting stop dan gaan jy n kati op n warm plaat sien spring en dit kom

Liewe Heksie ·

Regtig ANC julle het belowe en julle sal gee Wat vir die een tel tel vir die ander of is jul weer rassisties

Vicus ·

Julle het nou gesaai wat julle maai. Hier kom n baie groot fout. Ek voorsien dat baie dosente oorsee gaan werk. Wie kan onder sulke omstandighede jou beste gee? Angie, hoekom maak jy nie maar vir ons die sommetjie en se dat daardie “ons” : wit nie. Dan weet ons mos wat julle eintlik bedoel.

Gertjie ·

Wat die ANC bedoel is, wit-mense betaal asb julle eie geld.

Champ ·

Sluit al wat n universiteit is, begin na Gr 10 met” on the job training” dan verpes die jeug geen mens nie en elke een in die land word n nutigge instrument

Theresa B ·

Julle bly maar van die pad af. Dink julle nou regtig dis hoe dit moet werk. Betaal julle en julle “Comrade” die geld. Dit is julle president wat se mond so groot is.

LAURIKA ·

Goeie More

Ek verstaan nie hoekom moet ons wat die geld het om te betaal betallings maak, hoekom kan hulle gratis universiteit toe gaan en nie ons kinders nie waar kom die regverdigheid in Mr President, Mev Onderwys?
Ek onthou in my jonger dae as my ouers geld gehad het kon ek ook universiteit toe gaan, maar my ouers het net genoeg verdien om ons 4 kinders deur skool te sit daar was nie geld vir universiteit nie.
Hoekom laat hulle studente studeer wat nie kan betaal nie en dan maak hulle nog groot gemors voor hierdie geboue?

Fanie ·

Ag, en dit lyk of sy trane in haar oë het! Seker oor die tweeledige teenstrydige beloftes van hulle (ANC) se kant af. Shame.

Han ·

Ek het behoorlik gestik toe ek Pandor se versoek lees. Die vermetelheid! Die betogendes kan maar EIS, EIS, EIS, (ad infinitum) en as daar nie aan hul eise voldoen word nie, brand en verwoes hulle voor die voet. Wat wil hulle met ‘n universiteitsopleiding doen as hulle nie eers basies opgevoed is nie? Moenie vir my vertel dat al hierdie massas wat so betoog vir gratis opleiding, universiteitstoelating het nie. Maar as jy kan saamdans en skree, hoef jy nie te werk nie. Mev. Pandor, preek eerder vir diegene dat jy nêrens in die lewe kom as jy werksku is nie. Die ANC verpes
die wittes, maar ons moet opdok!

Toe ons kinders op universiteit was, het ons ons vingers stomp gewerk om hulle daar te hou en het ons behoorlik Spartaans geleef. Ons kinders het elke universiteitsvakansie GEWERK! EN, hulle werk steeds.

Alvorens die eis-kultuur nie in die bek geruk word nie, is daar nie hoop vir hierdie land nie. Ons president belowe net links en regs sonder om die konsekwensies daarvan te begryp.

Champ ·

Die mense is regte fanta mense, dis fanta veel kry dat hulle tot bereid is om mekaar te moor. Hulle het by ons voorouers se voete gele vir n stukie kos omdat hulle toe al te sleg was om iets self te doen. Soos die tyd aan gestap het,het hulle al hoemeer ge eis en gekry. Nou is hulle op die plek waar hulle self moet begin voorsien,want fanta se put het hulle laat opdroog. En ongelukig sit ons die gewers van die verlede nou met die probleem

MCS ·

Elizabeth Bosman, jy weetnie waatvan jy praat! Nie alle blankes het sakke vol geld! Baie studente moes en moet steed as hulle tewit vel nie in hul pad staan , twee of drie werke by Spur ens doen om te kan studeer! Ons het nog nooit en sal ook nooit net voorregte kry net omdat ons sodanig minderbevoorreg is! Tenmiste in die verlede moes n ou sy sout werd gewees het om in n “JOB” tekon instap nou maak dit nie saak as jou kleur reg is of jy die werk kan doen of nie , kry sal jy dit kry!

Christo Visagie ·

Die anc wil hê al die universiteite moet net in Engels klas gee,,,,,,,,,,,,,,,so laat die studente wat daarop aandring nou self begin betaal vir die gelag, dit is ‘n geval van die stert swaai die hond rond solank as wat dit die stert pas. SO BETAAL NUWE SA.

neelsie ·

Moet die blanke nou weer die kastaiings uit die vuur krap?
Sal die Anc aanhangers nooit onafhanklik word nie?
Die gesigsuitdrukking van Pandor spreek boekdele.
“Afrikaner , skep en ondersteun ons eie instellings.”
Afrika-standaard is nie aanvaarbaar nie.
Benoude katte maak benoude spronge.

Marous ·

Antwoord is ….. NEE! …maar baie dankie dat u gevra het…

alida ·

As hulle al die gesteelde geld teruggee sal daar genoeg wees vir almal en alles. R600m wat spandeer is aan Nkhlanda kan BAIE mense van huise en kos voorsien. Skelm spul. Hulle weet voor hul siel dat dit net die wit studente sal wees wat kan betaal. As die Universiteite ineen stort is daar net een instansie wat daarvoor verantwoordelik is. Die Staat !!!! 90% van die wat so tekere gaan wil nie regtig studeer nie maar staan in die pad van ander wat ‘n sukses wil maak

HEVW ·

Die Afrika – kreet is “Freedem”. Solank jy n bedelaar is en van jeug af tot stokoud bakhand staan, sal jy nooit, maar nooit Vryheid beleef nie. Kyk die gesigsuitdrukking op haar gesig. As die anc so voortgaan sal daar verseker so gepleid word vir kos.

HEVW ·

Ons sal oorweeg om te betaal, MAAR ONS WIL AFRIKAANS HE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mr P ·

DAAR WORD GENOEG BELASTINGS DEUR DIE WITMENSE BETAAL. HOU OP STEEEEL DAN SAL DAAR GENOEGSAME FONSE WEES. JY KAN NIE N GEBOU SE PILARE ONDER HOM UITHAAL EN VERWAG DAT DIT GAAN STAANDE BLY

GES ·

Ek sal graag wil weet hoe die ANC gaan bepaal wie moet klasgeld betaal en wie nie. Ek raai dat ras ‘n rol gaan speel soos ek hulle ken.

Trolle ·

Jy weet mos Ges hulle gaan net kyk watse ras is jy,want witmense is mos almal mijoeners.

alida ·

GES natuurlik gaan ras ‘n rol speel want hulle dink as jy wit is het jy geld. Die gesteelde geld kom ook van die wittes se belastinggeld uit. Ek dink die “paw paw” het nou die “fan gestrike”. Zuma en Pandor moet maar kyk hoe hulle hierdie tameletjie gaan kou. Die studente sal nie bes gee nie.

Deon ·

Nee wat, ek vir amokmakers betaal sodat hulle in Engels kan klasbywoon. Daar is nie `n manier nie! Ek betaal eerder geld oor vir Akademia waar kinders en jong mense in Afrikaans opgelei word. Dit is die universiteit/tegnikon van die toekoms. Nou hier is `n geleentheid mense om saam te staan. Betaal eerder 10, of 50 of 100 rand `n maand oor aan Akademia. Die besonderhede is op die webblad.

alida ·

Ek stem 100% saam Deon. Akademia is die antwoord. Die ander Universiteit gaan in elk geval ten gronde gaan en boonop afgebrand word. Hoera Mnr Zuma jy het jou doel bereik. Die res van die bevolking gaan ook seker soos hy net standard 4 haal en dan in die Parlement gaan sit.

Martin ·

Hulle gaan veroorsaak dat Universiteite hulle deure sal moet sluit. Die staat kan dit nie bekostig nie, die blankes nog minder.

Moeks ·

Gaan lekker soos ‘n cracker in nuwe SA. Wel die goeie nuus is dat daar dringend nuwe belastingbetalers geskep moet word. Die mense wat die laaste 25jr+ so getrou gewerk en belasting betaal het, is nou omtrent almal naby pensioen ouderdom. Jammer ons kan ook nie meer betaal nie.

Ruby ·

Naledi, stuur vir my die bank besonderhede dan betaal ek dadelik!

Nee wag………..oeps, my kind was nie toegelaat alhoewel sy punte beter was as die wat wél toegelaat was.

Sorry, kan nie help.

Knersus D ·

WHAT THE FUDGE!!!? Pandor, jy het my beiindruk met jou Oxford aksent, maar hoe in Hades kan jy so arrogant wees dat die minderheid finansieel aanspreeklik gehou word vir die massas?

My seun sou begin studeer het die jaar, maar ek hou hom terug sodat hy volgende jaar in Washington kan gaan studeer. Met die Rand/US$ verhouding gaan dit my nog minder kos as om vir die amokmakers ook te betaal. En, my persoonlike opinie? 2015 gaan ‘n vulletjie wees wat vir ons minderheid se studente in 2016 voorle. Hierdie mense het ‘n jaar van ons lewens gesteel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.