ANC bevestig Zuma se toekoms is bespreek

Jessie Duarte. Foto: ANA

Die ANC het Dinsdag bevestig dat pres. Jacob Zuma se toekoms in diepte bespreek is tydens gister se vergadering van die party se nasionale werkkomitee (NWK).

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het tydens ʼn mediakonferensie gesê daar was verskillende sienings hieroor, maar dat daar wel ʼn “dominante siening” was. Die saak is toe na die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verwys om ʼn besluit te neem. “Ons hoop dat die NUK met ʼn verenigde siening vorendag sal kom.” Die NUK vergader Woensdag in Kaapstad.

Duarte het beklemtoon dat die NWK die mag het om voorstelle aan die NUK te maak, maar dat die net die NUK die mag het om besluite te neem. Sy het gesê sodra die NUK ʼn besluit geneem het, sal dit aan die land gekommunikeer word.

Op ʼn vraag aan Duarte of daar al ʼn bespreking gehou is oor wie by Zuma sal oorneem indien hy bedank, het sy gesê daar was nog nie só gesprek nie. Sy het wel gesê die ANC en die land se grondwette is duidelik dat indien die president bedank, die adjunkpresident met onmiddellike effek oorneem. “Indien die president deur ‘n mosie van wantroue uit die kussings gelig word, volg daar heeltemal ʼn ander proses.”

Duarte het in reaksie op ʼn vraag hoekom die NUK se vergadering so kort voor Donderdag se staatsrede plaasvind, gesê die feit dat daar nog nie ʼn besluit oor Zuma se toekoms geneem is nie, veroorsaak verwarring en dat dit dus belangrik is om so gou moontlik ʼn besluit te neem.

Met verwysing na Sondagaand se vergadering tussen Zuma en die party se topses het Duarte gesê dit help nie om te spekuleer wat tydens die vergadering gebeur het nie. Sy het gesê die vergadering het sowat twee ure geduur en Zuma en die topses het almal die geleentheid gekry om hul sienings te gee oor die probleme wat die land tans in die gesig staar. Volgens Duarte het hulle hiervolgens teruggerapporteer aan die NWK.

Volgens haar is bewerings dat Zuma nie die aangeleentheid ernstig opneem nie, van alle waarheid ontbloot. Sy het ook gesê ‘n mosie van wantroue is nie wenslik nie

Zuma vergader vandag met minister en adjunkministers by Tuynhuys in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KingZ ·

Hehehe hy vertel hulle seker hoe klein hulle salarisse gaan word as hulle hom NIE beskerm nie. Meeste van hierdie Ministers en ondersteuners is maar net lojaal omdat hulleself in posisies met vet salarisse sit. Whatever moet gebeur sal gebeur, niks wat ons doen gaan hom uit die kussings lig nie. Daai troontjie sit te lekker.

jaco ·

As dit kom by vet salarisse, is ALLE parlementslede, dus ook dié van die EFF, DA, VF-Plus en ACDP, almal ewe skuldig. R1,3miljoen per jaar plus ‘n lekker motor plus ‘n lekker huis plus ‘n onthaaltoelae plus verniet vlieg. Hulle mors ALMAL belastingbetalers se geld. Brood en melk en petrol kos dieselfde vir hulle as vir my, so meeste van daardie R1,3miljoen per jaar word gespaar. ELKEEN van hulle bou dus maar lekker aan ‘n mini-Nkandla.

mossie ·

Groot ou kommunis hierdie Jessie.
Hulle weet as Zuma waai waai hulle dalk ook – so hulle lieg left right en centre. Hulle klou net so vas soos hy!!!
Sy is aan sy naelstring vas – sy gaan nie los nie – en so – ook is die ander.

Hendrik van George ·

Ek slaap baie onrustig elke keer as Jesse Duarte haar mond oopmaak. Hoe kan iemand soos sy in n demokratiese bestel toegelaat word om die rigting waarin die land beweeg te bepaal? Gaan my verstand te bowe

Genieve ·

Hy gaan wil werk op voorwaardes een van die dinge..hy moenie tronk toe gaan nie en sy gewese vrou moet die president word en alle klagtes moet teen hom terug getrek word.

neels ·

Kyk as daar nou een ding is wat hierdie klomp van die anc goed kan doen is dit om die waarheid so in te kleur dat jy sal dink dit is n sprokie amper soos Griet skryf n sprokie net erger.

PJC ·

Ek hoop van harte dat CR vorentoe sal onthou hoe hierdie Jessie Duarte alles in haar vermoë gedoen het om JZ te beskerm en ń manier sal vind om van haar ontslae te raak. Dit is gans te gevaarlik om haar in ń magsposisie te hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.