ANC boos oor inbraak by nuwe skool

Menzi Primary School. Foto: Gautengse regering

Die ANC in Gauteng veroordeel die inbraak by ʼn splinternuwe skool in Brakpan en die diefstal van ʼn magdom rekenaartoerusting ten sterkste.

Die Gautengse onderwysdepartement het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy het met “skok en teleurstelling” kennis geneem van die inbraak in die vroeë oggendure by die Menzi Primary School, ʼn tegnologies gevorderde megaskool wat onlangs teen R100 miljoen opgerig is.

Die skool is ʼn week gelede aan die gemeenskap van die township Tsakane oorhandig, maar Dinsdagoggend vroeg is twee veiligheidswagte wat die perseel gepatrolleer het, vasgebind en in ʼn pakkamer toegesluit. Daarna kon die inbrekers by die hoofingang inkom en van daar toegang tot die skool verkry.

Die toerusting wat gesteel is, sluit 185 tablette vir leerders, agt skootrekenaars vir onderwysers, twee dataprojektors, drie lessenaarrekenaars, ʼn plasma-TV, kleinkaskontant van minder as R500 en ʼn digitale video-opnemer in.

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het in die sosiale media onder skoot gekom nadat hy gedreig het om alle oorblywende toerusting by die skool weg te neem as die gemeenskap nie self die verdagtes opspoor en aan die polisie uitlewer nie.

Deur die skool te besteel, het die booswigte duidelik oorlog teen die hele samelewing verklaar.

Die ANC, waarvan Lesufi ʼn lid is, doen egter ʼn beroep op die polisie om die inbrekers so gou moontlik aan te keer en die toerusting terug te kry, berig African News Agency.

“Deur die skool te besteel, het die booswigte duidelik oorlog teen die hele samelewing verklaar,” sê die party in ʼn verklaring. “Ons kan nie toelaat dat misdadigers ons kinders se reg op gehalte-onderwys ondermyn nie.”

Die party doen ʼn beroep op elke burger, veral die inwoners van Tsakane en omliggende gemeenskappe, om wetstoepassers met inligting te help sodat hulle die oortreders gou kan aankeer.

“Menzi Primary School is een van ʼn nuwe geslag skole wat die ANC-beheerde regering in Gauteng elke maand open met die doelwit om te verseker dat ons kinders toegang kry tot die beste moontlike geriewe,” sê die regerende party.

Baie openbare geld is in dié bate belê.

Volgens die party baan dié tegnologies gevorderde skole ʼn nuwe weg in onderwys wat uiters belangrik is om die nalatenskap van substandaardonderwys en -leergeriewe uit die apartheidsera vir swart kinders reg te stel.

“Dis elke inwoner se plig om jaloers oor geriewe soos dié van Menzi Primary School te waak,” sê die party in die verklaring. “Baie openbare geld is in dié bate belê sodat ons kinders toegang tot net die beste toerusting en omgewing kan kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Willna ·

as iets so kosbaar is, pas met dit nie met sekuriteit op?
vra maar net

c ·

Ek dog dan Zuma en CR sê ons land is veilig. Sekuriteitsmaatskapye gaan bankrot speel nou as dit so veilig is.

bekruiper ·

Ek verstaan nie dat die anc nou kwaad is oor net een ou enkele inbraak nie.
Wat van die ander derduisende inbrake in die land…………

Cor ·

Nou is die ANC boos oor die inbraak by die skool, wonder ek wie se skuld is dit dat misdaad hand uitruk. Defenitief die regering se skuld wat die ANC is. Een van die boloftes wat Pres. Ramaposa n paar dae terug gemaak het was om elke leerder van n tablet te voorsien, as hierdie rekenaar toerusting nie eers veilig bewaar kon word nie hoe sal die veiligheid van die beloofde tablette gewaarborg kan word

GM ·

Mens het nie ‘n kristalbal nodig om te voorspel dat dit oral gaan gebeur waar die skole opgerig gaan word nie.

Ag, en die apartheidskaart moet ook oral gespeel word. Dis nou jammer dat hul nie apartheid ook kan blameer vir die diefstal nie nè?

Keelvol ·

Die rede vir die tegnologies gevorderde skool maak my ook naar.
Hoe ver is daar in 25jaar gevorder om die agterstand uit te wis?

Chris du preez ·

Die enigste skool wat julle in 25 jaar bou en mee wil stemme wen nou boemerang dit. Ek stel voor julle soek die skuldiges in julle eie geledere. Dit sal aanhou gebeur want julle kweek verloorders met julle slaagsyfer vereiste van 28 persent. Dit is nie 30 persent soos julle voorgee nie want as n leerder 28 het word sy punte gelig en word hy deur gesit. Hou op dreig en doen iets konstruktief

Whatever... ·

Daar is al ingebreek by ons Afrikaanse Laerskool in Pretoria ook. Kan nie onthou dat die ANC kwaad was daaroor nie……

Sean ·

Lesufi se ons kan nie toelaat dat kriminele ons kinders se reg op opvoeding en onderwys ondermyn nie Hahahahahahhaa en Sweizher Reineke laer en stilfontein hoer Wat gaan daar aan ?????

Vonkprop ·

Kan die regering ophou om geskok en teleurgesteld te wees oor alles en miskien dalk ietsie doen omtrent dit? Let wel hulle is ook net geskok en teleurgesteld oor dinge wat hulle pas. Die nuutste is ook dat alles ten sterkste veroordeel word maar more lees ons maar weer dat dieselfde dinge gebeur het. Dis veel makliker om net te sit en alles te oordeel as om op te staan en iets te doen.

Gertryda ·

Ag toe nou… verbaas… kwaad waarvoor??? Dis mos hoe dit hier in ons land gaan!!! Haal jul oogklappe af en bring wet en orde terug dan kan jy mos ontspan

Wonner ·

Maar hulle kan maar skole afbrand en onderwysers terroriseer maar net die DAAI skool mag iets oorkom nie????? Wonner wie se kinders gaan daar skool!!!!

Amelia ·

Geluk ANC.
Jul voed jul mensemooi op. Sien dit is die gevolg as die jeug die sambok in die hand dra. Maar ja kinders mag nie pak kry moe. Nou voed die kinders reg op, op jul manier. En kry die tipe gedrag.

Penellope Jones ·

Baie snaaks en eienaardig dat daar nie protesaksies ens plaasvind by die skool nie. . . . . . .veral nie deur ouers nie . . . . . . . . .

Hazeldean ·

Wonder hoe lank hierdie miljoen randse skool ‘n “model” skool gaan bly. Wag totdat hulle kwaad raak oor iets en alles afbrand en plunder….

Penellope Jones ·

Die hoof moet maar eintlik vir homself kwaad wees want hoe bou jy ‘n splinternuwe, baie duur skool, vervang alle swartborde, bordkryt en bordborsels, gee vir die kinders tablette en sluit nie die goed toe op ;n VEILIGE plek in die middae wanneer die skool sluit nie??

rerig ·

Rerig. Die kinders se onderwys is nb en mag nie onderbreuk word nie, maar terselfde tyd is dit reg dat skole in sweizer reynecke en stilfontein aangval word en kinders getraumatiseer word deur juis mense van hul eie party? Hoe verstaan ek dit nou?

Wat 'n grap ·

Wat ‘n grap. Hulle is boos oor ‘n inbraak by ‘n nuwe skool, maar wat van die ander skole wat hulle afbreek en afbrand? Dan is hulle nie kwaad of boos daar oor nie. Kry julle prioriteite reg…

Wilma ·

Hul muni kla. Doen iets omtrent misdaad dat kriminele vrees het vi tronke. Ma nee ANC govt verkies kriminele moet soos konings behandel word

ZET ·

Maar kriminele mag elke dag die lewens kwaliteit van ons mense ondermyn.

Marinda ·

Nou, hoekom is hulle kwaad? Dis mos elke dag se verskynsel. O wag, die skoen is nou aan die ander voet! Natuurlik.

Anne Adelsin ·

Daaris duidelik dubbel standaarde in ons land. Hul skop bohaai op oor een inbraak. Wat van ander inbrake en moorde aanrandings ??? Opstokings by skole in die onlangse nuus. Skole, busse en treine wat afgebrand word ????? Dit word aangehits deur sekere politieke partye en more huil almal oor hul nie skole en busse en treine het nie. Praat van agterstand maar die agterstand word deur hulself veroorsaak met al die vandalisme.

Jaco ·

Wat het hulle verwag? Leer kinders weer skryf en spel en optel op papier. Punt.

Alida ·

Kry vir julle ANC. RSA is mos veilig aldus CR en madam Sizulu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.