ANC boos oor nuwe JMPD-hoof

David Tembe. Foto: ANA

Die ANC in Johannesburg het beswaar aangeteken teen David Tembe se aanstelling as die nuwe hoof van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) en gesê die party sal die minister van openbare dienste en administrasie versoek om Tembe se aanstellingsproses te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Tembe, wat byna 20 jaar ervaring in die stad se nooddienste het en in 2003 as die direkteur van bedrywighede in die JMPD aangestel is, het Dinsdag in sy nuwe pos begin. Die ANC in Johannesburg was egter nie gelukkig met Tembe se aanstelling nie aangesien hulle verkies het dat genl. Eric Gala in dié posisie aangestel word.

Jolidee Matongo, die ANC se woordvoerder in Johannesburg, het in ʼn verklaring gesê die party verwerp Tembe se aanstelling omdat die stad se DA-administrasie volgens hulle die behoorlike werwings- en aanstellingsprosesse verontagsaam het.

Matongo het gesê Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het op 19 Oktober ʼn verslag voorgelê om Gala as die hoof van die metropolisie aan te stel en Tembe was as die vyfde kandidaat op dié verslag gelys. “Ná besprekings by hierdie vergadering het die burgemeester die verslag teruggetrek en die saak is na die bestuur terugverwys vir verdere oorweging,” het hy gesê.

“Na afloop van die raadsvergadering op 19 Oktober 2017 is daar nie weer onderhoude vir die hoof van die metropolisie gehou nie. In stede daarvan is ʼn nuwe verslag oor die aanstelling van die polisiehoof op 29 November 2017 aan die raad voorgelê. In hierdie verslag is David Tembe aanbeveel vir die aanstelling van die hoof van die metropolisie.”

Matongo het gesê die ANC-koukus in die Stad Johannesburg verwerp Tembe se aanstelling omdat “die vier kandidate wat die hoogste tellings behaal het nie die geleentheid gegee is om in die posisie aangestel te word nie”.

Matongo het ook ʼn eenparige aanbeveling deur die aanstellingspaneel verwerp dat Tembe, wat vyfde op die lys was, aangestel moet word aangesien die posisie ʼn noodsaaklike pos is en die stad iemand nodig het wat onmiddellik in die pos kan begin. Die eerste vier kandidate was nie geregistreerde lede van die munisipale polisiediens nie en dit sou maande geneem het om hulle nodige opleiding en registrasie af te handel.

“Hierdie aanbeveling van die paneel, as dit wel van die paneel gekom het, is duidelik ʼn bewys daarvan dat David Tembe nie die mees geskikte kandidaat vir die pos is nie. Daarom sal die ANC deur alle beskikbare kanale sy aanstelling beveg,” het Matongo gesê.

“Ons sal intussen die LUR vir samewerkende regering in die provinsie en die minister van openbare dienste en administrasie nader om ondersoek in te stel na die saak. Ons het ook al die nodige dokumentasie aan ons regspan gegee om met die proses te begin om hierdie aanstelling ter syde te laat stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sandra ·

AgNeeCollegues, Julle korrupsie word nou onder ‘n wakende oog geplaas en nou’s julle vrek bang. Daarom dat julle die aanstelling betwis. Maak vrede, broers. Diegene wat hul hande so diep in die sakke het, gaan een vir een begin val.

Hans ·

Help my reg maar word daar gesê dat die eerste 4 nie polisie klaring of opleiding het nie en dit eers moet kry voordat die aangestel mag word? as dit die geval is dan is Tembe se aanstelling mos korek.

Adam ·

Korrek, maar soos gewoonlik wil die ANC poppekas speel en ‘n nie-kwalifiserende handpop in ‘n posisie kry sodat hy/sy volkome onder ANC beheer kan wees. Dit is die belangrikste bousteen om korrupsie en staatskaping in die hand te werk.

Vermeende ·

Is daar waarlik in die ganse land nie een geskikte blanke vir die pos nie, as daar blankes is met die nodige kwalifikasies dan glo ek Solidariteit sal net liefde help omdat hulle nooit die kans gegun is om ook aansoek te doen nie, of hoe se ek??

JoeV ·

Neem die volgende in ag. In 1994 was daar net blankes in beheer. Hulle is kort daarna ontslaan of vervang. Meeste het toe 20 jaar plus ondervinding gehad, dit was 23 jaar gelede. Daardie persone is nou almal afgetree / oorlede. Dus, die geslag wat nou lang ondervinding het is die “nuwe geslag” wat geen blankes insluit nie. Toe ons geslaap het het dit gebeur, geen jong blanke het meer die ervaring om bestuurs pos te beklee nie!

RH ·

Ons weet die anc is rasisties en nie demokraties nie en dat hulle nooit na enige wit mens wat wel gekwalifiseerd is, aanstel nie, nog minder sy kant toe kyk! Hoekom word dit nie die beklemtoon om korrupsie aan n einde te bring nie?! AA is rasisties en as gevolg van dit asook nepotism, word korrupsie die nr1 loopbaan in ons land in elke departement en besigheid! Dit moet nou n groot geraas veroorsaak. Nie die aanstelling nie, maar die feit dat die anc NIE demokraties is nie en wel rasisties.

JoeV ·

Die man het my stem om twee redes, die ANC soek hom nie, en tweedens hy het 20 jaar ondervinding. As die ANC hom nie soek nie, is hy heel waarskynlik nie kurrup nie. Skuus, dis dalk drie redes.

jaco ·

Mense wat so kla oor regstellende aksie en nepotisme moet dalk stiller bly en net onthou dat die ou NP regering dieselfde gedoen het (darem op ‘n kleiner skaal), deur lekker jobs veral in die staatsdiens vir Broederbonders en getroue NP lede te gee.

Wilma ·

Hoekom nou kwaad. Jul isi in beheer da ni. Soek wee n boetie wat korrup kan wees. Sies vi jul

Reti ·

Okay. Nou wat moet ons sê van die 2 siele wat by Eskom heraangestel is? Hulle (ANC) wéét mos nou al hul kan nie goeie ouens aanstel nie. Zuma, Abrahams, Gigaba, uys magashule…… net om onlangse paar te noem.

Reti ·

Net so terloops. Ons het Sondag my dogter by ORTambo afgelaai en toe ons nét uit parkering wou ry word ons gestop deur vandie Metropolisie vir lisensies. Hulle wou duidelik omkoopgeld hê en die ‘voorman’ het vir my gelyk of hy al begin Nuwejaar vier het. Sulke dinge maak my boos.

bgj van der westhuizen ·

wel ek se geen kleur moet na gekyk word nie maar of die persoon geskik is vi die werk en as hy dit kan doen dan moet hy die werk kry om dat die land te veel na kleur ,ras en politiek kyk waar aan die persoon behoort daar om is ons n die gemors waar in die land is as hy die ondervinding het waar om huil die anc al weer is dit om dat hulle man verloor het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.