Die ANC se streeks- uitvoerende komitee in Ekurhuleni het sy burgemeester in dié metro voor stok gekry ná ʼn twiet waarin Mzwandile Masina vra vir die nasionalisering van gedeeltes van die ekonomie.
Masina, ook Ekurhuleni se ANC-streeksvoorsitter, het op Twitter sy steun gegee aan die EFF-leier, Julius Malema, se oproep dat die sogenaamde “wit monopolie” toegelaat moet word om in duie te stort.
I fully agree with my friend on this one @Julius_S_Malema. Until we nationalise all commanding heights of the economy- we need to restart this economy and make sure it favors the majority. Things can’t be sane again pic.twitter.com/NNULKJX6zV
— Mzwandile Masina (@mzwandileMasina) May 31, 2020
Die komitee het Woensdag gesê Masina het die omstandighede en konteks van die twiet verduidelik en dié verduideliking is aanvaar.
Die komitee het na afloop van die vergadering gesê hy het weereens benadruk dat ANC-leiers hul sienings tot die party se beleidstandpunte moet beperk en nie die party moet verdeel nie.
“Geen siening of idee wat die ineenstorting van die ekonomie steun, is ʼn beleidsposisie van die ANC nie.”
Die komitee het gesê hy is terselfdertyd van mening dat die ANC-geleide regering moet voortgaan om radikale sosio-ekonomiese transformasie te bevorder in ʼn poging om “die ekonomiese landskap en die onbillike wanbalanse wat steeds in die land voorkom, te verander”.
Masina se plasing wat moontlik op sy bedoeling om te bedank gedui het, is intussen verwyder. Die komitee sê dit is ʼn aanduiding van Masina se leierskap, nie net as ʼn politieke hoof nie, maar ook as burgemeester.
Die komitee sê hy ook het kennis geneem van “pogings deur sekere mediahuise om die siening van die streeksvoorsitter as anti-ANC-beleidsposisies voor te hou. Dié houding probeer die streeksvoorsitter isoleer en die debat oor transformasie versmoor.”
Die twiet het Masina ook by die nasionale ANC in die pekel gehad.
Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het Maandag gesê ANC-lede moet hul openbare opmerkings tot goedgekeurde beleid beperk omdat daar interne platforms is waar voorstelle wat nog nie goedgekeur is nie, bespreek kan word.
Masina se plasing oor die nasionalisering van die ekonomie, het Mabe gesê, val buite die raamwerk van die regerende party se huidige beleid.
Mabe het gesê wanneer ʼn persoonlike mening uitgespreek word, kan dit kiesers en lede verwar.
“ANC-leiers steun die opvatting dat daar onsekerheid oor beleid is wanneer hulle in die openbaar voorbrand maak vir posisies wat buite die formele struktuur val.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Nee wat ek wet julle sy pad is oopgaplafy na die Luthuli Huis…hy gaan beslis n hogere pos kry in cANCer..
Jy gaan n sit plek kry reg langs kop doek. Jou mond is groot vat die blankes weg en julle vrek van die honger soos is zim
Gaan nou maar in Engels antwoord.
You already have the heights of power and you have destroyed everything you command. Look aroud you – look North and be ashamed.
Wys die intellektuele kapasiteit van die ANC leierskap, tesame met rooi oorpakkie terroris wannabe. Dink hulle daar is 2 ekonomieë? Een wat in duie kan stort en een wat gaan floreer ? Het hul ‘n idee wat se gemors ‘n totale ineenstorting sal teweegbring? Zimbabwe maar 55 m mense nie 10 m nie. Grootste probleem met vryheidvegter leierskap is intellektuele vermoe. Maklik om grootbek oorlogpraatjies te maak, bitter moeilik om welvaart te skep. Hoe meer gepraat word hoe meer wys daai < 70.
Favour Politicians Pockets