ANC: ‘DA het optoggangers betaal’

Foto: Twitter via @Our_DA

Foto: Twitter via @Our_DA

Die ANC het Donderdag beweer die DA het mense betaal om aan Woensdag se optog teen werkloosheid deel te neem.

Die optog waaraan duisende mense deelgeneem het, het in die Johannesburgse sakesentrum plaasgevind. DA-ondersteuners geklee in blou T-hemde het deur die strate gestap en geëis dat die regering die stygende werkloosheidsyfer aanspreek.

Die ANC het egter Donderdag beweer dat mense R100 betaal is om aan die optog deel te neem. Die regerende party het gesê die DA het arm mense misbruik as pionne om “leë politieke punte” aan te teken.

“Die DA het in sy strewe na sy rassistiese agenda die armoede van ons mense misbruik deur hulle as pionne te gebruik om die belange van die wit minderheid te bevorder wat nie eens by die optog sigbaar was nie,” het Zizi Kodwa, nasionale woordvoerder van die ANC, gesê.

Hy het gesê hoewel die ANC vryheid van assosiasie en die reg om te betoog respekteer, beskou die party die DA se optrede as “’n belediging vir demokrasie wanneer die party werklose swart gesigte gebruik om sy rassistiese agenda te bevorder”.

“Hierdie optrede bevestig net weereens dat die DA met sy gehuurde sogenaamde ‘leiers’ voortgaan om ʼn tuiste vir rassisme te wees wat floreer op die mishandeling van swart mense om wit kapitaal te beskerm,” het Kodwa gesê.

Die ANC het ʼn beroep op sy ondersteuners gedoen om nie deur “rassiste wat hulle as demokratiese formasies voorgee” gebruik te word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

AvrilS ·

Wat n anc grap, hulle gee kospakkies en t- hemde.
Rassisme ? Die DA leier is swart !!!!

Joe ·

DA doen maar net wat ANC altyd doen, verskil is hulle koop nie die t hemde met gesterlde geld nie

Francois le Cochon ·

Ten minste het die optoggangers nie als voor die voet verwoes nie. Miskien moet die ANC ook volgende keer “ander” mense koop sodat hulle optogte ook vreedsaam kan wees.

Berhalet Beukes ·

Hahaha…. Ja ANC… Julle is darem baie voorspelbaar! Julle kan maar net nie help om heeldag en aldag op die ou aanval pad te wees nie!

HCM ·

Grap van die jaar!!! Hoeveel betaal die ANC vir betogers? Julle sal vir julle kaders vra vir meer geld as dit so aangaan.
dit is soos in die ou dae wat die mense begrafnisgangers gehuur het om te huil !

Vixie ·

LOL HCM! Een van die dae toy-toy die kaders oor hulle nie genoeg betaal word om te toy-toy nie :-P

DPJ ·

Hulle staan self agter die deur dan soek hulle ander daar.
Wie ry die rassisiese donkie al holrug met die munisipale verkiesing.

Mr P ·

Die DA se optog is vreedsaam. Geen skade of bande gebrand nie. Dit lyk daar was nie polisie wat die optog gemonitor het nie. Was nie nodig nie. So gaan nuwe SA lyk na die volgende verkiesing.Die ANC bewe want die DA IS OPPAD. YOU GO DA.

Chrisp ·

MR p.
Ek sien jy is al amper daar(daar waar jy inpas by die DA se taalbeleid)vasbyd en aanhou ek weet jy kan.

Kom die uitslae is die DA weer geskok.

Griki ·

Dis duidelik nie vir die ANC lekker om alleen agter die deur te staan nie. Hulle sal nou iemand soek om by hulle aan te sluit, al is dit ook ‘n spook. Die land brand en dis die ANC wat die vuurhoutjies getrek het.

Shirley ·

Rassisme, Rassiste……. ek al gatvol vir die woorde!!!!!!!

Henri ·

Staan agter die deur en soek dan ander daar. Die het so lank aan eiewaan gely tot die skielike musical-chair speletjie hulle skielik laat besef het hulle het die pot nou lelik mis gesit. Om vas te klou aan ‘n lee bottel na ‘n laaaang kuier in die hoop dit sal help vir die Babelas die volgende more, nee ek dink dit begin nie eers om hul desperaatheid te beskryf nie.
Desperaat, desperater, desperaatste, dan nog omtrent 3 trappe (ken nie die se name nie) en dan ANC klink beter, en dan volg die spronge, spring, spriiiimg, O hel, hiers ‘n Dongaaaaa!

Frederik merwe ·

Weereens die poefter argumente! So spreek die slaafse navolgers van die mees korrupte leier wat die heelal die laaste 100 jaar beleef het!

Riaan ·

Die ANC worrie kyk net hoe sterk is die DA al.Dit is nou wat gebeur as hulle weet daar is trouble, gooi aantuigings rond. Mooi so DA jy breek nie jou land af om n punt te bewys nie.ANC ek sal baie bekommerd wees as ek julle is.Dink n nuwe deuntjie uit die appartheid storie is afgesaag al .

Ouman ·

Ja en Truman Prince poog om belastingbetalers se geld gebruik om ANC se verkiesinguitgawes te betaal deur tenders toe te ken. In enige eerste wereldland is dit gelyk aan ‘n paar jaar agter tralies. RSA is nou ‘n tipiese derde wereld hool

Wouter ·

Hoe kan Mmusi n rassis wees as hy met n wit vrou getroud is? cANCer word wakker en haal eers die balk uit jul eie oog uit.

Pieter ·

Lyk my die ANC is so ‘gerattle’ dat hul moet ‘n storie uitdink om hulself die verleentheid te spaar dat hul oposisie sooo goed lyk. Lekker. My tone krul op van lekkerte. Whê vir die ANC. U’R GOING TO BITE THE DUST. Oom Tutu het nie verniet gesê “I WARN YOU, I WARN YOU, I WARN YOU! WE’R GOING TO PRAY FOR YOUR FALL.”

Ben ·

Siestog, dit is duidelik dat die redaksie nie daarvan hou as die ANC bietjie gehamer word nie.Dankie, maar sal liewer nie meer lees of kommentaar lewer nie.

Is dit so.. ·

Die redaksie lewer nie eers kommentaar nie.!! Dan is dit seker waar?

CB ·

Die ANC is kwaad omdat die DA meer betaal as hulle. ANC gee R10, DA gee R100… nou trek hulle lang lip en gebruik weereens Rassisme as hulle speelkaart as hulle niks anders het om te sê nie.

CB ·

Die ANC is kwaad omdat die DA meer betaal as hulle. ANC gee R10, DA gee R100… nou trek hulle lang lip en gebruik weereens Rassisme as hulle speelkaart as hulle niks anders het om te sê nie.

pieter ·

Dit wat die ANC afgebreek het wil die DA nou opbou -deur die ANC se arbeids wette sit miljoene mense sonder werk ,hoekom ontrek die buiteland uit sa en so kan mens aangaan ,As n politieke party vi my se hul sal sorg vi werk dan join ek hulle ,want almal wil in vrede lewe onthou hoe minder werkloses hoe moinder crime en die ANC kan dit nie vi ons mense gee nie

Janneman ·

As die anc dan nou so ‘n nie-rassige party is soos hulle hulself graag voorhou om te wees, dan wil ek net weet waarom is daar in die party se ganse geskiedenis nog geen blanke persoon as anc president verkies deur die meerderheid swart ondersteuners van die party?

P J ·

Kodwa praat van wit kapitaal rassiste. Beteken dit as jy werk vir jou geld is jy n rasisis. Moet jy dis by die huis en in die strate le en van staats toelae afhanklink wees om nie n rassis te wees nie. Die ANC gee t hemde en kos op n verkiesing dag vir n stem. Wat wil Kodwa se? Bly honger en sonder werk stem net vir die ANC sodat net n klein groepie uit die meerderheid al hoe ryker word. Is die rykes in die ANC, waarvan daar baie is nie ook kapitaliste nie? Lyk my daar is baie rassiste wat n uitval met die waarheid het en nou probeer dit wegsteek. Kodwa asb die ou woordjie rassis raak nou afgesaag. Probeer iets anders asseblief en se vir die meerderheid wat jy kan doen om n vebetering te bring. Ek is bly hulle belowe ten minste nie meer nie want hulle beloftes word nooit uitgevoer nie. Dink hoe despiraat is jou mense as hulle vir R100 in die massas wil loop.

joe ·

Ek is nou al so moeg vi di woord rasisties…. rasisme… apparthuid…. diskriminasie… ens! Regtig waar! Daai ou liedjie is lankal afgesaag!!!!

Oom Boer ·

Ek dink die ANC moet begin bekommerd raak en besin wat aangaan. Die werklikhede begin deurskemer en die mense begin die geskuilde agenda’s raak sien. Die alewige ou raskaart raak regtig afgesaag en mense wil aanbeweeg na vrede en harmonie na almal, maar solank ANC die drywer van die soustrein bly, gaan dit weldra ontspoor soos dit tans gaan op alle vlakke met swak dienslewering en baadjies vir maatjies gedrag. Al wat hul nog op die soustrein hou is lee beloftes en die alewige raskaartjie wat hol gery is na 22jaar. Begin liewer na die belange van die Suid-Afrikaners omsien en skep ‘n beter toekoms vir almal. Soms maak die waarheid seer en die massa optog in blou weerspieel dit ten volle. Sterkte aan DA, al is jul nie my gunsteling party nie.

david ras ·

Die DA beweer daar was 20 000 mense. Elkeen met ‘n t-hemp en ‘n keps. Die uitrustingtjie kos so om en by R150.00 .
20 000 maal R 150.00 is ‘n koel R3 miljoen.
Die DA het erken dat hulle die straatsmouse voorf vergoed het vir moontlike verlies aan inkomste–bedrag onbekend
Dan, as dit waar is, nog R 100 -00 per persoon om te stap. ‘n Verdere R2 miljoen.
Dus ‘n lekker ou R5 miljoen plus vir ‘n oggend se optrede !
My Vraag is dit—–ons weet waar kry die ANC sy geld vandaan. maar waar kry die DA sy geld vandaan ?
En dit was nog VOOR ‘n verkiesings datum aangekondig is ……!
Iemand in die DA het by ou Peter Hain gaan kers opsteek–rent-a-crowd inderdaad.

Maak vas julle veiligheidsgordels vrinne–die ANC gaan ook march, en dan die EFF…….!
Ons is in vir ‘n rowwe tydjie !

Henri ·

So what, die anc gee dan huise weg, ry hulle gratis aan stempunte toe, met die voorwaarde jy stem anc. Hoeveel kospakkies word voor ‘n verkiesing uitgedeel met die voorwaarde stem anc. . Die anc maak hom aan veel erger dinge skuldig, kyk hoe lyk ons land.!!!

Beertjie ·

Om nie te praat van hoe hul die”regte” ondersteuners met busse en taxis van oral oor die land aanry na groot byeenkomste sodat dit lyk asof die skare wat by hierdie byeenkomste is uit die betrokke gemeenskappe is.

Johannes Meintjes ·

Sou die ANC en die DA (en al die ander politieke partye) oor die afgelope 21 jaar omgesien het na ‘n dinamiese ekonomie en werkskepping vir almal dan sou nog die ANC se rassisme taktiek nog enige optog van die DA of ander, nodig gewees het.

Hein ·

Janee die DA en die ander opposisie sit maar net die banke vol en kannie regtig ‘n inpak maak nie. Met wit mense net 2% van die stembevolking moet ons die regering maar aangevat word in die howe deur burgerregtegroepe soos Afriforum, OUTA, RightoKnow. As die groot wegbly stemme van die ANC oortuig kan word hierdie jaar om in die Kaap te stem is die DA naas die EFF die opposisie in die Wes Kaap. Ongelukkig kan die mense nie tel nie en besef nie hoe klein die minderheid is nie. Die opposisie se taak is maar net om korrupsie te ombloot en die burgerregtegroepe neem die regering hof toe. As ek die opposisiepartye is ondersteun ek die burgeregtegroepe. Aan al die ouens wat dink dat as jy elke 5 jaar gaan stem is dit demokrasie en dit is regverdig. Wat saakmaak is wat jy tussen die vyfjaar doen en hoe jy die mense bemagtig.

m ·

Ja en hulle koop mense met kospakkies en lee beloftes van werk en huise. So ja waaroor wil hulle eiertjie le. Klink vir my die DA raak al hoe groter bedreiging want hulle sit heeldag en kyk net wat die DA doen en se. Lyk soos een of ander minderwaardigheids kompleks wat hier kop uitstreek.

Hannelize ·

Maak nie saak of die DA mense betaal het om aan die optog deel te neem nie. Ten minste was dit sonder drama of asblikke om gooi ens ens ens. Hulle het nie skade aan voertuie of besighede gedoen nie.

Eliza-beth ·

…en die ANC deel nie kospakkies en t-hempde rondom stemdag uit nie?? Belaglike aantygings, ons WEET mos hulle gee ook t-hemde en plakkate as HULLE optogte hou.

DEE ·

David Ras. Dis n oulike som wat jy gemaak het, maar ek dink ons kan seker wees daarvan dat dit nie met belastinggeld gedoen is nie,maar met skenkingdgeld aan die DA. Dis kos mos geld om n verkiesingsveldtog te loots. Ten minste spreek hulle n werklike probleem aan en loop nie heeldag en teem oor “kastige rasisme” nie.

Ons moet groot genoeg wees om eer te gee waar dit verdien word en ophou negatief wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.