“Daardie uitlating dat die Wes-Kaap die bes bestuurde provinsie is, is nie waar nie. Die DA het ʼn geleentheid gehad om die mense se probleme te hanteer. Die kwessies wat bevoorregte witmense raak is vir hulle prioriteit,” volgens Mbete.
Mbete sê swartmense wat in plakkerskampe in die provinsie bly word geïgnoreer. “Swart gemeenskappe is nie ʼn prioriteit vir die DA nie.” Mbete het aan inwoners gesê dat lede van die ANC, soos hulle, in plakkerskampe grootgeword het. “Die dinge [kwessies] is nie ver van ons eie ondervindings nie.”
Mbete sê dit ʼn reuse verantwoordelikheid om te regeer, maar het inwoners verseker dat hulle kwessies hanteer word. Diegene wat die verkiesingsbyeenkoms bygewoon het, was egter nie oortuig nie. Vincent Mzuzwana sê die ANC lieg. “Nee ek glo hulle nie. Hulle lieg.” Nog ʼn inwoner wat homself net as Joseph geïdentifiseer het sê daar word nou beloftes gemaak aangesien dit verkiesingstyd is. Hy sê hy het vertroue in die regering verloor.
Wit Mense! Sy dANCe elke dag in ‘n ander swart area. Waar is sy al by wit gemeenskappe gesien met die aanloop tot die verkiesing, Ons vertrou nie meer die DA nie.
Ag Blaps die tannie van DA moet aan almal mooi verduidelik ma ik glo die minderheid verstaan dis net die ander wat nog bietjie meer aangepor moet word en dis daar wa sy meer tyd moet spandeer net gehoop jy verstaan ok beter want dis wat tel asb stem eerder DA as elders
DA sit nou. Hoop jy’s by nou al aangepor as deel vd “anner”. Jy kom so oor.
Die DA moet vry na ander behalwe die wittes ook, om meerderheid stemme te kry is dit al uitweg. Kan daar wraggies wittes wees wat so dom is dat hulle dit nie snap nie. Ons is n handjievol, en dan wil elkeen nog soos miskruiers hulle eie mis rol. As almal saamstaan en een ander party as regerende een ondersteun is die kanse beter om op die lang duur hulle daar uit te kry. En kry n wake up call mense. Wittes se dae is getel in hierdie land, en dis ons eie skuld. ons kan net nie saamstaan nie.