ANC, DA verloor steun in tussenverkiesings

Demokratiese Alliansie

Die ANC en die DA het oor die algemeen steun verloor, maar hul wyke behou in vyf tussenverkiesings wat vandeesweek oor die hele land gehou is, met die EFF wat baie swak gevaar het.

Die tussenverkiesing wat in die Witzenberg-munisipaliteit in Ceres sou plaasvind, is uitgestel tot 5 Desember omdat die ANC en EFF nie toegelaat is om stemme te werf op sommige plase nie.

Drie tussenverkiesings wat wel plaasgevind het, was in die Groot Kei-munisipaliteit in die Oos-Kaap nadat die ANC drie van sy stadsraadslede en die burgemeester geskors het en hulle toe as onafhanklikes teen die ANC gestaan het – ʼn soort Kaapstad aan die Kei!

Die eerste tussenverkiesing was in wyk 4 van die munisipaliteit, ʼn landelike gebied net-net binneland toe van Morgansbaai.

Daar is mnr. Mzamo Njekane (ANC) verkies met 1 291 stemme teen 182 vir ʼn onafhanklike kandidaat en 16 stemme vir die EFF. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 5 persentasiepunte teen die ANC sedert 2016.

Argieffoto

Wyk 6 omvat die dorp Komga en is die enigste van vandeesweek se tussenverkiesings waar die heersende party gegroei het.

Mnr. Wiver Sinqana (ANC) is die nuwe raadslid nadat hy 809 stemme gekry het. Die DA sal baie teleurgesteld wees met hul 218 stemme. ʼn Onafhanklike kandidaat het 124 stemme gekry, die EFF 35 en die UDM 18 stemme.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 21 persentasiepunte na die ANC sedert 2016.

Groot Kei wyk 7 is ʼn landelike gebied tussen Gompo (noordoos van Oos-Londen) en Komga. Die wyk is verower deur mnr. Zola Tshali (ANC) met 871 stemme, gevolg deur ʼn onafhanklike met 300, die EFF met 139, nog twee onafhanklikes op 28 en 16 stemme onderskeidelik, en die UDM met 14 stemme.

Die swaai teen die ANC sedert 2016 beloop 20 persentasiepunte.

Die ander twee tussenverkiesings het in die Vrystaat en die Wes-Kaap plaasgevind. In Kroonstad wyk 3 (gesentreer om die woonbuurt Noordhoek) het mnr. Nicholas Muller die wyk vir die DA behou met 854 stemme teen 355 vir die ANC, 310 vir die VF Plus en 84 vir die EFF.

Dit beteken ʼn swaai van 8 persentasiepunte teen die DA vergeleke met 2016.

Die laaste tussenverkiesing was in George wyk 3 (die woonbuurt Heather Park). Dit het ʼn sonderlinge prestasie vir die EFF opgelewer.

Die wyk is gewen deur me. Erika Brown (DA) met 1 001 stemme, gevolg deur die VF Plus met 154, die ACDP met 87 en die EFF-kandidaat, wat sover bekend die eerste kandidaat in ʼn Suid-Afrikaanse verkiesing geword het om nul stemme te trek – geen enkele een nie.

Die uitslag verteenwoordig ʼn swaai van 11 persentasiepunte teen die DA sedert 2016 – en dit in die afwesigheid van ʼn ANC-kandidaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries Moolman ·

Ek wil net hoor “die EFF het baie swak gevaar” dan voel ek sommer vir ‘n slag baie beter oor hierdie land van ons.

Twakkie ·

Bly om te sien in die plekke soos Kroonstad en George waar ‘n mens ‘n groter mate van sofistikasie en oordeelsvermoë kan veronderstel, stem die mense steeds DA. Ten spyte van ons hoofstroommedia se volgehoue pogings om die DA te kelder. Net hulle weet hoekom.

L ·

Da is vol oneerlikke “twakkies” en veraaiers. Go VF+. Dit lyk beslis belowend.

Stefan ·

Drink maar ‘n paar pilletjies vir die kopseer DA – dis egter net die begin van julle pyn.

Piet ·

Ag is iemand so gaaf sal wees om my persoonlike gelukwense aan die EFF oor te dra, vir hul 0% prestasie sal ek dit opreg waardeer!

bekommerd ·

ek wonder net….waarom stem vir so kleine groepies en nie reguit stem vir die enigste opisiesie nie ek dink ons mors net stemme so alhoewel ons soms meer saam die klein groepies saam stem

Hannes ·

Bekommerd, die antwoord is eenvoudig. Die hoofopposisie (DA) is basies dieselfde as die ANC. Hulle verteenwoordig nie my beginsels nie.
Maar jy is in n mate reg. Kom ons stem almal vie die VF en sien wat gebeur.

PLP ·

Die EFF is al lankal besig om stemme te verloor. Dit werk so in Suid Afrika. Jy belowe mense n klomp goed. Hulle stem vir jou. Hulle sien jy doen niks nie. n Ander ou kom en hy belowe hulle weer die maan en die sterre. Jy is dom want jy weet niks nie. Jy stem vir daai nuwe ou. So stem jy al in die rondte. Jy kry net soveel dom mense om vir jou te stem. Die selfde groep mense stem hierdie jaar vir jou en volgende jaar vir die ander ou. So EFF verloor nou sy stemme aan die ander ou wat better beloftes gemaak het.

Frik Lotz ·

Nugter alleen weet hoekom mense nog DA stem.
Hul voel vere vir minderheidsregte en ondersteun regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ten volle.
DA se beleid verskil nie veel van die ANC se beleid nie.
Mense moet hul oe begin oopmaak en eerder n party soos die VF Plus ondersteun.

Piet Van Der Merwe ·

Ek weet wat jy sê maar hulle minsepale bestuur is die beste wat ons het op die oom blik. Hulle moet net uit die Unie gebou gehou word.

D B ·

0%. So die ou het nie eers vir homself gestem nie. Ja wel, dit som die EEF mooi op. So dom soos grond.

nico k ·

Tussenverkiesings is nie ‘n goeie maatstaf van partye se steun nie. In algemene verkiesings word anders gestem. En nog ‘n faktor wat hierdie gevalle moeilik maak om te gebruik as maatstaf, is die onafhanklike kandidate wat baie stemme gekry het. Na watter kant toe het die onhafhanklike steun getrek? Dit maak ‘n verskil en sal net die plaaslike mense weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.