ANC: ‘Dank Mashaba af’

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Die ANC in Johannesburg het die afdanking van Rabelani Dagada, voormalige burgemeesterskomiteelid vir finansies, veroordeel as ʼn “powere poging” om aandag af te lei van wat hulle die regte kwessie van wanbestuur van die stad se finansies noem.

Dit kom ná Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, Dagada Maandag afgedank het ná ʼn forensiese ondersoek wat bevind het dat hy die stad se gedragskode oortree en nie ʼn belangebotsing verklaar het nie.

Dagada is verlede jaar onder verdenking geplaas in ʼn skandaal waarby ʼn vriend van hom glo bevoordeel is deurdat hy toegang tot winsgewende tenders gefasiliteer het.

Volgens berigte het ʼn diensverskaffer glo ʼn twee maande lange kontrak van oor die R190 000 ontvang, glo danksy sy verhouding met Dagada.

Die ANC het Maandag weereens vir die verwydering van Mashaba as burgemeester gevra.

“Onder Mashaba se leierskap het die uitvoerende span van die inkomstedepartement al drie keer in 12 maande verander. Hy het City Power gestabiliseer wat een van die hoofbydraers tot inkomste was deur die besturende direkteur af te dank. Hy het ook die stad se hoof- finansiële beampte afgedank.”

Die ANC voer verder aan hy is verantwoordelik vir die verswakking van die departement wat die strategiese inwerkingstelling van die stad se planne hanteer. Volgens hulle is dit hoekom die meeste lede van die uitvoerende komitee slegs in waarnemende posisies is.

“Hoewel die DA uiteindelik erken daar is ʼn probleem, reken hulle steeds nie af met die bron van die probleem, naamlik Herman Mashaba, nie.”

Mashaba het Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid van ontwikkelingsbeplanning, na die pos van burgemeesterskomiteelid van finansies geskuif en Reuben Masango in Ngobeni se plek aangestel. Masango is tans proporsionele raadslid vir wyk 36 en 38 in Soweto.

Volgens Luyanda Mfeka, die burgemeester se woordvoerder, is Dagada deur die party se federale uitvoerende komitee geskors hangende ʼn ondersoek deur die DA se federale regskommissie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Apie ·

Ek wens eerder mnr Mashaba kan die president van SA word. #respek

Al ·

Die ANC is pateties. Pleks van staatskaping en ñ hele spul ANC korrupte amptenare ondersoek, hou hul hulself op met politieke heksejag.

Lolla ·

Lol bevestig wat staan in “The President’s Keepers”! Aai Herman Mashaba, wens jy het meer mag teen die gangsters gehad. Jy het so goed gedoen, maar veg terug asb!?

Johanna Botha ·

Ons almal sien deur die anc by die tyd …julle is bang nog meer word oopgevlek ….hoe die DA die korrupte spul gaan verwyder gaan n baie groot taak wees voordat daar daadwerklik gaan begin werk word want nou word daar eers voete gesloer deur die anc mense wat nou nog minder doen !

Hans ·

Die ANC is geen een wat iets kan sê nie. Wat van al daai kaders wat so lekker aangestel het, wat net mooi niks geweet het van die pos wat hulle in aangestel is nie. Herman en DA moet hoeveel gemors en wanbestuur regstel wat hulle kaders aangejaag het.

Anoniem ·

Al wat ek hoor wanneer die ANC praat is: Blah blah blah! Sê tog ASSEBLIEF iets van waarde sodat ons kan luister want julle is bitter verveling en eentonig!

Alida ·

Hermann is tops. Los hom uit hy weet wat hy doen. Dit gaan nog baie jare neem voordat hy behoorlik “skoongemaak” het en die ANC hou NIKS daarvan nie.

Jacques venter ·

Ek was in November weer in die middestad. Dis skoon

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.