ANC: De Klerk “nie ‘n Messias nie”

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk was “nie ʼn Messias nie”, het die ANC Vrydag gesê in reaksie op die Kaapstadse munisipaliteit se plan om Tafelbaairylaan na De Klerk te vernoem.

“Hy was deel van apartheid. Hy kan nie ʼn Messias wees nie. Hy het ons nie bevry nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

Kodwa het gesê indien dit die ANC se besluit was, hulle nie Tafelbaairylaan na De Klerk sou vernoem nie. “Die ANC sal nie ‘n instelling ná FW de Klerk vernoem nie. Herbenaming is deel van ons erfenis en hy het geen rol in ons revolusie gespeel nie,” het hy gesê.

“President de Klerk is die enigste lewende president van apartheid. Mens kan nie onderskei tussen al die ander presidente van apartheid nie, want wat hy onder andere gedoen het, was om apartheid te handhaaf, “het Kodwa gesê.

Volgens Kodwa het De Klerk slegs opgetree aangesien Suid-Afrika internasionaal afgesonder geword het en omdat hy onder druk was weens die groeiende weerstandbeweging. “Hy het nie vrywilliglik vir Nelson Mandela vrygelaat nie. Dit was weens druk van die massas.”

Kodwa het gesê versoening en nasiebou moet in ag geneem word wanneer strate vernoem word. Die Kaapse stadsraad het Woensdag bekend gemaak dat Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan verander sal word indien die stad se benamingskomitee die voorstel goedkeur.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eugene ·

Ha-ha-ha, selfs die swartes het nie eers respek vir die verraaier nie!

Grassie ·

Ek wonder hoe voel dit om ‘n uitgeworpende te wees. Kry vir jou, FW, kry vir jou.

Hanno Visagie ·

Nie Weggee de Griek of Rolihlahla Mandela was ‘n messias nie!

Asjas ·

Gee vir ons ons beloofde Volkstaat, dalk vernoem ons ‘n Straat na jou … <@< Straat :-) !
Maar ja, dit moet erg wees om die mees gehate persoon in jou land te wees, jou eie volk het hul rug op jou gedraai en nadat jy ons verraai het toe draai die "massas" ook hul rug op jou – Eish vir daai eina!! Ha ha HA HA HA!!!

Wat vul in jy by Ras? Ander? Want niemand wil jou he nie.

zahn ·

Terwyl ek die berig lees, begin ek solank dink wat ek wil sê, maar julle het alreeds alles gesê. Dis nie baie mooi van julle nie, julle kon darem vir my ook iets gelos het om kwyt te raak. Dis nou iets wat nie veryder sal word nie..
Miksien net dit: “Kodwa het gesê versoening en nasiebou moet in ag geneem word wanneer strate vernoem word”. Huh? Watse voorbeeld stel jy dan, boks? Hoe is jy dan beter as Smiley?

Willem ·

Ek voel rerig vere vir FW maar dit bevestig maar net dat die ANC nog nooit gedink het dat ons onderhandel het nie maar eerder dat hulle ons verslaan het en nou ons meesters is. Dit is eerlikwaar tyd dat ons Afrikaners wakker skrik oor wat rerig besig is om te gebeur anders gaan ons kinders en hulle kinders ons nooit vergewe vir ons onnoselheid nie. Op hierdie stadium ondersteun ek al die Afrikaner of Burger regte groepe wat opstaan vir die Afrikaner maar kan ons nie al die groepe konsolideer onder een gesametlikke missie nie: Ons wil oor ons self beskik! Ons kan die detail later uitsorteer. Ondersteun Steve, ondersteun Afriforum, Vryheidsfront, Orania, Solidariteit ens. Ek glo lankal nie meer liberale kommentators dat ons in utopia lewe nie. Ek is ‘n Afrikaner en daar is ‘n geregverdige en heilge vuur wat binne my begin brand. Ek sal nie onderdruk word nie.

Asjas ·

Willem jy gee my hoendervleis!! Dis mos hoe ‘n Afrikaner bek moet praat.

Lolla ·

My innige meegevoel aan onse mnr De Klerk. Jare lank voel jy soos n held, die persoon wat die bal aan die rol gesit het vir SA se agter uit gang, nou moet jy sien die anc dink niks van jou. Raai wat ek sou ook nie n straat na jou wou vernoem.

Jaco Steyn ·

Kort nadat ek en verskeie ander mense kommentaar gelewer het op hierdie artikel http://www.netwerk24.com/nuus/2015-01-16-anc-fw-is-soos-verwoerd is alle kommentare daar verwyder!

Hier is die kommentaar wat ek daar geplaas het en wat sedertdien ook verwyder is:

“In hierdie land waarbinne alles wat verkeerd en sleg is as goed en edel voorgehou word, word straatname toenemend vernoem na terroriste en verraaiers. Hou ook in gedagte dat die Britte, soos die ANC vandag, ook jare gelede neergesien het op Boereverraaiers!”

Anna ·

Julle het als gesè wat ek wou! Hy is n landsverraaier, kruip gat by anc nou skop hulle hom ook onder sy gat. Pay back is a bi@@h

At ·

Ai tog, jullu klomp se leier, ou ET, is lankal dood nou is julle leierloos. Kry perspektief mense, waar sou ons gewees het as de Klerk nie gedoen het wat hy wel gedoen het nie? Dink julle die wereld en die ANC sou die minderheids regering sommer gelate aanvaar het, hoeveel van julle sou nog gelewe het, die massas sou al wat n blanke mens is afgemaai het. Die twee mense wat dan nou sodanige afrikaanse vegters is mislei julle met opswepende gemors en doen die ANC eintlik n guns daarmee want sodoende is dit baie makliker vir hulle om die afrikaner heeltemal uit te skuif. Onthou, hulle is nie Chritene wat volgens die bybel leef nie, maar aan die anderkant meeste van julle ook nie. Die klomp straatname in Pretoria wat mens nie eers kan uitspreek nie aanvaar julle makliker as n straat wat na de Klerk vernoem word. Siestog.

Willem ·

At, ek sien jy maak sommer aannames oor ons geloof. Dan sal ek soos Paulus se, jy het my beweeg om ‘n sot te word omdat ek moet se wie en wat ek is. Ek is ‘n pastoor wat gereeld in Afrika bedien. Trouens, van my beste vriende is swart. In my bediening het ek al voor skares van duisende gepreek en baie mense gesien wat genees geraak het en hulle harte vir die Here gegee het. Ek is bly ons mede landsgenote het hulle vryheid gekry in 1994 want anders sou ek nie elke Sondag saam met hulle in ‘n klein kerkie sit en God aanbid het nie. Ek sal egter nie verskoning maak dat ek ‘n Afrikaner is nie en dat ek nie sal toelaat dat my kinders onderdruk word in die land wat God ook vir ons gegee het. Aangesien ek nou ‘n sot geword het om vir jou te verduidelik wie ek is hoor ek graag van jou hoe jy die Here dien.

Jan ·

At, die toekoms vir jou en jou kinders lyk seker baie rooskleurig, of hoe?

Drieks ·

Mens gee nie’n land oor aan mense sonder ondevinding, opleidein en bewyse van leierskap nie. De Klerk het die tyd en mag gehad om dit te doen.
Mandele het in die tronk studeer, maar geen praktiese jaar iewers gedoen nie.
Nou val die land…..

Leeutjie ·

At, tot ‘n mate stem ek redelik saam met jou. FW was onder geweldige druk destyds aangesien heelwat sanksies teen ons was. Dit het ons in en uitvoere gekelder wat ook tot verarming sou lei. Hy was in ‘n catch 22 (no way out) met druk vanoor die wereld. Miskien moet ons net die situasie van ‘n ander perspektief af bekyk.

Het hy ons verraai of het hy ons gered? Ons moenie uit die oog verloor dat Wyle Pres. Mandela vir vrede gepleit het nie. Om hom vry te laat was nie ‘n fout nie. Wat wel fout is, is dat sy opvolgers nie sy bril opgesit het nie.

Jaco Steyn ·

@Leeutjie. FW en sy mede-broederbonders was onder druk van die Geldmag sodat hulle hul eie belange kon bevorder ten koste van die meeste Suid-Afrikaners se welsyn. Lees gerus prof. Sampie Terreblanche se boek, “Verdeelde land”, waarin hy verduidelik in watter opsigte die buitelandse minerale en energie kompleks (MEK) met die Afrikaner Broederbond en ANC leiers saamgewerk het. So, Ja, FW het ons verraai!

Henry ·

Die oorblewende volstruise wat steeds aan’t teem gaan oor hoe FW en sy spannetjie ons van een of ander verskriklikheid gered het, toe hulle ons belange vir ‘n pot pap in Kemptonpark gesmous het, is en bly steeds een van die belaglikhede van hierdie droewe land se geskiedenis.
Die moorde, rowe, verkragtings, kapings ens., lewer daaglikse bewyse van die geweld en verskrikking wat hierdie land se inwoners sedert 1994 beleef. Sien in hierdie verband die misdaadstatistieke wat aan ons voorgehou word en wat selfs na ‘n gekonkelry, nie die feit kan verdoesel, dat hierdie droewe land sedert 1994 op ‘n drafstap na totale anargie aan’t hol is.
Om nie eers te praat oor elektrisiteit, riool innie strate, slaggate, en wat nog als nie
Dit is nadat julle oompie FW en sy kornuite ons volgens die volstruise, van een of ander Armageddon “gered” het.
Probeer gerus om met ‘n nuwe en meer geloofwaardige fabel vorendag te kom, want julle pap het laaaaankal terug reeds aangebrand.

Jaco Steyn ·

@At. Ons sou dalk ‘n kans op ‘n meer sinvolle toekoms gehad het indien De Klerk en sy makkers nié gedoen het wat hulle gedoen het nie.

Wie is die “wêreld” waarna jy verwys wat dan kwansuis nie ‘n blanke regering in ‘n blanke volkstaat sou aanvaar het nie – die meeste inwoners van die meeste lande of internasionale geldbelange wat die hoofstroommedia besit en regeringsbesluite beïnvloed??

Vic ·

En hoe se die woord wat jy verkondig oor ouens soos Steve wat uh, hoe sal mens dit nou stel, n harem aanhou? Mens moet hom ondersteun? Regtig? Is jou waardes nie dalk so n bietjie uh, onderstebo nie? Het nog nooit geglo dat mens in Utopia leef nie – slegs ape het dit geglo of verwag. Hou ook nie van FW nie- sy morele standaarde is ook maar laag.

Gerhard Bezuidenhout ·

At hou ingedagte dat ons die vyfde sterkste weermag ter wereld gehad het maar bang mense soos jy en de Klerk en Spantou Roelf Meyer was daarmee tevrede dat ons land teen n spoed weggegee word sonder enige behoorlike onderhandeling vir n onafhanklike blyplek vir die blanke. Netsoos wat die ANC ons land opgemors het en ons gereduseer het tot tweederangse burgers het hulle die beroemde Wigte en Teenwigte vertrap. G’n wonder dat de Klerk soos n uil tussen n trop voels voel nie .Niemand wil met n verraaier geassosieer word nie. Netso min aswat ons van die verraaier families uit die Boere-oorlog hou ,waarvan sommiges nounog skatryk is, hou ons van die ja-stemmers en landsverraaiers.

Petrus van Eeden ·

Waarom ……..oh waarom…… het ons mense destyds soos blinde skapies agter die man aangeloop ………. die afgrond in? Goed geraai! Ons het destyds nog geglo dat ons leiers deur God aangewys is en so ook ons regering. Ons moes soos klein kindertjies glo dat God ons sal lei via ons leiers en dat God hulle en ons op die regte pad sal lei. Ons het hard geval. Ons leiers is met miljoene Rande, Dollars en Ponde omgekoop. Ons leiers het ons met een groot glimlag gedrop. Ons het met die sak patats agtergebly en van goddelike leiding en behoeding was geen sprake.

JZ ·

Wilem,ek stem met jou saam dit gaan nie hier oor de klerk nie,dit gaan oor die siening van die ANC wat weer hul kleure wys dat hulle nie versoening in gedagte het nie maar alles wat met wit mense te doen het wil verdelg,Ook kan jy dit ook sien met hulle houding oor plaasmoorde en hul ontkening dat dit nie ras gedrewe is nie, as hul n wet maak in die parlement word daar eerste gekyk na hoe ons die witmense kan by kom.

Henk ·

De Klerk het se land verraai. Maar die leiers wat na De Klerk gekom het was geen leiers nie. Hulle het alleen hulle beursie gevul en dit sal so bly as julle as Afrikanarvlok niet staamstaan.

scalla ·

landsverraaier, ek sien sy seun wil al sy landbougrond verkoop per veiling. wil ook seker griekeland toe gaan saam op n skinkbord soos reeds gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.