“Hy was deel van apartheid. Hy kan nie ʼn Messias wees nie. Hy het ons nie bevry nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.
Kodwa het gesê indien dit die ANC se besluit was, hulle nie Tafelbaairylaan na De Klerk sou vernoem nie. “Die ANC sal nie ‘n instelling ná FW de Klerk vernoem nie. Herbenaming is deel van ons erfenis en hy het geen rol in ons revolusie gespeel nie,” het hy gesê.
“President de Klerk is die enigste lewende president van apartheid. Mens kan nie onderskei tussen al die ander presidente van apartheid nie, want wat hy onder andere gedoen het, was om apartheid te handhaaf, “het Kodwa gesê.
Volgens Kodwa het De Klerk slegs opgetree aangesien Suid-Afrika internasionaal afgesonder geword het en omdat hy onder druk was weens die groeiende weerstandbeweging. “Hy het nie vrywilliglik vir Nelson Mandela vrygelaat nie. Dit was weens druk van die massas.”
Kodwa het gesê versoening en nasiebou moet in ag geneem word wanneer strate vernoem word. Die Kaapse stadsraad het Woensdag bekend gemaak dat Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan verander sal word indien die stad se benamingskomitee die voorstel goedkeur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Ha-ha-ha, selfs die swartes het nie eers respek vir die verraaier nie!
Ek wonder hoe voel dit om ‘n uitgeworpende te wees. Kry vir jou, FW, kry vir jou.
Nie Weggee de Griek of Rolihlahla Mandela was ‘n messias nie!
Gee vir ons ons beloofde Volkstaat, dalk vernoem ons ‘n Straat na jou … <@< Straat :-) !
Maar ja, dit moet erg wees om die mees gehate persoon in jou land te wees, jou eie volk het hul rug op jou gedraai en nadat jy ons verraai het toe draai die "massas" ook hul rug op jou – Eish vir daai eina!! Ha ha HA HA HA!!!
Wat vul in jy by Ras? Ander? Want niemand wil jou he nie.
Ek voel rerig vere vir FW maar dit bevestig maar net dat die ANC nog nooit gedink het dat ons onderhandel het nie maar eerder dat hulle ons verslaan het en nou ons meesters is. Dit is eerlikwaar tyd dat ons Afrikaners wakker skrik oor wat rerig besig is om te gebeur anders gaan ons kinders en hulle kinders ons nooit vergewe vir ons onnoselheid nie. Op hierdie stadium ondersteun ek al die Afrikaner of Burger regte groepe wat opstaan vir die Afrikaner maar kan ons nie al die groepe konsolideer onder een gesametlikke missie nie: Ons wil oor ons… Lees meer »