‘ANC die rede vir uittog uit SA’

(Foto: pixabay)

Die VF Plus sê die ANC se beleid van herverdeling, in plaas van bou, is die oorsaak van die land se probleme. “Dit is die rede waarom baie jong wit mense genoodsaak is om die land te verlaat,” het Tammy Wessels, VF Plus-jeugleier, in ʼn verklaring gesê.

Die party het gesê hy verwelkom die president se hand van samewerking wat hy na wit jeugdiges uitreik, maar is steeds besorg oor die ANC se beleid wat geïmplementeer word en wat nie tot voordeel van alle Suid-Afrikaners is nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag tydens ʼn gesprek in Stellenbosch gesê wit jong mense moet in die land bly en hul vaardighede hier aanwend. Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het gesê hier is geleenthede vir álle Suid-Afrikaners.

“Dit is juis pres. Ramaphosa en die ANC se verdelende retoriek oor grond en wit mense wat gemarginaliseerde jong mense dwing om ander geleenthede in die buiteland te oorweeg,” het Wessels gesê.

“Die VF Plus is daarvan oortuig dat alle jong mense wil sien dat Suid-Afrika tot voordeel van almal groei. Diskriminerende wetgewing en beleid soos swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en rassekwotas belemmer egter ʼn toekoms van gelyke geleenthede vir almal. Solank hierdie kunsmatige praktyke tot nadeel van ander voortduur, sal geleenthede in die buiteland die alternatief vir jong mense van minderhede bly.”

Sy het gesê balans kan nie verkry word deur weg neem en te herverdeel nie.

Die burgerregtegroep AfriForum het in reaksie op Ramaphosa se stellings ook gesê verkiesingspraatjies gaan nie emigrasie keer of omkeer nie. Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum het gesê misdaad en onsekerheid oor eiendomsregte is van die kwessies wat die swaarste weeg wanneer mense besluit om te emigreer of nie van die buiteland na Suid-Afrika terug te keer nie.

’n Gebrek aan volhoubare loopbaangeleenthede is nóg ’n groot oorweging en word vererger deur ’n gebrek aan gelyke kanse weens rassekwotas, kaderbevoordeling, die aktiwiteite van tenderpreneurs en die vernietiging van sakegeleenthede, wat onder meer aan beurtkrag toegeskryf word, het sy gesê. Rekordvlakke van werkloosheid en jeugwerkloosheid dra verder by tot hul gebrek aan vertroue.

“Almal getuig dat suksesvolle emigrasie groot ekonomiese én emosionele opoffering verg. Die meerderheid wat op ons peilings reageer, droom daarvan om na die land terug te keer, maar aan die hand van die gebeure wat hier afspeel, meen hulle dat dit nie ’n sinvolle opsie is nie,” het Bailey gesê.

Sy het gesê tensy beleidsekerheid oor eiendomsregte, gelyke kanse in die arbeidsmark, ’n herstel van infrastruktuur en daadwerklike optrede teen misdadigers gesien word, is die kans groot dat emigrasie selfs verder kan toeneem.

“Die stadium waarin mooi beloftes genoeg was, is lankal verby. Mense sal vir konkrete bewyse wag voordat hulle vertroue in Suid-Afrika enigsins herstel sal word. As die president ernstig is om emigrasie te keer of om te keer, is dít waar hy moet begin,” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

James ·

Maar net verkiesing praatjies om te sien of daar nog a paar Roelf Meyers te koop is wat in sy lieg stories glo. Res van die jaar beskuldig hy ons blankes om hulle onvermoe te probeer verdoesel.

Frik Lotz ·

Hoe kan witmense in die land bly as daar geen werk meer vir hulle is nie? Regstellende aksie en SEB is rassistiese wetgewing wat diskrimineer teen minderhede soos byvoorbeeld witmense. Dis tyd om terug te slaan teen sulke rassistiese wette en daar kan begin word om op 8 Mei vir die VF Plus te stem. Goeie artikel deur Tammy Wessels. Doen so voort!

jessica ·

fRIK lOTZ, EK STEM SAAM MET JOU, EMIGRATION IS OUR ONLY WAY OUT!!!!!!! WE LEAVING IN ANY WAY 8 FAMILIES OF MY FAMILIE WE LEAVING SAME DAY SAME TIME IN A MONTH TIME, BYE BYE SOUTH AFRICA THERE IS NOTHING KEEPING US HERE NO LONGER ONLY CRIME LEFT HERE AND YOUR PRESIDENT RAMAPOSA SITTING AND DOING NOTHING ABOUT IT.

Boesman ·

Ai tog Frik, word wakker. Daar is niks meer wat die VF+ kan doen nie, al slaan hulle hoe hard. Nig Tammy en haar liewe man moet uitwyk buiteland toe.

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
.
Snaaks niemand praat oor die partytjie fotos van ou Sir Ril en die Apartheid leiers ,NP lede en ander Broederbond pappas wat saam skaterlag en rinkink….

.
..als lank voor die tyd bespreek..so hardloop die skape maar die uitgetrapte stofpaadjie elke dag…te blind om n nuwe een te trap deur die weiveld.

.
.

Koffie ·

Ek is 4 jaar gelede uit Suid Afrika, en party mense noem my toe ńlafhart wat weghol van sy probleme, nou hoor ek dieselfde persone is besig om na opsies te kyk om te immigreer! So dinge word nie beter nie, nou CR hoekom sal ek nou wil terug kom na jou gepeupel toe?
Wat dien jy en jou party om die reenboog bog te laat werk behalwe om deur julleself te verryk?

MJ ·

Ek glo nie hierdie praatjies van CR nie – tensy hy hom ophou laat meesleur deur die groter ANC en self die land vorentoe neem, kan ek nie sien dat dit beter gaan word nie. Die vrot is ver te ver gevorder om om te draai.
Ek en my man is oppad Kanada toe om te gaan kyk watter geleenthede en lewe mens daar sal kan hè. Dis kos ‘n spul geld, maar wanneer ons finaal besluit om te gaan sal alle eendjies vinnig in ‘n ry kan kom.. Dit gaan moeilik wees om te gaan, maar wat van ons klein kindertjies? Wat gaan oorbly? Waar gaan hul wees oor 10 of 15 jaar?

Bekommerd ·

Kanada is wonderlike land om in te woon my seun het 20 jaar terug al gegaan en wil nooit weer terugkom nie. Daar is gesag vir wette en geen diskriminasie teen jou velkleur nie

Buite Stander ·

Kanada is ‘n goeie opsie, net bitterkoud en gevaarlik vir mense met swak longe.

Arie ·

Rammie lieg en bedrieg sover hy gaan, die mense wat hom glo moet heeltemal vertraag wees

PJN ·

As ek vandag nog ‘n “jong” witman was sou ek ook ‘n heenkome in die buiteland gaan opsoek het. Dit is net vandag ondraagbaar by enige werk in SA. Daar word gedurig teen jou gediskrimineer. Alles wat in die vorige era gewerk het is vandag soos haatspraak. Jy word oorlaai met werk en jy kry nie meer erkenning daarvoor nie. So gaan jong wit manne en vroue gaan maak ‘n sukses in die Buiteland want ons Suid Afrikaners is bekend daarvoor dat ons ‘n sukses maak daar buite. Ek is ongelukkig amper op aftrede.

John ·

…. maar hy beloof toe nie ook om die belaglike BEEEEEEE+ af te skaf nie. Daar is nie eers vir wit jongmense werk as petroljoggies of by kasregisters nie… natuurlik help die besighede en groot maatskappye lustig saam deur eerder hul harte oop te maak vir ‘ander’ as om beswaar aan te teken. Ons jongmense moet seker op gewese wit plase die arbeiders word… of voormanne wat dinge laat regloop terwyl die nuwe baas op sy stoep by die see sit en tee drink…

Dries du Toit ·

Ek was n groot teenstaander van weghardloop maar word elke dag meer oorreed dat daar geen heenkome is vir die blanke in die land nie. Ek sal my kinders glad nie keer as hulle die land verlaat nie. Wens ek kon ook. Die verkiesing sal bepaal of daar enige hoop is. As die ANC weer met n volstrekte meerderheid wen en die VF+ kry nie hoopvolle steun nie. Dan weet ek my mede-volksgenote het nie n wil om bymekaar te staan nie

Stoffel ·

Dries, ons veg teen swaartekrag en die oormag is net te groot, al doen ons wat.

? leser ·

die een (wit) wat dit kan bekostig, maak ‘n kraak en soek geld iewers in die buiteland, hiers nie vooruitsigte of bevordering vir jou nie

Gert van Wierdapark ·

CR het nou wel ‘n probleempie met die “Ace” in sy pak, maar om nou’ n “Joker” so kort voor die ver-kiesing uit die mou te haal, is om jou hand te oorspeel!

Koos Kotze ·

As jy alles wat Cyril kwytraak net omdraai, dan weet jy wat hy bedoel. Sy sogenaamde “pleit versoek” aan jong wit mans, om nie die land te verlaat, beteken eintlik, “Ons soek julle nie hier”.

jaco ·

Waarom deporteer die ANC-regering ons nie net almal nie? Ons belastinggeld is tog nie belangrik vir hulle nie, DAN sou daar nie regstellende aksie en BEE gewees het nie. 4 miljoen enkel vlugkaartjies na Europa en Amerika kan ook nie so duur wees nie. Dan vat “hulle” alles van ons wat hulle tog eintlik wil hê. Dan is die wit monopolie kapitaal hulle s’n en is die speelveld eintlik gelyk.

Toitjie ·

Ons seun is 16 en in Gr 10. Ek weet nie van kinders wat nie praat van buiteland toe trek nie. Ons motiveer die wegtrek ten volle. As ‘n kind ‘n geleentheid gaan kry of gelukkig genoeg gaan wees met ouers wat hom of haar kan help om te hervestig is hulle weg. Jammer Pres. Cyril, jy sal maar ‘n paar bome moet probeer plant om hulle aan vas te maak. Ongelukkig gaan hulle nie na jou luister nie.

Emma ·

Kyk vir die anc het ek geen ooghare nie maa hulle moet begin besef sonder die witmense sal hulle kwyn in die land want sowat van afbreek en nie opbou nie kan net hulle doen

m.d.r. ·

Ai tog…..gaan julle NOOIT leer nie ? Asseblief, vir diegene wat nog kans sien vir hierdie land–gaan lees die geskiedenis van Nazi Duitsland vanaf 1933 tot en met die aanvang van die oorlog in 1939…..
Hitler het presies dieselfde beleid gevolg om die Joodse etniese MINDERHEID uit Duitsland te dwing om te emigreer……Het julle al agtergekom dat ons wittetjies ook so ‘n minderheid is ….? As julle ophou murmureer en luidkeels aan die wereld verkondig van die Swart Nazisme waaronder ons moet leef, kan dinge baie vinnig verander…..!
Net vir interessantheidshalwe–Adolf Hitler ws die uitvinder van regstellende aksie—-dis die Amerikaners wat dit die naam gegee het.
Op 3 Julie 1994 , enkele weke na die groot verkiesing van 27 April….skryf die destydse redakteur van Rapport, dr Izak De Villiers is sy rubriek , in ‘n groot protes tee Regstellende aksie dat die stelsel nie die die Amerkaners geskep is nie , hulle het dit slegs “probeer” vervolmaak—ongelukkig skryf de Villiers nie WIE die vervaardiger was nie, maar sy swye hieroor spreek boekdele.
Ons ly onder swart Nazisme…..finish en klaar.

BlinkStephaans ·

Jy sien oom cyril die jong wit kinders kan vir hulself dink… en die die wat kan sal nie hier bly sodat jy en jou trawante hul kennis en menswaardigheid kan vertrap. Hulle is gebore in n sogenaamde vrye SA… maar jy en jou trawante kies doelbewus om hulle in die apartheid era terug te skuif. Hulle sal gaan waar hul kennis en vermoeëns erken word en na waarde geskat word….en glo my… dit is nie hier in afrika.

Verskil ·

Ek isis ‘n jong blanke man wat kan emigreer, maar nie wil nie. Ek het gaan studeer en daarnahet maklik werk gekry en en geniet my werk ten volle. Mense wat klou aan die ‘goeie ou dae’ sal moet aanpas. Jy moet jouself kwalifiseer vandag, en dis nie net blankes wat sukkel om werk te kry nie – daai storie is oud. Statistieke wys duidelik dat blankes finansieël meestal beter af is en minder werkloosheid beleef as swart mense. Is ek blind vir ons landkinders se probleme? Glad nie en dishet frustreer my, maar tonnelvisie gaan ons nêrens kry nie.

David ·

Wag en sien wat gebeur wanneer jy moet begin kompeteer vir senior poste teen die ANC chronies… jy gaan te wit wees vir die pos.

Verder gaan jóú kinders met minder moet klaarkom omdat jy nooit die top poste sal beklee nie.

Calamarie ·

Ek is ook jongerig, gekwalifiseerd en het n familie. Geld het min geraak, petrol duur en skole ook. My familie se veiligheid was belangrik. Te veel pogings vir inbraak by my huis. Het n werks offer buiteland gekry, voel veilig en is gemaklik.

Donderstorm ·

Wonder waneer besef ons mense hul soek ons nie in die land nie so ons doen hul n guns om oorsee te gaan en ja mens moet als doen en mens kom nerens mens moet mense leer om kou werk te doen more oormore gan hul op ek staan al 20 jaar stil mense met 5-6 jaar diens kry meer betaling as ek ss die engelse se wake up and smell the roses mense .

Cherokee ·

As daar iemand is wat hierdie kan vertaal, doen so asseblief.

Adam ·

Cherokee, dankie vir die lekker lag. Die verminking van ‘n mens se moedertaal behoort ‘n misdaad te wees. Intussen kan ons dalk probeer om ons te verbeel ons is in Rusland en van regs na links lees.

Verskil ·

Ek is ‘n jong blanke man wat kan emigreer, maar nie wil nie. Ek het hard gewerk op skool, daarna gaan studeer en het maklik werk gekry. Ek geniet my werk en verdien ‘n goeie salaris. Statistieke wys dat blankes nogsteeds meestal beter af is as ander rasse in Suid-Afrika en dat blankes ook minder werkloosheid beleef as die ander rasse. Ons is besig om ‘n passiewe volkie te raak met tonnelvisie. Ons land se probleme frustreer my erg, maar ek sien nie kans vir Kanada se weer nie, Europa se klein woonstelletjies of Australië en NZ se groeiende ateïsme nie. Dis seker net genade, maar ek ken bitter min blankes wat regtig swaar kry? Inteendeel, ek weet daar is blankes im plakkerskampe, maar ken nie een nie. Ken ook nie een blanke wat vir R3000 pm werk nie? Ek ken wel baie swartmense wat in hierdie omstandighede leef en dan nie eers kla nie.

EDG ·

Dankbaar dat jy ‘n werk gekry het en geniet. My 2 seuns, (wat albei ook baie hard gewerk het om goeie punte te kry en te kon verder studeer) waarvan een met ‘n nagraadse kwalifikasie, nie werk vir 2 jaar in SA kon kry nie (agv BEE) moes met ‘n beurs van ‘n oorsese ambassade verder gaan studeer, maar deur die genade nog ‘n M in ‘n vreemde land behaal het en ook daar werk gekry. My ander seun het ook uiteindelik na vele wegwysings in SA ook werk by oorsese maatskappy gekry. Wat jou statistieke betref …hoeveel blankes is daar in SA teenoor die ander rasse en my 2 seuns was deel van die stats van jong mense wat nie werk in SA kon kry nie. Ek kan jou na talle blanke mense neem wat baie swaar kry… mense in my eie familie wat nie R3000 per maand verdien nie. (en ook nie kla nie ) Gaan besoek gerus ‘n blanke plakkerskamp in en om Pretoria en sien wat gebeur met ons blankes. My dogter maak elke Kersfees geld bymekaar om aan hulle wat baie swaar kry net vir die dag ‘n lekker bord kos te gee en ‘n geskenkie. Jy is een van die bevoorregtes … gaan vanaand op jou kniee en se dankie.

Scruffy ·

Wat CR se is maar net om jou stem te wen . In elk geval gebruik hulle ons net om die op telei en dan word jy onder die alie geskop

Vlakvark ·

Geagte Pres. Ramaphosa,
Aldrie my hoogsopgeleide kinders het reeds 10 jaar gelede Suid-Afrika permanent verlaat. Waarom? Eenvoudig omrede hulle geen toekoms vir hul kinders in Suid-Afrika sien nie. En hulle sal beslis nie terugkeer nie. Goed gevestig. Stel ook nie belang om Suid-Afrika ooit weer te besoek nie. Hulle presteer in die buiteland en beleef selfwaarde en selfaktualisering in hul nuwe vaderland.
Sterkte vir die toekoms.
Vlakvark.

Stuiwer ·

Vlakvark, ek hoor wat jy sê en stem met die meeste saam, maar dit moet verskriklik wees as jou kinders die land verlaat en jou nooit kom besoek nie. Ek hoop jy kan hulle darem gaan besoek. Sterkte.

Vlakvark ·

Geagte Stuiwer,
Natuurlik besoek ek gereeld my kinders in die buiteland. En besef elke keer hulle het die regte besluite geneem. Ek besef elke keer in welke haglike omstandighede Suid-Afrikaners verkeer, ‘n onnatuurlike samelewing, ‘n rolmodel Animal Farm waar alle Suid-Afrikaners gelyk is maar sommiges meer gelyk is as andere. Groetnis. Oupa Vlakvark.

Hennie ·

Ramaphosa dink seker waaragtig wit jeugdiges is penosel! Jy vat nie aan daai slang se hande nie!

Herman ·

Dingaan het ook vir Piet Retief te kenne gegee dat hulle niks te vrese gehad het nie. Sommige van ons leer uit die foute wat ons en ons voorouers gemaak het en sommige nie. Gelukkig kan baie van ons sien ons nie ons kundigheid en vernuf in hierdie land moet vermors nie. Gaan pas dit toe en wend dit aan daar waar dit waardeer en erken word en waar almal saamwerk tot die opbou en verbetering van ‘n land vir sy nageslag. Nie verkwis in ‘n land waar ons moet opbou sodat hulle dit kan vertrap nie. Al dit wit paddatjies bly ongelukkig vir CR en sy regering nie in die emmer nie. Julle geldbron gaan nog meer krimp. My kinders kan maar almal elders vir hulle kinders ‘n stabiele omgewing en toekoms gaan skep. Hier gaan hulle dit nie regkry nie.

Jackie S ·

@verskil. Hallo, jongman! Hierdie 78 jarige ou man haal sy hoed vir jou af. Jou kop is reg aangeskroef. Nie een van my kleinkinders het weggehardloop nie en dit gaan baie goed met almal. Ek aanvaar ek is deel van die minderheid én dat ek in Afrika bly. En lekker bly, dankie.

Boesman ·

Oom Jackie, waar in Afrika bly jy en jou kleinkinders so lekker? Ek wil ook daar gaan bly. En onthou, ons blanke voorsate het uit Europa weggehardloop na Afrika. Dit is maar in ons bloed om weg te hardloop.

Alida ·

Wie wil in n land bly waar jy met jou oop oe moet slaap en beurte maak om wag te staan. Jongmense moet gaan as hulle kan. Terwyl CR so lekker heuning smeer hoekom het niemand hom gevra oor hom en modepop se gelieg in die buiteland nie? Mense vergeet gou wat hy gese het op een of ander beraad. Bly hom asb daaraan herinner.

jaco ·

@ EDG: Ek het al gehelp met opheffingswerk in wit plakkerskampe. Opvallend was dat amper ALMAL gewoonte rokers en gewoonte drinkers is. As jy arm is, STOP ky tog sekerlik eerstr uitgawes op daardie onnodige goed. Dwelms is ook n groot probleem. Ek wonder waar kom die geld daarvoor vandaan? Wit armoede en wit plakkerskampe is nie net regstellende aksie en BEE se skuld nie. KLOMP redes vir wit armoede lê in verkeerde keuses en verkeerde gewoontes. Ek het 2 va hulle met baie potensiaal om uit daardie gemors te kom, uitgedaag en gesê as hulle ophou rook en drink en dwelms los sal ek help met n paar extras. Hulle het vir my gelag. Vandag 2 jaar later is hulle erger as die dag wat ek hulle uitgedaag het.
Eerlikwaar, gaan kyk intensief na die redes, die lewensloop, van hoe baie van ons mense plakkers geword het en jy sal besef dat regstellende aksie en BEE niks of bitter min daarmee te doen het. Selfs SONDER regstellende aksie sal hulle nie werk kry nie. Om bv jou baas aan te rand oor die pay 1 dag laat was, of om high op tik te gaan werk het NIKS met regstellende aksie te doen nie.

Koos ·

Ek het 2 universiteitsgrade wat niks in die huidige arbeidsmark beteken nie en ek was, ten spyte van my “verkeerde” ras, nog nooit werkloos nie. Anyway nie vir 2 jaar nie. As jy sukkel om werk te kry, dokter jou CV. Ek het GEEN verwysing na my grade op my CV nie. Ek cover daardie jare bloot met “studied at university”. 1 jaar militêre diensplig het ek ook na 2 verander. Info oor my werksondervinding het ek ook aangepas dat dit kan inpas by die werke waarvoor ek aansoek gedoen het. En raai wat? NIEMAND het ooit in werksonderhoude die “wysigings” op my CV uitgevra nie EN ek het weer ordentlike vaste werk gekry.
Our people lieg kwalifikasies by.
Ons mense moet wakker word en kwalifikasies weglieg. Almal kan nie in Europa of Amerika werk kry of bekostig om daar uit te kom nie.

Boet Fasie ·

Jaco ek moet tenvolle saam met jou stem dat as mens swaar kry, jy nie drink, rook en dwelms gebruik nie. Baie van ons afrikaner mans wil dood eenvoudig nie werk nie. Bied hom ‘n werkie aan waar hy of sy ‘n paar rand kan verdien dan stel hulle nie belang nie. Eronies genoeg het hulle almal selfone en baie ” air time en data ” of self DSTV, maar hulle het nie geld om rekenings te betaal of kos te koop nie. Vra jy die man hoekom hy nie werk nie kry regstellende aksie die skuld

Dries du Toit ·

Dit maak so seer as ek sien met hoeveel genoegdoening volksgenote wat arm is en verval het in slegte gewoontes deur hulle eie mense verguis word. Een ding wat nie besef word nie is dat as jy 10 meter geval het kan jy weer daai 10 meter uitklim tot bo maar as jy 100 meter val raak dit onmoontlik om weer tot bo te klim. Dan is dit ook so dat intelligensie jou ook moet help om uit te styg. Baie van daardie mense wat so geval het is nie geseen met baie tussen die ore nie. Maar hulle is nog deel van my volk. As ons n eie regering gehad het sou dit sy plig gewees het om na hulle om tesien. Net soos dit my plig is om na my kind wat dalk nie so bright is na om te sien.

Snowball ·

Kyk ou Cyril se gelieg is nou reeds wêreldbekend, so mens verwag niks anders nie, maar dit slaan my stom dat die Stellenbosch se boys dié manteldraaier se kamtige geswymel van ” ‘n plekkie vir almal in SA” waaragtig glo en opvreet vir soetkoek – hierdie einste outeur van “our people” en co-pilot van die “nine lost years”?
Hoop hulle maar as die guillotine val, is dit darem net nie op hulle koppe nie?

Heksie ·

Ek moedig jong mense aan om ‘n beter heenkome iewers anders te vind, daar is net nie geleenthede vir hul hier meer nie. Cyril se praatjies maak baie gaatjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.